Thursday, September 21, 2006

Wat nou gemaak?

Ek bel vandag om blyplek te bespreek in Addo vir ons Oos-Kaap ekskursie, net om te hoor dis vol! Dis nog 6 weke voor die tyd, dis nie in die skoolvakansie nie, en reeds is dit vol! Op 'n sekerre vlak is dit nogal goeie nuus, want dit beteken seker dat toerisme goed doen, en dus werk skep. Maar waar moet ek en die vroutjie nou bly as ons wil gaan grootvoete kyk? Enige voorstelle vir oulike blyplekke daar naby, asook ander oulike plekke om te besoek in die area sal waardeer word. Maeree het al 'n paar goeie voorstelle gemaak, maar spesifieke blyplekke se name sal waardeer word. Die plan is vir so 2 nagte in Addo, en dan 2 nagte elders. Die res van die tyd word in P.E. spandeer.

5 comments:

Anonymous said...

Dick
Ek dink Koos Kombuis het in 1994 voorspel dat daar lewe ontdek sal word op PE in 2006.

Rapporteer asseblief terug en se of daar enigeiets aangaan op PE.

maeree said...

grrr, scallywag. daar's baie lewe in pe. mense spot net omdat dit van die dozi/pink krullers variasie is.
is die tentplekke in addo ook vol?
gaan julle nieu bethesda toe?

Do Kwang said...

Woes, woester, PE!

Pienk Zuit said...

Anoniem, ek sal terugrapporteer sodra ons terug is, op die 12de November.

maree, tent- en karavaanplekke is daar nog, maar ons vlieg op PE toe, so 'n klomp kampeertoerusting saamvlieg is nie prakties nie (veral nie aangesien ek my gholfstokke gaan saamvat nie). Nieu Bethesda is nie spesifiek op die plan nie, maar kan maklik wees, want daar is nie eintlik 'n plan nie. Wat is daar om te sien?

maeree said...

daar is groot klompe niks om te sien op nieu bethesda. wonderlik! mens kan voel hoe die ooptes jou beendere skoonmaak.
dan is daar ook heleen martins se uilhuis (www.owlhouse.co.za), die mees aangrypende plek wat ek in my lewe nog besoek het. moeilik om te beskryf van sement wat lewe en 'n huis wat vreesaanjaend asemhaal. maar jy kan haar desperate soeke na skoonheid en vryheid voel. (kyk vooraf die fliek "road to mecca".)
en route is daar graaff-reinett se vallei van verlatenheid, fotograwe se droom. (http://www.karoopark.co.za/valley.html)
God se handpalms, daai wêreld.
addo kan dagtrippies van pe af wees, veral met die nuwe hek.