Monday, November 27, 2006

Nege maer jare

Die vorige keer wat die Bokke op Twickenham gewen het, het ek nog nie een van my grade gehad nie, is Prinses Di en Moeder Theresa kort tevore oorlede, het Ernie Els nog meer majors as Tiger Woods gewen (2-1), was Bill Clinton vroeg in sy tweede termyn, was Titanic die grootste Box Office hit, was Dolly die kloonskaap nog net 5 maande oud, was Hong Kong nog net 4 maande lank deel van China, het die Aarbaidersparty 'n paar maande tevore die eerste keer in 18 jaar die verkiesing in die V.K. gewen, het Francois Steyn onder 10 rugby gespeel en het ek nog nooit 'n meisie gehad nie. Dit was op 29/11/1997, en die telling was 29-11.

7 comments:

MARGIE said...

Wow... uitstekende Google skills of 'n photographic memory? (Ek't my heel eerste French kiss in 1997 gekry...)

Pienk Zuit said...

Bietjie van beide margie. Ek moes 'n paar maande wag tot in 1998 vir my eerste.

Pienk Zuit said...

Ek onthou wel 'n aand in 1997 saam met Do Kwang en Maksideem, in Terrace (of was dit dalk Die Akker), waar Do Kwang ons probeer leer het hoe om 'n girl op te chat vir 'n french kiss. Omdat daar nie 'n girl aan tafel was nie moes maksideem instaan vir die girl wat opgechat word. Dit het egter kort van die soen gestop.

MARGIE said...

LOL! Kan dink dat jul kanse op 'n meisie beindruk dalk belemmer sou word as die soen gebeur het... Het Do Kwang se raad gehelp?

Voetstoots van Tonder said...

ja-nee waar's die dae... Pluto was nog 'n planeet, Nelson Mandela en Hansie Cronje was albei nog in beheer, en die Twin Towers het nog oor New York uitgetroon...

Maksideem said...

Oi Dick.
Nogal snaaks. Ek dink dit was op 'n quattie in die Plek. Do Kwang het ook vertel dat jy jou been baie moet vryf en dan stip in haar oe kyk.

Pienk Zuit said...

Margie, ek ek het nooit sy "vryf jou eie been en staar in haar oë" tegniek probeer nie. My eie tegniek het goed genoeg gewerk.