Thursday, November 16, 2006

Nieu Bethesda fosiel

Die wit ruggraat in die klip is van iets wat voor die dinosaurusse al geleef het. Nou is dit 'n fossiel in die rivier agter die uilehuis. Die fossiel toer was vir my baie meer interessant as die uilehuis, en verdien defnitief 'n besoek. Ons was eers nie van plan om eens na die fossielmuseum toe te gaan nie, maar die kaartjie vir die uilehuis sluit dit in, so toe gaan ons maar. Ek kan rerig nie verstaan hoe mense kan glo dat die aarde net 'n paar duisend jaar oud is as daar sulke mooi bewyse tot die teendeel is nie.

4 comments:

Lammervanger said...

Die Uilhuis was vir my 'n vreemde ervaring. Veral die vertrekke wat se mure met glasskerwe oortrek was...en gevul was met bottels vol ingelegte, fyngemaalde glasstukke. Ek sal nie 'n aand daarso op my eie wil spandeer nie.

rondloper said...

Ek droom daarvan om eendag in die Karoo-koppies rond te loop en 'n klip met 'n mooi fossiel op te tel. Ek is seker dit kan gebeur. Daar by Sutherland is 'n plek, Salpeterkop, waar jy die interessantse kristalle en lawaklip (dit was eens 'n vulkaan) kan optel, maar, helaas, nog geen fossiel nie. Jou foto's van Addo lok my beslis.

Maksideem said...

Is die uilehuis 'n bendehuis vir die bende "Die Uile"? Ek dink dis een van daai boeke in die Trompie genre wat jy gelees het toe jy 16 jaar oud was.

Pienk Zuit said...

rondloper, ek en die vroutjie is vuur en vlam om volgende keer wat ons op skoonpa se plaas (Williston) kom fosiele te gaan soek. Die Sakrivier loop deur die plaas, en die rotse en klippe daar lyk baie soos in Nieu Bethesda.

maksideem - nee, dis nie die Uile (geskryf deur Cor Dirks) se bendehuis nie. Dis ook nie 'n kroeg in Singapore nie.