Thursday, November 30, 2006

Hoe dinge werk

Ek is mal daaroor om uit te vind of te leer hoe iets werk, of selfs hoekom dit ophou werk het. Do Kwang het 'n interessante paar vrae oor die natuur gehad, wat my nogal bly maak. Ek hou daarvan as mense vrae vra. Dis ook die groot in ding om deesdae vrae te vra oor wat jy glo, wat politici nou weer aanvang en selfs oor wat tog nou rerig in die verlede gebeur het. Maar daar is te min mense wat net wonder oor die wêreld rondom hulle. Hoekom is die lug blou? Hoekom kyk my DSTV skottel net in een rigting, wentel satelliete dan nie om die aarde nie? Hoekom maak my mikrogolfoond vonke as ek die vurk saam met my bord kos daarin sit?

Vra die vrae, en probeer antwoorde kry. As mens weet hoe iets werk kan jy moontlik 'n beter een bou. As jy weet hoe iemand dink kan jy hom dalk oortuig van jou standpunt, of oortuig raak van syne. As jy weet wat iemand glo kan jy dalk in vrede met hom saamleef.

Wednesday, November 29, 2006

Gholfles van die week

As jy op St Andrews speel, probeer te alle koste in die skoonveld bly.

Indien jy jouself egter in een van die vele sandkuile bevind, konsentreer op die korrekte tegniek en slaan deur die hou.

Bangbroek

Lammervanger sê spoke maak hom bang. Ander goed klaarblyklik ook.

Tuesday, November 28, 2006

Die eerste Barry

Die voorvader van die Barrys was een van William the Conqueror se vriende, en het hom gehelp om Engeland in te val in 1066. So beskryf Lawrence H. Parker, AB dit:
Even before the Norman Conquest of England, many Normans had taken up residence in England, just across the Channel. The mother of King Edward the Confessor was the daughter of Duke Richard of Normandy, and Edward himself received his education at the Norman Court. Becoming King of England in 1042 AD, he had appointed many of his Norman friends to positions of trust. As early as 1051 AD, his cousin William, Duke of Normandy, had visited England and obtained from the too complaisant Edward (who was childless) a promise that he should succeed to the English Crown. But upon Edwards death in 1065, the English Witan elected Harold, a Saxon nobleman, to the vacant kingship. Thereupon, Duke William commanded his feudal followers to gather their retainers for an invasion of Britain.
Among the Norman Barons who responded to this summons came our DE BARRI ancestor, whose surname was derived (as were so many *place names* used in those days to distinguish individuals) from La Barre in Normandy, according to the conclusions of Sir John Wolfe Barry, KCB, FRS, who has given this mater long and critical study.
Crossing the English Channel in 1066 AD, the Normans attacked the Saxons near the seaside town of Hastings. In the long and furious battle which ensued, the Barry battle-cry, *Boutez en avant* - press forward - was heard again and again as the DE BARRI foces plied their swords against the Saxon yeomen. The battle did not end until Harold, the Saxon King, was struck down by a Norman arrow. His followers fled, leaving the Normans masters of the field.

Monday, November 27, 2006

Nege maer jare

Die vorige keer wat die Bokke op Twickenham gewen het, het ek nog nie een van my grade gehad nie, is Prinses Di en Moeder Theresa kort tevore oorlede, het Ernie Els nog meer majors as Tiger Woods gewen (2-1), was Bill Clinton vroeg in sy tweede termyn, was Titanic die grootste Box Office hit, was Dolly die kloonskaap nog net 5 maande oud, was Hong Kong nog net 4 maande lank deel van China, het die Aarbaidersparty 'n paar maande tevore die eerste keer in 18 jaar die verkiesing in die V.K. gewen, het Francois Steyn onder 10 rugby gespeel en het ek nog nooit 'n meisie gehad nie. Dit was op 29/11/1997, en die telling was 29-11.

Friday, November 24, 2006

My lessenaarlaai

Dorothy wil die inhoud van ons handsakke of mansakke sien. Ek het nie 'n handsak of mansak nie, maar gebruik gewoonlik my broek se sakke om alles in rond te dra (dis my selfoon daardie, ek is nie rerig so bly om jou te sien nie). Ek dump gewoonlik alles uit my broeksakke uit in my lessenaar se boonste laai, en vat weer wat ek nodig het wanneer ek huis toe gaan. Die gevolg is dat die goed wat ek nie weer nodig het nie daar opgaar. So my laai is die naaste wat ek aan 'n handsak kom:

1 x motorsleutels
1 x blou highlighter
1 x Fine Foods pakkie mild mustard (die soort wat mens met jou tande stukkend skeur en op jou hotdog spuit)
1 x Fine Foods tamatiesous pakkie
1 x DB9 connector, male
1 x paspoort
1 x Bush draagbare radiotjie (walkman), gekoop by Argos. Om krieket te kan luister by die werk.
1 x sleutel vir werk se anonieme suggestion box
1 x usb verlengkoord
1 x salarisstrokie (November)
5 x CD-ROMs (drywers vir diverse goeters)
1 x leë banksakkie
1 x lëe, gebruikte koevert (posseël sê Isle of Man, moet seker van my Britse Bank af wees)
1 x sonbril
1 x beursie
1 x fotoblad van mede-werkers by maatskappy om almal se name te leer
1 x advertensie vir "Pepe Cuts - Unisex"

Ek wens ek kon surf

As ek kon surf sou my droom gewees het om die pororoca te gaan ry. Dis tidalwave wat onder ideale kondisies ontstaan in die Amazonerivier. Dit hou vir meer as 'n halfuur aan sonder om te breek, so dit moet die ultimate wave wees.


The Longest Wave - video powered by Metacafe

Wiskundeles

Hier is 'n oulike manier om maalsomme te doen.

Wednesday, November 22, 2006

Verloof

Pierre Fourie is verloof.




Terwyl ek vir hierdie foto gesoek het kom ek toe op hierdie een af.
voor: Dirk Roos
agter, v.l.n.r : Hungry Lion, maksideem, lammervanger en Oscar

Pyn

Ek dink nie ek het al ooit regtig hierdie verwerk nie.

Lukas, Douw en Zorkie

Na aanleiding van 'n gesprek oor Zorkie op Do Kwang se blog, hierdie foto om die onduidelikheid op te klaar:

v.l.n.r. Lukas de Kock, Douw Steyn en Hannes (Zorkie) Lochner

Monday, November 20, 2006

Amptelik: Kent Hovind is 'n kroek

Kent Hovind, of te wel Dr. Dino, is skuldig bevind aan belastingontduiking, en kan moontlik tot 'n maksimum van 288 jaar agter tralies sit. Dit beteken seker dat "Dr" Hovind se skedule nou sal moet aangepas word. Nou sal hy maar sy "wetenskaplike" praatjies teen evolusie in die tronk se bib moet gee. Hoop hy kry darem 'n paar mede-skelms wat kom luister, anders gaan dit 'n laaaang 288 jaar wees.

Ons is Populêr (2)

Vir die wat nog nie die Popular Mechanics artikel oor SumbandilaSat gelees het nie, hier is hy nou gratis beskikbaar op iafrica.

Met die uistel van die lansering is alles natuurlik nie meer 100% akkuraat nie, maar dis naby genoeg.

Maandag kwelvraag

Why are hemroids not called asteroids?

Friday, November 17, 2006

7 Wonders

Almal het al gehoor van die 7 wonders van die antieke wêreld. Nou is daar 'n proses aan die gang om die 7 nuwe wonders te kies. Jy kan gaan stem vir jou keuses uit die finaliste, en die resultaat word volgende jaar, op 7/7/7 aangekondig. Die 21 finaliste is:

Statue of Liberty; Pyramids; Eiffel Tower; Taj Mahal; Machu Picchu; the Acropolis; Turkey's Haghia Sophia; the Kremlin and St Basil's Cathedral; the Colosseum; Germany's Neuschwanstein Castle; Stonehenge; Spain's Alhambra; the Great Wall of China; Japan's Kiyomizu Temple; the Sydney Opera House, Cambodia's Angkor; Timbuktu; Petra, Jordan; Brazil's Statue of Christ Redeemer; Easter Island; and Chichen Itza, Mexico.

Die 6 in vetdruk het ek al gesien. Nog so baie plekke om te sien. Waar gaan ons die tyd en geld kry?

Thursday, November 16, 2006

Waarheid ontbloot

Nou dat Do Kwang erken het dat hy 'n verjaardag partytjie gehad het waarna ek nie genooi is nie, is al wat oorbly om die rede hiervoor te ontbloot. Daar is 'n gerug wat die rondte doen dat die rede hoekom Maeree ons nie oorgenooi het vir 'n drankie op ons onlangse besoek aan die Baai nie, was dat sy bang is ons vra haar uit oor haar keltiese kruis tattoo, en dat sy dan so in vervoering raak daaroor dat sy ons die body art wys wat net HVDH tot nou toe nog gesien het.

Wat kan Do Kwang se rede wees?

Nieu Bethesda fosiel

Die wit ruggraat in die klip is van iets wat voor die dinosaurusse al geleef het. Nou is dit 'n fossiel in die rivier agter die uilehuis. Die fossiel toer was vir my baie meer interessant as die uilehuis, en verdien defnitief 'n besoek. Ons was eers nie van plan om eens na die fossielmuseum toe te gaan nie, maar die kaartjie vir die uilehuis sluit dit in, so toe gaan ons maar. Ek kan rerig nie verstaan hoe mense kan glo dat die aarde net 'n paar duisend jaar oud is as daar sulke mooi bewyse tot die teendeel is nie.

Wednesday, November 15, 2006

Rusland in die lente

Ek gaan nou nie meer in Desember na die land van die tsars en kosakke nie, maar eerder in April of Mei. Die amptelike rede kan hier gelees word. Ek moet sê dat ek nie vreeslik jammer is dat ons nie meer -25 grade celcius temperature en 24 uur nag gaan ervaar nie. Hopelik kan ons die aurora borealis sien in April.

Oos-Kaap deel 2

A boat called Dorothy, high and dry

Gaan Addo toe as jy nog nie daar was nie. Rerig.
Uilehuis op Nieu Bethesda : Die hoek van losbandigheid

Daar hang 'n onheilspellende atmosfeer in die lug. Ek weet nie rerig hoekom nie.

Tuesday, November 14, 2006

Wat jy kan sien as jy by Maeree en HVDH gaan kuier

Die strand voor hulle flat

Waar Maeree werk

Maeree se surfer vriende se nirvana : Supertubes (die wind het die branders plat gewaai die dag wat ons daar was)

Skemerkelkies op die strandfront

Possibly Dorothy's favourite Tjokka boat?

Monday, November 13, 2006

Patriotisme

Ek het die vakansie weer een van my gunstelling boeke gelees: A Connecticut Yankee in King Arthur's Court deur Mark Twain. Hier is my gunstelling aanhaling uit die boek:
You see my kind of loyalty was loyalty to one's country, not to its institutions or its office-holders. The country is the real thing, the substantial thing, the eternal thing; it is the thing to watch over, and care for, and be loyal to; institutions are extraneous, they are its mere clothing, and clothing can wear out, become ragged, cease to be comfortable, cease to protect the body from winter, disease, and death. To be loyal to rags, to shout for rags, to worship rags, to die for rags -- that is a loyalty of unreason, it is pure animal; it belongs to monarchy, was invented by monarchy; let monarchy keep it.
Ek is vas oortuig dat demokrasie nie regtig kan werk in enige land tot almal in 'n land nie tot hierdie gevolgtrekking gekom het nie. So lank as wat kiesers aan mense (of groepe mense) lojaal bly, eerder as aan die land en die demokratiese instellings van die land, sal politici korrup en meerderwaardig wees. Ware patriotisme is outomaties tot voordeel van almal in die land, want dit is brandend lojaal teenoor die land, m.a.w. ook almal in die land.

Salige Oos-Kaap Rus

Ek's terug na 'n week van vakansie in die Oos-Kaap. Wat ek nou gaan sê bevestig seker my Stellenbosch-snobisme, maar ek bedoel dit as 'n groot kompliment: ek was baie aangenaam verras deur die Oos-Kaap. Dis 'n pragtige deel van ons land waar ek nog net altyd deur gery het sonder om vir lank genoeg te stop. Die wat in spanning wag om te sien hoe Maeree en HVDH se hometown lyk, julle sal tot more moet wag, ek het ongelukkig my kamera vandag vergeet.

(PS pienk maand is verby, daarom het die kleurskema verander)

Thursday, November 02, 2006

Beste boek ooit?

Hierdie boek moet goed wees. Om die twee interessantste onderwerpe wat bestaan saam te sit in een boek is absoluut geniaal. Sit dit op my kersgeskenklys!

Hoe om 'n satelliet te toets

1. Jy sit haar in 'n baie stil kamer, en hoor of sy raas.
2. Jy skud haar in alle rigtings en kyk of iets afval.
3. Jy skyn lig in haar oë en kyk of sy iets sien.
4. Jy sit haar in 'n tenk, pomp al die lug uit, en maak haar dan herhaaldelik baie warm en baie koud vir 'n paar dae lank. Dan kyk jy of sy nie dalk te koud of te warm gaan kry in die ruimte nie, en watse gasse sy afgee in 'n vakuum.

As sy dit alles oorleef kan jy haar vrylaat.