Thursday, November 16, 2006

Waarheid ontbloot

Nou dat Do Kwang erken het dat hy 'n verjaardag partytjie gehad het waarna ek nie genooi is nie, is al wat oorbly om die rede hiervoor te ontbloot. Daar is 'n gerug wat die rondte doen dat die rede hoekom Maeree ons nie oorgenooi het vir 'n drankie op ons onlangse besoek aan die Baai nie, was dat sy bang is ons vra haar uit oor haar keltiese kruis tattoo, en dat sy dan so in vervoering raak daaroor dat sy ons die body art wys wat net HVDH tot nou toe nog gesien het.

Wat kan Do Kwang se rede wees?

11 comments:

Do Kwang said...

Ek kan nie glo ek vat die aas nie, maar here goes:
Ek wou nie op die aand van my verjaarsdag eensaam en alleen wees nie, so toe nooi ek drie (DRIE!) mense oor om by my te kom eet. Hoe is dit 'n partytjie? Three is company, dis selfs 'n crowd, maar dis waaragtiglik nie 'n party nie. Is daar enigiets vals aan Do Kwang? Het hy al ooit enigiemand rede gegee om hom van agterbaksheid te beskuldig? Is ek regtig nog altyd so 'n slegte vriend dat jy my nie eens die benefit of the doubt gee nie? Sies Dick, hoe kon jy? Sies!

Maksideem said...

Dick. Ek wil graag die volgende stuiwer in die armbeurs gooi.

Ek het vir DK 'n present van Jerusalem gebring, maar hy het die gegewe perd in die bek gekyk en die present vir iemand anders gegee/weggegooi.

As dit jou beter laat voel, ek was ook nie by DK se paartie nie.

Pienk Zuit said...

Goeiste, nou raak dit te persoonlik. Die idee was eerder om 'n gesprek van 'n ligte trant aan die gang te sit waar mense (fiktiewe) redes kon raai. (Die lawwe storie oor Maeree behoort die clue te wees).

DK, ons ken mekaar darem goed genoeg dat jy weet ek is nie in die minste geworry oor sulke goed nie.

So in 'n poging om die ligte trant weer aan die gang te kry: Ek dink dis omdat hy een dag aan die begin van die jaar al sy drank in die tuin uitgegooi het, en toe te skaam was om ons oor te nooi net vir koeldrankies.

Do Kwang said...

Ek is glad nie skaam dat ek Roelie se T-shirt-geskenk, met terroristiese slagspreuke op, vir iemand anders gegee het nie. Sies Roelie, hoe kon jy? Sies!
Sies almal, is daar geen goeie mens behalwe Do Kwang oor nie?

Pienk Zuit said...

Daardie allemansvriend en ATKV joernalis-van-die-jaar Prof. (Ek's ook nie na sy partytjie genooi nie, maar ek hoor hy het nie een gehad nie anders was ek bo-aan die lys). En dan ook my hoolie WIm, hy bly maar 'n goeie mens.

Gepraat van verjaardagpartytjies, weet iemand hoe Laaitie Basson se 21st was? Ek en Roelie was mos die enigste mense op Stellenbosch wat nie genooi is nie.

maeree said...

dalk is hy skaam oor sy honde se alkoholisme?

Do Kwang said...

O nee sjuks, daar was drie van ons wat nie genooi is nie, onthou. Ek en jy en Roelie moes die aand in die koshuis bly terwyl die res van die we^reld by Hungry Lion se party op die landgoed was.

maeree said...

o ja! dalk het ek jou nie genooi nie omdat ek eintlik 'n 14 jarige seun is.

Pienk Zuit said...

maeree, dis jammer, want dan sou ek jou 'n hele paar goed kon leer van hoe om chicks te score.

dorothy said...

let me hug do kwang - you are a lovely huggable kind of guy and a good person

Do Kwang said...

Dorothy, are you calling me fat?