Thursday, December 07, 2006

Kersgeskenke

Aangesien more my laaste dag by die werk is hierdie jaar, gaan ek sommer nou die kersgeskenke uitdeel.

Aan Minter, 'n lisensie wat in SA geldig is, 'n nuwe ID boekie en 'n kursus in SA street smarts sodat sy CDs nie weer gesteel word nie.
Aan Lammervanger, 'n nuwe ware Ozzie liefde.
Aan Do Kwang, Kaaspastytjie en Kwam Oem, 'n uil afweerder en 'n waterbottel vir wanneer ons weer 'n slag saam spin.
Aan Maeree en HVDH, 'n swaai vir hulle tuin / stoep.
Aan Maksideem, 'n hoed wat sê "I live in Manly" om te dra as hy uitgaan en chicks wil impress.
Aan Dorothy, 'n fitness instructor wat soos Billy Joel sing en Arnold lyk.
Aan Arcadia, Lost Girls, Mafikeng biblioteekkaartjie en haar eie Lily.
Aan Carien, 'n mediese fonds, 'n rusbank vir haar leë woonstel en Wild Riders sodat die dominee haar nie uitvang as sy dit self koop nie.
Aan Rondloper, 'n gasteboek vir sy nuwe gastehuis, en 'n proudly south African t-shirt om op sy reise te dra.
Aan Voetstoots, 'n bottel boontjies om te tel, en 'n 2 fotos van Graeme Smith en John Smit wat elk 'n wêreldbeker vashou (sal moet wag tot volgende jaar om dit te kry egter).
Aan Margie, the Book of Lists.
Aan Adam, 'n pak rainbow coloured jockeys (te veel wit is nie goed vir mens nie).
Aan Henno, The Perfect Storm op DVD, aangesien hy teleurgesteld was in Typhoon Durian .
Aan Rooi Neger, 'n limo vir wanneer hy Bermuda se president word. Ek twyfel nie vir een oomblik dat hy dit sal afpull nie. Om die waarheid te sê, hy sal nie eens staan in die verkiesing nie, hy sal sommer net die huidige prez se job bum.
Aan Emmy, gm, jobs by hulle gunsteling publikasies.
Aan Marissa, boeke; baie boeke. En 'n boek om 'n lys te maak van die ander boeke.
Aan Klagat, 'n eenrigting kaartjie terug SA toe en 'n subskripsie vir die SA Good News.
Aan Rendier, een aand se deurslaap per week.
Aan Johan, 'n Jurie Els CD.

As jou geskenk nie voor Kersfees in die pos opdaag nie, onthou dis die gedagte wat tel. Ek is eers na more eers weer in Januarie op my pos, so hierdie is waarskynlik die laaste post van 2006.

19 comments:

Carien said...

Haai oe PZ, vir jou 'n klapsoen en 'n "Merry merry". Lekker vakansie hou.

Margie said...

I'm touched, soveel moeite. LUV my boek, baie dankie. Vir jou 'n fotoalbum en 'n Flickr PRO account. :) Geniet jou vakansie!

maeree said...

wow! amazing! jy is duidelik 'n goeie geskenk gewer.
ek dag nog so ewe "haai, dis 'n goeie idee, ons moet dit almal doen", maar toe besef ek niemand gaan jou dít kan nadoen nie.
wat ek wil weet is: waar op áárde kom jy aan al die goed? wat se tipe websites surf jy by die werk? opblaas skape? mansonderklere?
(dankie vir die swaai, btw)

johan swarts said...

ek sal dit koester en onder my kopkussing bêre. dankie.

Anonymous said...

DANKIE Pienk Zuit

Mooi kerswense en voorspoedige nuwe jaar

Groete
Klagat

Pienk Zuit said...

ek's bly as julle daarvan hou. as ek iemand vergeet het, jammer. Laat weet my dan stuur ek vir jou 'n Hungry Lion voucher.

maeree, dis darem nie so moeilik om sulke goed op te spoor met google as jy 'n idee het wat jy soek nie. Die sites wat ek rerig surf is baie minder interessant (vir meeste mense) as dit.

Klagat, ek sou vir jou 'n blogger account ook wou gee, maar dis maklik genoeg dat jy self een kan kry.

dorothy said...

thanks PZ - SO thoughtful and probably the best presents I'll receive this year (my family are notoriously crap gift givers.
XX
have a fabulous hols

Marissa said...

Dankie Pienk Zuit. Snaaks genoeg kry ek amper nooit boeke present nie.
Beteken die feit dat môre jou laaste dag is, dat jy vir 'n tydjie nie gaan blog nie?

Pienk Zuit said...

marissa, dit beteken in der daad dat ek vir die volgende maand nie veel (lees glad nie) gaan blog nie.

Ek is mal daaroor om boeke te ontvang as geskenke, en om te gee ook.

Minter said...

Tog te gaaf.

En vir jou gee ek een van daai S10 plotte op die maan sodat jy jou eie ruimtetuig kan bou om op jou eie stukkie maan te gaan land.

Lekker holhang.

arcadia said...

hahahaha jy't my dag gemaak, pienk zuit.

hoop jy't 'n fantastiese vakansie.

rondloper said...

Jislaaik, dankie vir my presente, wat 'n heerlike verrassing. Ek sal jou nooi om die eerste inskrywing in die gasteboek te maak wanneer die gastehuis sy deure oopmaak!

Lammervanger said...

Dankie Rick! Ek het al klaar so 'n juffroutjie deurgewerk, maar die gesprekke na die tyd was altyd maar 'n bietjie eensydig na my smaak... Verkoop Maeree se winkel wipplanke ook?

henno said...

Dis baie gaaf, dankie, maar ek sal ook nie nee se vir 'n Hungry Lion voucher nie...

Rendier said...

Dankie vir die geskenk...hoop dit daag vinnig op!

Voetstoots van Tonder said...

dankie PZ - 'n groot verrassing, en ek kan nie wag om te begin tel nie...

en vir jou, ietsie pienk om die vakansie mee op te vrolik!

lekker vakansie, en sien weer in 2007 -

cheers

V

Do Kwang said...

Dankie Zuit! Hoop jy gaan darem nou tyd he^ om in die gym gesig te wys.

Maksideem said...

Dick, jy is te goed vir my. Ek sal dit met trots dra. Geseende kersfees.

Freddy said...

Nee, magtag, hoe lank is jou vakansie dan nou al?