Tuesday, December 05, 2006

Duur vryheid

Een van die grootste stories rondom die Bokke se patetiese toer in Ierland en Engeland gaan mos oor die kontroversie daar rondom dat mense die ou SA vlag gewaai het. Nie net by die wedstryde nie, maar sommer ook op die lughawe toe die Bokke hier aankom. Brielie het 'n hele relaas geskryf oor hoe almal oorreageer, en ek wil nie die punt herhaal nie.

Ek wil eerder skryf oor my mening dat ons die vryhede, o.a. vryheid van spraak, wat ons land so duur voor betaal het nie lief genoeg het, of goed genoeg beskerm nie. Ons behoort 'n attitude te hê wat sê : "mors met ons konstitusie en jy mors met my land". Of ek 'n aanhanger van die ou vlag is of hom haat is nie ter sake nie (glad nie 'n aanhanger nie). Ek is ook nie 'n aanhanger van Jacob Zuma se gunsteling struggle liedjie "bring me my machine gun" nie. Ek voel dat dit net so veel doen om verdeeldheid in ons land te bring en net so konfronterend is as om die ou vlag te swaai, maar dit beteken nie ek wil hê hy moet verhoed word om dit te sing nie.

Soos Voltaire gesê het: "I may disagree with what you have to say, but I shall defend, to the death, your right to say it."

12 comments:

Anonymous said...

Hel,.. ek dog ons gaan so met die aanloop voor Kersfees praat oor of vader Kersfees regtig bestaan en oor die prys van kalkoen vir die kersete.

Nee op n ernstige noot/nood??

Stem saam met Voltaire en jou stellings hierbo

Wat vir my onstellend is en ek nie verstaan nie is: Hoekom maak hierdie verskyning sy opwagting 12 jaar na demokrasie, dit is nou die ou vlag?

EN is dit n simptoom van n onderliggende probleem in ons land?

Ek weet nie, maar dit ontstel my.

Klagat

Pienk Zuit said...

Ek dink nie dis 'n simptoom van 'n probleem nie, eerder goeie nuus. Ek dink mense begin nou uit eindelik verby die hele "1994 oorgang" ding kom, en ons land is uit eindelik besig om 'n fase in te gaan waar ons vooruit kyk, nie meer so erg terug nie. Dit het tot gevolg dat die ou vlag 'n non-issue geword het vir baie mense (ook die swart man wat klaarblyklik die ou vlag by die rugby gewaai het), so veel van 'n non-issue dat dit retro-cool geword het om dit te waai, niks anders nie. 'n Paar jaar terug was dit cool om Atari t-shirts te dra, al was dit 20 jaar terug sosiale selfmoord. Net omdat tye so verander het dat mense verby daardie issues gekom het. Ek dink dis dieselfde met die ou vlag, maar sommige mense het nog 'n moerse struggle chip op hulle skouer en kan nie net aanvaar dat almal nie daarop uit is om rasisties te wees nie.

Do Kwang said...

Persoonlik verstaan ek nie hoekom mense enige vlag rondwaai nie. Wie raak nou opgewonde oor 'n stuk lap? O wag, ek weet: Hulle is nie opgewonde oor die lap nie, die lap is 'n simbool van 'n streep wat iemand op 'n kaart tussen Zim en SA getrek het. Volgende vraag: Wie raak nou opgewonde oor 'n streep wat iemand op 'n kaart getrek het?
Nasionalisme, gmf. Patriotisme, gmf. Dis die opium van die idiote.

Anonymous said...

kwang

Goeie punt.

klagat

Anonymous said...

Ek dink ons het vlae nogig om ons identiteit te bewys.

Dit maak van ons almal klagatte.

Klagat

Minter said...

Kwang - ek dink jy bedoel religie.

Die vlag instink is dieper as net 'n lyn en 'n lap. Dis jou tribe. Ons teen hulle. As jou tribe nie die mas opkom nie is jy en jou hele nageslag daarmee heen. Maak nie saak of jy met al jou buurman se vroue geslaap het nie.

Dis slegs die punt wat ek maak. Persoonlik hou ek daarvan om rugby of krieket of watookal te kyk omdat dit my in 'n mate faseneer dat mense hulle lewe aan iets wei wat hulle rerig graag wil doen en enige tyd van die dag kan buitentoe stap en die sonskyn geniet.

Rendier said...

Die ou vlag bring verdeeldheid en ja ek is nie 'n groot aanhanger van dit by sulke venues nie, maar tog is daar iets moois daaraan, iets waarmee ek as laaitie kon identifiseer toe Eerste Minister Swart in sy Merc by die Duiste basaar kom inloer het. Die vlag simboliseer nie net die apartheid nie, nee, die geskiedenis van die vlag is ongelooflik. Ongelukkig word dit net met die Apartheid geassosieer.

Dis 'n vlag van onderdrukking...hmm, nou wat dan van die St George's vlag wat die Anglo Saxon hooligans so rondswaai?

Die outjies daar in Ingeland wil net op die TV kom. Hulle "trive" op k@k soek...soos die ouens van Elsenburg!

Anonymous said...

Pienk zuit

Ek merk iemand het anonomous hierbo oor vlae en identiteit kommentaar gelewer het as klagat. Dit is nie ek nie en gevolglik moet ek tot die slotsom kom dat ek die slagoffer van n identiteitsdief is.

Klagat

Pienk Zuit said...

Klagat, lyk vir my na 'n goeie rede om as blogger te registreer. Dan kan niemand namens jou praat nie.

Anonymous said...

umn ,..lyk my dit kom nou na so n punt en sal ek maar die groot stap moet neem.

klagat

maeree said...

woohooo, klagat gaan sy eie identiteit registreer!

spring, klagat, spring. (voordat do kwang jou nog verder ontmasker)

Anonymous said...

Ja maeree dit is n gewigtige saak en dit lyk of ek al hoe meer wil ingee om maar n offisiele blogosfeer deelnemer te word.

Klagat