Friday, October 27, 2006

Vra is vry

Een van die goed wat ek nooit gedoen het toe ons in Ingeland gebly het nie, was om te gaan kyk hoe die Bokke op Twickenham verloor. Nou bly ek nie meer daar nie, en die Bokke het miskien 'n kans om nie te verloor nie. Nou werk dit so uit dat ek die naweek van die 2de toets tussen Die Bokke en die Rose op Twickers (25 Nov) myself op Heathrow lughawe gaan bevind, op pad Rusland toe. Nou kan ek natuurlik my reelings so tref dat ek toevallig 'n dag oorstaan in Londen, en as ek dan toevallig 'n kaartjie het, die rugby gaan kyk. Dis 'n klomp toevallighede wat sal moet saamspeel, waarvan die een waaroor ek die minste beheer het die rugby kaartjie is. So nou gaan ek maar net skaamteloos vra: as jy 'n kaartjie het, of kan kry, of weet van iemand wat een het, en dit vir my wil gee, laat weet my. Ek weet my kanse is kleiner as om die Romeense lotery te wen, maar dit kos niks om te vra nie (anders as die Romeense lotery).

2 comments:

Anonymous said...

Sorry, kan nie help nie. Kan egter vir jou n kaartjie na die Beatle museum in Liverpool kry.

Groete
Klagat

Voetstoots van Tonder said...

as jy bereid is om te betaal lyk dit my jy kan 'n kaartjie op ebay kry vir omtrent £130 (dalk minder as jy gelukkig is met spesifieke veilings - hierdie is 'n "buy it now" prys) - maar persoonlik sal ek eerder my geld vat en die wedstryd gaan kyk in 'n warm pub saam met 'n paar pelle

Twickenham op 'n koue dag met die Bokke wat verloor is waarskynlik die mees misrabele plek in die hele wereld