Thursday, February 08, 2007

Skuif na http://pienkzuit.wordpress.com

168 is die som van 4 opvolgende priemgetalle (37 + 41 + 43 + 47). Die priemfaktore van 168 is 2,3 en 7. 168 is ook die hoeveelheid ure in 'n week.

168 is ook die nommer van die laaste post op hierdie blog. Van nou af sal die wedervaringe van die Man met die Pienk Zuit vertel word op 'n Wordpress blog (http://pienkzuit.wordpress.com). Dalk skryf ek daar 'n post oor 168 redes waarom Wordpress beter is as blogger.

Wednesday, February 07, 2007

Grotman

Maeree se post oor 'n grotfliek het my laat dink aan hierdie webblad waarop ek 'n paar jaar terug afgekom het. Dis beskryf hoe 'n man genaamd Ted saam met 'n vriend van hom 'n grot ontdek. Dit raak nogal freaky na die einde toe.