Monday, October 16, 2006

Wat ek die naweek gedoen het

- Pool-gobler tipe ding in die swembad geinstalleer (dit suig al die blare en blommetjies en stuff wat bo-op dryf in). Dit werk soos 'n bom, nou is ons swembad so na aan onderhoudsvry as wat mens kry.
- Ons gras gesny.
- Die pomp wat water uit die rivier pomp reg gemaak en ons tuin deurnat gepomp met rivierwater.
- Geswem in die swembad (24 grade celsius danksy die sonverhitting)
- Gebraai
- Rugby gekyk
- NIE gewerk NIE

12 comments:

Anonymous said...

Klink my jy is al jare en jare getroud!!!

Sterkte
Klagat

Pienk Zuit said...

Hoe sou minder jare 'n verskil maak aan begenoemde?

Anonymous said...

In my geval sou minder getroude jare beteken het dat ek GEEN harde takies soos grassny moes doen nie. Na 5 jaar van getroude lewe MOET ek noodgedwonge my eie klere stryk, iets wat ek nooit vantevore hoef te gedoen het nie.

Ai hoe jammer kry ek myself nou!
Klagat

Pienk Zuit said...

mmm, so hoe het die gras gesny gekom in daardie eerste jare? Lyk my die klerestryk begin tussen die 4de en 5de jaar, want ek stryk nog nie! Fooitog, klink my jy is oordentlik onder die duim Klagat. Hoop nie jy kom in die moeilikheid as jou beter helfte hier lees nie!

Anonymous said...

Nee skoonpa het vir een of abder bizarre rede hom oor ons ontferm en die gras gesny.
Onder die duim inderdaad!!

Mooi dag
klagat

maeree said...

oi, ken niemand die begrip PARTNERSHIP nie? my duime verskaf vir die hoof van die huis net plesier (en syne vir my).

Anonymous said...

MAEREE!!!!!??????!!!

Ek is sprakeloos,.........

Klagat

Pienk Zuit said...

stem saam met jou maeree. Ek het nou die dag op 'n troue 'n goeie vergelyking gehoor:

'n Huwelik is 'n kompetisie waar die een wat die ander een die gelukkigste maak wen. Op hierdie stadium wen my vrou dink ek, en ek hoop sy dink die teenoorgestelde.

Dai said...

iemand het weer nou die dag vir my vertel dat die gelukigste mense getroude mans is en die ongelukste mense getroude vroue is. iemand: 'n 45 jarige vrou wat nog nooit getroud was nie.

dorothy said...

are you and maeree married?

Pienk Zuit said...

dai, ek hoop nie dis die waarheid nie.

dorothy - nope, we've never even met.

maeree said...

dorothy, ons is getroud ja, maar nie met mekaar nie.