Tuesday, October 10, 2006

Grabouw kitskos resensies

Aangesien ons die laaste paar weke 2 etes per dag by Grabouw se verskeidenheid kitskosplekke ge-eet het, voel ek dat ek nou genoeg inligting het om 'n paar te resenseer. In volgorde van beste na swakste:

1. Thandi Farm Kitchen - 4 sterre
Nuwe padstal, 'n kilometer of 2 na die Paul Cluver afdraai, aan die linkerkant (as mens van die Kaap af kom). Hulle kos is baie lekker, die spyskaart het 'n redelike verskeidenheid, die diens is baie vriendelik en die pryse redelik. Wegneem-etes is goedkoper as die op die aansit spyskaart, en die porsies is redelik goed. Hulle is ook die naaste van al die plekke van ons werkplek af. Wat teen hulle tel is dat hulle nie in die aand oop is nie (hulle is 'n padstal, mens verwag dit nie, maar ons moet nog steeds eet in die aand). Ek beveel hulle tamatiebredie sterk aan, en hoor die tuisgemaakte pasty met chips is ook 'n wenner.

2. Pizza plek langs K.F.C. (Pizza Palace?) - 3 sterre
Die pizzas is nogal lekker, en smaak soos iets wat 'n tannie tuis in haar kombuis gemaak het. Die spyskaart het 'n paar wenners, soos een met anchovies, ham, sampioene en olywe. Oppas net vir die olywe, hulle het nog hulle pitte in. Behalwe vir K.F.C. die enigste ander plek wat oop is vir aandete wegneem. Gunstelinge : bostaande anchovies een, en die hoender-mayo een. (Hoekom het ons nie al meer hier ge-eet nie wonder ek nou?)

3. Grabouw K.F.C. - 2 1/2 sterre (kon 3 gewees het as ons nie al so baie daarvan ge-eet het nie)
Tot dusver het ons meer as die helfte van die aande hier kos gekoop, maar mens kan ook net soveel vetterige hoender eet voor jou hart gaan oppak (en jy verveeld raak van die spyskaart met 3 opsies). Die diens is redelik vriendelik, hulle is een van 2 plekke wat oop is in die aand, en hulle is die vinnigste opsie. Gunsteling ete : Sweet chilli twister, upsized.

4. Peregrine - 2 sterre
Vreeslik duur, baie toeriste, maar nog steeds die lekkerste mosbolletjie en springbokpies in die Wes-Kaap.

6 comments:

Katswink said...

Riek, die CC van Dyk wat daar parkeer het en wie se prent jy op jou blog gegooi het, was my Pa!!!! Goeie genugtig, ek kan nie glo dis nog daar op nie. Hy is einde 94/begin 95 daar weg!!! Kan jy iemand vra om die ding dalk te neem? Ek sal dit graag in die hande wil kry!!!

Willem said...

Ek dink met Carel op die blog moet nog net Gerjo dit ook lees .. dan begin ons met die beloofde boek ...

maeree said...

grabouw! ugh, bad memories. my jaar in die hel was in villiersdorp. dié dat ek nou so soet is - ek ken die alternatief.

Pienk Zuit said...

Katswink, alhoewel ek seker is dit sal nie die eerste geval van diefstal (of die laaste) hier rond wees nie, dink ek nie dit sal goed afgaan as ek daardie naambordjie afhaal nie. En as ons dit daar los kan een of ander argeoloog dit oor 1000 jaar opgrawe en afleidings maak oor die Afrikaner se kultuur in die jaar 1995.

Willem, ek het van 2 ander boeke gehoor wat geskryf is oor die missiel/satelliet program, ek sal bietjie uitvind wie dit geskryf het. Sal dit graag wil lees.

maree, wat het jy op Villiersdorp gedoen vir 'n jaar?

Anonymous said...

MAEREE

Ja nee wragtig wat het jy n hele maand in Villiersdorp gedoen?

Pienk Zuit

Ja nee ek is weer vol op die lug na n besige tydjie. Ook was daar op n stadium n probleem met jou blog. As ek opgegaan het het dit my hele rekenaar goed opge...! Skuus vir die taal, refleks na al my sukkel as gevolg daarvan. Moes dit dan afskakel en dies meer om my rekenaar weer reg te kry.

Groete
Klagat

maeree said...

gebid

en so paar ander stuffies ook... ek het die hoof van die huis daar ontmoet. een van twee goeie dinge wat uit my jaar in die hel gekom het.