Monday, October 02, 2006

Pienkmaand

Vir die wat opgelet het dat die blog nou effens meer pienk is, dit het niks met die naam te doen nie. Ook het ek nie besluit om uit die spreekwoordelike kas te kom nie. Nee, dis omdat Oktober borskankerbewustheidsmaand (is dit rerig een woord?) is. 'n Hele klomp ander websites gaan pienk hierdie maand, en dis alles vir 'n baie goeie doel. Volgens die dept. van gesondheid is die sleutel om dit vroeg te identifiseer. Ek belowe ek gaan my bes doen om dit te identifiseer waar ek kan.

3 comments:

dorothy said...

that's so wierd - cos i didn't even know that and i changed my blog title to pink yesterday - i'm SO connected with the universe and like the collective vibe

:)

Do Kwang said...

Gaan jou nou vir die res van Pienk Maand niks anders post nie?

Pienk Zuit said...

Sodra ek weer minder as 16 uur per dag werk sal ek post. Na 'n 75 uur week kry my vrou ongelukkig no 1 prioriteit, nie my blog nie.

Hopelik later vandag of more.