Sunday, October 29, 2006

Vraag van die week

Hoekom doen bloukopkoggelmanders pushups?

Friday, October 27, 2006

Vra is vry

Een van die goed wat ek nooit gedoen het toe ons in Ingeland gebly het nie, was om te gaan kyk hoe die Bokke op Twickenham verloor. Nou bly ek nie meer daar nie, en die Bokke het miskien 'n kans om nie te verloor nie. Nou werk dit so uit dat ek die naweek van die 2de toets tussen Die Bokke en die Rose op Twickers (25 Nov) myself op Heathrow lughawe gaan bevind, op pad Rusland toe. Nou kan ek natuurlik my reelings so tref dat ek toevallig 'n dag oorstaan in Londen, en as ek dan toevallig 'n kaartjie het, die rugby gaan kyk. Dis 'n klomp toevallighede wat sal moet saamspeel, waarvan die een waaroor ek die minste beheer het die rugby kaartjie is. So nou gaan ek maar net skaamteloos vra: as jy 'n kaartjie het, of kan kry, of weet van iemand wat een het, en dit vir my wil gee, laat weet my. Ek weet my kanse is kleiner as om die Romeense lotery te wen, maar dit kos niks om te vra nie (anders as die Romeense lotery).

Wednesday, October 25, 2006

Ons is populêr

Hierdie maand in Popular Mechanics (November uitgawe):
... off to Stellenbosch, where a team of young and distinctly clever scientists and technicians at SunSpace has designed and assembled a satellite destined for launch from a Russian submarine in December. Our visit to SunSpace provided us with a close-up look at the spacecraft dubbed SumbandilaSat, and a refreshing insight into its builders’ can-do attitude. Read “Going ballistic”, and be proud.
Ek wil nie aanstoot gee aan my vriende met Naspers konneksies nie, maar dis sommer baie cooler as om in Die Burger te verskyn (alhoewel my Ouma waarskynlik nie saamstem nie).

Tuesday, October 24, 2006

A Brazillion

Donald Rumsfeld goes into the Oval Office to give the president the latest casualty statistics from Iraq. “A Brazilian was killed today,” he tells his boss.

Dubya looks devastated: “Oh no, that’s awful,” he cries. “Er, how many’s a brazillion?”

Monday, October 16, 2006

Wat ek die naweek gedoen het

- Pool-gobler tipe ding in die swembad geinstalleer (dit suig al die blare en blommetjies en stuff wat bo-op dryf in). Dit werk soos 'n bom, nou is ons swembad so na aan onderhoudsvry as wat mens kry.
- Ons gras gesny.
- Die pomp wat water uit die rivier pomp reg gemaak en ons tuin deurnat gepomp met rivierwater.
- Geswem in die swembad (24 grade celsius danksy die sonverhitting)
- Gebraai
- Rugby gekyk
- NIE gewerk NIE

Friday, October 13, 2006

Wraak, vergifnis

Do Kwang se post oor straf en boosheid het my laat dink aan 'n storie wat ons dominee (Breda Ludik) nou die dag vertel het in 'n diens wat gegaan het oor vergifnis. In my eie woorde, en soos ek dit onthou het dit so iets gegaan:

By die WVK se publieke biegsessies in die jare 90 het daar 'n polisieman getuig dat hy is as jong polisieman gestuur is om 'n jong swart man te vermoor. Hy het toe so gemaak en het hy wil nou aan die ma sê hy is jammer en vra om vergifnis. Die hoof van die biegsessie het toe aan die vermoorde man se ma gevra of sy iets wil sê. Sy sê toe sy wil een ding van die polisieman hê:
Sy het nou al vir jare nie meer 'n seun nie, en sy wil hê hy moet nou haar seun word. Hy moet vir haar kom kuier en bel om te hoor hoe dit gaan en alles doen wat 'n seun vir sy ma sal doen. En sy sal hom dan aanneem as haar seun en hom liefhê as haar seun. Sy kan die wrok en haat bly dra oor haar vermoorde seun, maar as sy hom vergewe kry sy weer 'n seun.

Wat sal gebeur as die mensdom NOU uitgewis word

Volgens The Times:

Thursday, October 12, 2006

Wat gebeur as jy NOU ophou rook

  • In 20 minutes your blood pressure will drop back down to normal.
  • In 8 hours the carbon monoxide (a toxic gas) levels in your blood stream will drop by half, and oxygen levels will return to normal.
  • In 48 hours your chance of having a heart attack will have decreased. All nicotine will have left your body. Your sense of taste and smell will return to a normal level.
  • In 72 hours your bronchial tubes will relax, and your energy levels will increase.
  • In 2 weeks your circulation will increase, and it will continue to improve for the next 10 weeks.
  • In three to nine months coughs, wheezing and breathing problems will dissipate as your lung capacity improves by 10%.
  • In 1 year your risk of having a heart attack will have dropped by half.
  • In 5 years your risk of having a stroke returns to that of a non-smoker.
  • In 10 years your risk of lung cancer will have returned to that of a non-smoker.
  • In 15 years your risk of heart attack will have returned to that of a non-smoker.
Oorspronklike artikel hier te kry.

Tuesday, October 10, 2006

Grabouw kitskos resensies

Aangesien ons die laaste paar weke 2 etes per dag by Grabouw se verskeidenheid kitskosplekke ge-eet het, voel ek dat ek nou genoeg inligting het om 'n paar te resenseer. In volgorde van beste na swakste:

1. Thandi Farm Kitchen - 4 sterre
Nuwe padstal, 'n kilometer of 2 na die Paul Cluver afdraai, aan die linkerkant (as mens van die Kaap af kom). Hulle kos is baie lekker, die spyskaart het 'n redelike verskeidenheid, die diens is baie vriendelik en die pryse redelik. Wegneem-etes is goedkoper as die op die aansit spyskaart, en die porsies is redelik goed. Hulle is ook die naaste van al die plekke van ons werkplek af. Wat teen hulle tel is dat hulle nie in die aand oop is nie (hulle is 'n padstal, mens verwag dit nie, maar ons moet nog steeds eet in die aand). Ek beveel hulle tamatiebredie sterk aan, en hoor die tuisgemaakte pasty met chips is ook 'n wenner.

2. Pizza plek langs K.F.C. (Pizza Palace?) - 3 sterre
Die pizzas is nogal lekker, en smaak soos iets wat 'n tannie tuis in haar kombuis gemaak het. Die spyskaart het 'n paar wenners, soos een met anchovies, ham, sampioene en olywe. Oppas net vir die olywe, hulle het nog hulle pitte in. Behalwe vir K.F.C. die enigste ander plek wat oop is vir aandete wegneem. Gunstelinge : bostaande anchovies een, en die hoender-mayo een. (Hoekom het ons nie al meer hier ge-eet nie wonder ek nou?)

3. Grabouw K.F.C. - 2 1/2 sterre (kon 3 gewees het as ons nie al so baie daarvan ge-eet het nie)
Tot dusver het ons meer as die helfte van die aande hier kos gekoop, maar mens kan ook net soveel vetterige hoender eet voor jou hart gaan oppak (en jy verveeld raak van die spyskaart met 3 opsies). Die diens is redelik vriendelik, hulle is een van 2 plekke wat oop is in die aand, en hulle is die vinnigste opsie. Gunsteling ete : Sweet chilli twister, upsized.

4. Peregrine - 2 sterre
Vreeslik duur, baie toeriste, maar nog steeds die lekkerste mosbolletjie en springbokpies in die Wes-Kaap.

Monday, October 02, 2006

Pienkmaand

Vir die wat opgelet het dat die blog nou effens meer pienk is, dit het niks met die naam te doen nie. Ook het ek nie besluit om uit die spreekwoordelike kas te kom nie. Nee, dis omdat Oktober borskankerbewustheidsmaand (is dit rerig een woord?) is. 'n Hele klomp ander websites gaan pienk hierdie maand, en dis alles vir 'n baie goeie doel. Volgens die dept. van gesondheid is die sleutel om dit vroeg te identifiseer. Ek belowe ek gaan my bes doen om dit te identifiseer waar ek kan.