Saturday, September 09, 2006

Voorbeeld van joernalistieke etiek

As antwoord op Maeree se vraag, hier is 'n goeie voorbeeld van 'n artikel wat met die nodige joernalistieke etiek geskryf is.

11 comments:

Willem said...

Ek het die afglope naweek weer met mense wat destyds bu Houteq gewerk bhet gepraat oor die SA missiel en sattelliet program. Ek het soms so lus om die storie oor die missiele van voor af neer te skryf.

Pienk Zuit said...

Willem, dis 'n baie interessante storie, ek het al self gedink iemand moet 'n boek daaroor skryf. Die wêreld moet weet hoe die Amerikaners ons benadeel het op die ou end.

Die huidige hoostuk is ook nogal interessant, en sal hopelik in die toekoms selfs meer interessant word.

Lammervanger said...

Rick jy weet dat my oom op daai einste projek gewerk het - ek is seker daarvan hy sal vir jou interessante staaltjies kan vertel.

Pienk Zuit said...

Hier werk ook 'n paar mense wat daar betrokke was, ek het al van daardie staaltjies gehoor.

maeree said...

ek is bekommerd. baie bekommerd. ek lees: "Om naby Sumbandila te kom moet jou hare, liggaam, hande en voete in spesiale beskermende klere bedek word." maar nie een van die persone op die foto se hande is bedek nie! oh noooo! all is lost!
beteken dit jy's 'n regte egte rocket scientist? dan ken ek nou vier!

Pienk Zuit said...

maeree, in daardie sin het die joernalistieke etiek dalk 'n bietjie geglip. Ek het gewonder of iemand dit sal raaksien. Handskoene is wel nodig om aan hom te raak, enigsins. Vir die (baie kunsmatige) foto het ons nie handskoene aangetrek nie.

Waar werk die ander 3? Dalk ken ek hulle.

maeree said...

ene werk vir nmmmu, ander ene vir 'n maatskappy waaroor hy nie praat nie en die ander ene surf.

Do Kwang said...

Ek is 'n rocket scientist. As ek genoeg gedroogde piesangskille geeet het, kan ek die aarde met een poep uit sy wentelbaan uit skiet. (die vreugdes van irritable bowel syndrome)

Pienk Zuit said...

Skielik wil almal Rocket Scientists wees, nou dat chicks dit dig. Voorheen was ons nerds die uitgeworpenes, nou wil almal een wees!

Willem said...

Ons moet praat oor die boek. Ek weet tot watter musiek by die RSA2 se lansering gespeel is en van hoe daar met lewendige plofkoppe op SAL gevlieg is!

Lammervanger said...

Ek dink SAL het nogal gebuk vir die Republiek in daai tyd. Die arme Helderberg. Daar was 'n makker wat saam met my gewerk het op 'n tyd wat die week voordat die Helderberg geval het, op daai selfde vlug was. Ek dink dat selfs dit genoeg was om hom 'n ligte graad van post-traumatiese skok te gee.