Friday, November 17, 2006

7 Wonders

Almal het al gehoor van die 7 wonders van die antieke wêreld. Nou is daar 'n proses aan die gang om die 7 nuwe wonders te kies. Jy kan gaan stem vir jou keuses uit die finaliste, en die resultaat word volgende jaar, op 7/7/7 aangekondig. Die 21 finaliste is:

Statue of Liberty; Pyramids; Eiffel Tower; Taj Mahal; Machu Picchu; the Acropolis; Turkey's Haghia Sophia; the Kremlin and St Basil's Cathedral; the Colosseum; Germany's Neuschwanstein Castle; Stonehenge; Spain's Alhambra; the Great Wall of China; Japan's Kiyomizu Temple; the Sydney Opera House, Cambodia's Angkor; Timbuktu; Petra, Jordan; Brazil's Statue of Christ Redeemer; Easter Island; and Chichen Itza, Mexico.

Die 6 in vetdruk het ek al gesien. Nog so baie plekke om te sien. Waar gaan ons die tyd en geld kry?

3 comments:

rondloper said...

Ek glo dit nie! Ek was letterlik nou net op pad om oor dieselfde ding te blog, maar ek gaan nou maar nie ons lesers met dieselfde storie lastig val nie! Ek stem egter nie heeltemal saam met al hul keuses nie. Wat van al daai wonderlike paleise in Rajastan, of die Verbode Stad in Beijing. Of, for that matter, die Karibameer of die Krugerwildtuin?

Lammervanger said...

Wat van die Taalmonument in die Paarl?

Voetstoots van Tonder said...

die probleem met hierdie tipe proses is dat dit altyd gebaseer is op die belange, ondervinding en vooroordele van diegene wat die ding dryf - soortgelyk aan die lys van wereld se 50 beste restaurante wat elke jaar aangewys word - meer as helfte van die goed is telkens in Engeland en die VSA - hoekom? want dis waar die restaurant-kritici wat verantwoordelik is daarvoor, gebaseer is

Statue of Liberty? - asseblief - dis miskien 'n rein gedagte, en 'n mooi gebaar van die Franse, en oulik genoeg om na te kyk - maar wat maak dit so groots?? (daar's nie minder nie as 3 weergawes, van verskillende groottes, van hierdie standbeeld in Parys - hoe "wonderlik" is dit?)