Friday, January 19, 2007

Nephilim

Danksy Do Kwang se skakel na Wikipedia het ek meer gelees oor die reuse van Genesis 6 (bekend as Nephilim). Dit lyk of daar 2 of 3 teorië is wat probeer verduidelik waar hulle vandaan kom:

1. Hulle is die nageslag van engele en menslike vrouens.
2. Hulle is die nageslag van Set (Adam en Eva se 3rde seun).
3. Hulle is die nageslag van Konings (prominente manne) van die tyd.

Klaarblyklik het o.a. die Mormone besluit punt 2 is die waarheid, terwyl sommige ortodokse Jode punt 3 aanhang. Nou wonder ek oor 2 goed:

1. Wat word ons N.G. dominees in die Kweek geleer?
2. Het iemand al ooit in die geskiedenis van die N.G. Kerk oor hierdie reuse gepreek?

Freddy, mareee?

7 comments:

Rendier said...

Mr Zuit, ek soek die identiteite van Freddy en Maree, want ek onthou nie die name nie...verder kan ek ok nie meer onthou wat ons geleer is nie. Dit was juis my tyd daar by die ONOS departement, wat my oë oopgemaak het.

Pienk Zuit said...

rendier, het jy teologie geswot neem aan? Wat bedoel jy met oë oopgemaak?

Ek dink die openbaarmaking van Freddy en Maeree se identiteite sal ons van 'n hele klomp van hulle leersame en vermaaklike posts ontneem. Dit lyk of anonimiteit 'n kunsmis is vir hulle kreatiwiteit op die blogosfeer.

Hoewel ek nie weet wie Maeree is nie, is ek seker iemand wat haar in in die regte lewe geken het sal genoeg clues uit haar blog kan kry om af te lei wie sy is.

Do Kwang said...

Google The Book of Enoch, daar is baie oor die Reuse in. Jode in die antieke tyd het dit almal letterlik geglo - ook al die ouens wat die Bybel geskryf het.

maeree said...

1. ek weet nie
2. ek weet nie

Rendier said...

Jip, die engeltjiefabriek het my vir 5 jaar geskaaf, voor ek met 'n graad daar weg is om klas te gee in programmering. Rekenaars se foute word makliker opgelos as die menslike dilema.

My Sualus oomblik het my die berge in gejaag :)

Freddy said...

Skuus, sien nou eers die post... was heeltemal verlore tussen Superman en Apocalypse.

Ene Dr. Richard van Wyk van Stellenbosch Moedergemeente het al 'n interessante preek oor die reuse gepreek. Dit was nader aan opinie 3.

Verder, as julle opgewonde raak oor die boek van Henog, 'n klomp ander ook... onder andere Vaandel uitgewers, asook die apostel van Second Eighth Week Ministries, Erick vonAnderseck. Hulle verklaar sommer alien abductions ook vanuit die Bybel en Henog.

Pienk Zuit said...

Dankie Freddy. Geen wonder Richard is een van my ma se gunsteling dominees nie. Ek sal maar die CD met die preek moet bestel.