Monday, November 13, 2006

Patriotisme

Ek het die vakansie weer een van my gunstelling boeke gelees: A Connecticut Yankee in King Arthur's Court deur Mark Twain. Hier is my gunstelling aanhaling uit die boek:
You see my kind of loyalty was loyalty to one's country, not to its institutions or its office-holders. The country is the real thing, the substantial thing, the eternal thing; it is the thing to watch over, and care for, and be loyal to; institutions are extraneous, they are its mere clothing, and clothing can wear out, become ragged, cease to be comfortable, cease to protect the body from winter, disease, and death. To be loyal to rags, to shout for rags, to worship rags, to die for rags -- that is a loyalty of unreason, it is pure animal; it belongs to monarchy, was invented by monarchy; let monarchy keep it.
Ek is vas oortuig dat demokrasie nie regtig kan werk in enige land tot almal in 'n land nie tot hierdie gevolgtrekking gekom het nie. So lank as wat kiesers aan mense (of groepe mense) lojaal bly, eerder as aan die land en die demokratiese instellings van die land, sal politici korrup en meerderwaardig wees. Ware patriotisme is outomaties tot voordeel van almal in die land, want dit is brandend lojaal teenoor die land, m.a.w. ook almal in die land.

5 comments:

Anonymous said...

UMN,....stof tot nadenke en gevaarlike woorde na my mening.

Kyk nou maar net waar het "ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika" na gelei.

Was apartheid nie ook maar gebaseer op patriotisme volgens sommige vir Suid-Afrika nie. Die Stem was tog immers n patriotistiese lied in die oe van die vorige regime?

Wonder maar net
Klagat

Maksideem said...

Dick, het jy al Stef Bos se song oor die Republiek gehoor. Ek dink dit heet "jy vir my."

Daar's 'n treffende sinsnede wat so iets, of dergeliks gaan:

"en dis nie jou verlede, jou sentiment, jou ossewa.

Jy's vir my alleen die toekoms, jy vir my Suid Afrika"

Pienk Zuit said...

Klagat, was die probleem nie juis dat "ons vir jou Suid-Afrika" eerder "ons vir jou Nasionale Party / Afrikaners" was nie? Mense was so lojaal teenoor die NP dat hulle nie die absurdheid van die situasie kon insien nie.

Rebound, nog nie gehoor nie nee. Ek het nog bitter min van Stef Bos se goed gehoor. So min dat ek dit nie sal herken as ek dit hoor nie.

Anonymous said...

Pienk zuit

Nee ek stem nie saam met jou nie.

Ek kan goed onthou hoe ons op skool en oral vertel is dat Suid-Afrika ONS land is soos die Stem dit uitbeeld. As mens gesels met mense van die destydse weermag dan het dit vir hul gegaan oor die LAND en nie die NP nie. Self die NP het gepropageer alles gaan oor die LAND.

Ek verstaan waar jy vandaan kom, MAAR ek dink dit is woorde wat sleg verkeerd geinterpreteer kan word.

Welkom terug
Groete
Klagat

Pienk Zuit said...

Die probleem was dat mense die leun geglo het dat LAND iets anders beteken as wat dit werklik beteken.

My punt met die post was egter eerder iets anders. Ek probeer nie sê dat almal vurige patriote moet wees nie, eerder dat die wat wel vurige patriote nie net soos diere lojaal moet wees aan 'n mens of groep nie.