Monday, January 15, 2007

Lekkerrrrrrr

Ek kry altyd 'n soort lekker (waaroor ek soms later skaam is) as grootbek onderpresteerders op hulle plek gesit word. Daarom het ek nogal lekker gekry toe Engeland se MBE draende krieketspan met 'n 5-0 uitslag weer op hulle plek gesit is, al is dit deur 'n klomp ander grootbekke soos Australiƫ.

Die 2 snaakste goed wat ek daar rondom gehoor het is Kevin Pietersen se bynaam : Figjam (Fuck, I'm Good, Just Ask Me), en Geoff Boycott (wat bietjie meer as net een reeks om die As gewen het om sy MBE te verdien) wat af gegaan het oor hoe belaglik dit is dat die hele Englese span MBEs gekry het na hulle oorwinning in 2005: "I feel so bad about mine I'm going to tie it round my cat. It doesn't mean anything anymore. It's a joke."

4 comments:

Rendier said...

Ek stem. Daar is niks lekkerder as om die Pommies se suur gesigte te sien nie, veral na hulle so vol van hulself was in 2005!

Pienk Zuit said...

Wat nog lekkerder sal wees is as ons die saak nog verder kan regstel met 'n oorwinning in die toetsreeks in 2008 in Engeland. Net om Figjam se mond finaal te snoer.

Voetstoots van Tonder said...

Inderdaad. Ek was toevallig by die laaste 2 Ashes-toetse, en dit was heerlik om te sien hoe die Engelse se kop vermorsel word. Ek sal waarskynlik eerskomende naweek ietsie daaroor skryf.

Maar onthou net voor jy te opgewonde raak: ons het self ewe sleg op ons baadjie gekry toe ons so onlangs soos 12 maande gelede teen die Aussies gespeel het, en die Engelse het ons ook in die mees onlangse reeks geklop...

Pienk Zuit said...

Inderdaad waar Voetstoots. Dis hoekom dit lekker sal wees as ons die saak regstel volgende jaar.

My beste krieket herinnering nog was om op Lords te kyk hoe Smith die boulers kasty tot 'n nuwe rekordtelling.