Wednesday, January 10, 2007

Mag mens boeke van korrupte skrywers lees?

Ek het die vakansie 2 Jeffrey Archer boeke gelees, en beide geniet. Is dit verkeerd om van die boeke te hou as ek van baie min van hom as persoon dink?

Ek is nog nie heeltemal terug nie, maar as ek nog lesers oor het, volgende week sal Pienk Zuit weer in volle swang wees.

10 comments:

Maksideem said...

Ek laaiks ook Jeffrey Archer. Tans besig met die 11th Commandment. Natuurlik is Kane & Abel sy beste.

johan swarts said...

/me hop opgewonde op en af

ek's hierrr!!! ek's 'n oorblywende leserrr!!!

Lammervanger said...

Baie mense wat homofobies is, stoot lekker toon op ou Elton John en Wham treffers.

Marissa said...

Dit is myns insiens nie verkeerd om van diƩ boeke te hou nie.
Daar is hoeveel gevalle (onder andere Roald Dahl) van skrywers wie se boeke baie gewild was, maar wat glo mislike mense was. Dit beteken nie ons moet ophou om hulle boeke te lees nie, tensy hulle boeke ook mislik is.

Voetstoots van Tonder said...

Marissa is doodreg - as jy skrywers se werk beoordeel aan die hand van die tipe mense wat hulle is/was, sal die beginselvastes onder ons baie minder lees.

Een van my heel gunsteling skrywers is Bukowski. Go figure.

Carien said...

Archer is 'n regte ou skelm, maar hy skryf lekker vakansie paperbacks. Jy't nie dalk van sy kortverhale gelees nie? Ek onthou ek het "Twelve Red Herrings" nogal geniet.

En (om saam met Marissa te stem) Roald Dahl was inderdaad 'n bliksem, maar hy bly 'n legende.

Do Kwang said...

Wham is nie homoseksueel nie??!!
Toe Jeffrey Archer tjoekie toe is, toe was daar so opskrif op die voorblad van die Daily Mirror wat gelui het: "Goodbye Jeffrey, don't forget to write!"
En welkom terug Zuit!

Marissa said...

Ek hoor Jeffrey Archer het pas 'n boek oor Judas die lig laat sien.

Maksideem said...

Ek het onlangs klaargemaak met Archer se 11th Commandment. Dit was 'n ongelooflike skoppemaai rit vol aksie en intriges: amper iets soos as jy as 7 jarige vir die eerste keer in jou lewe na die A-team kyk.

Ek wil nog van sy boeke lees. 'n Ander goeie skrywer in die Archer genre is Ken Follet.

Rendier said...

Archer boeke is volop in die Charity shops en dis hoe ek hom leer ken het.

James Patterson is my nuwe lees-obsesssie