Friday, September 01, 2006

ESP

As jy verstom wil word, gaan na hierdie bladsy en doen die toets. Ek kan amper waarborg dat hy sal reg raai. Na jy dit gedoen het, probeer bietjie vir my verduidelik hoe hy dit regkry. Prys is 'n ete vir 2 by Mamma Roma's in Somerset-Wes. Inskrywings sluit Maandag 4 September om 17:00, S.A.-tyd.

9 comments:

Do Kwang said...

Dit is absoluut spooky.
Hoe doen hy dit?

bloute said...

effe spooky, ja! tot jy dit uitfigure...

*spoiler follows*







Watter kaart jy ookal kies, hy sal nie op die volgende skerm verskyn nie, want al die kaarte is anders op die tweede skerm...

redsaid said...

Wow... ek't alles probeer (dit nie hardop gese nie, nie daarna gekyk nie, ens.) maar dit was elke keer korrek!

Ek dink daar's dalk iets aan die kaarte wat nie met die blote oog gesien kan word nie (soos dat dit bietjie meer uitstaan as die ander, of so iets, om mens te 'entice' om dit te kies... soortgelyk aan subliminal advertising, etc.) en dat dit dan elke keer verander (of nie, in die geval wanneer mens dieselfde kaart twee maal kies) wanneer mens die bladsy refresh. Wat dink julle?

Mmmm... Mama Romas. Is jy by die prys ingesluit? *Grinnik.*

gm said...

Bloute is reg. Mense kyk duidelik nie na die details nie...

Pienk Zuit said...

bloute, goed gedoen. Dis omdat mens so hard konsentreer op jou kaart dat jy nie die ander sien of onthou nie. Jou prys het ongelukkig verval aangesien Mamma Roma's in SS-Wes toe gemaak het.

Redsaid, dit beantwoord dan soortvan jou vraag ook.

redsaid said...

HAHAHAHAHAHA! En hier kom ek met al my subliminal nonsens! Praat van om altyd alles te probeer meer gekompliseerd maak as wat dit is!

Knap gedaan, Bloute!

Sjoe, wanneer het Mamma Roma's toegemaak? Dis nogal hartseer!

maeree said...

hahaha. gaan kyk bietjie na mense se kommentaar op die explanations page. my gunsteling:
Quantum mechanics may permit synchronicity of thought and computer software. I suggest that, on the quantum level, you were able to predict the card I selected even before I selected it. It is also possible that my brainwaves may influence your software. Although this seems far-fetched, we know that brainwaves are detectable with SQUID (superconducting quantum interference devices.)

bloute said...

So die prys het verval nog voor die kompetisie gesluit het? Haai, dis mos nou nie mooi nie. Maar nouja, ken nie vir Mamma Roma's nie, so ek sal myself troos met die moontlikheid dat die petrol Somerset-Wes toe dalk duurder as die maaltyd sou wees :)

silwerminter said...

Ja, so toe val ek daarvoor selfs nog nadat ek myself se om seker te maak dat hulle nie my kaart se kleur omruil of my 'n ander slinkse streep probeer trek nie.

As jy egter wel lus is vir strepe trek en 'n kans wil he om musikale geskiedenis te maak EN geld vir 'n goeie doel te skenk, maak gerus 'n draai hier ... www.gethasselhofftonumber1.com

Maak seker om ook die video uit te check.

(Nota - ek het hierdie erens raak gelees op die net - ek hoop nie dit was op iemand anders se blog nie, maar ek dink amper nie so nie - indien dit egter wel die geval was beloof ek egter om die saak reg te stel deur die betrokke individu te vergoed met 'n ete vir twee by Mama Roma's in Somerset Wes.)

P.S. - Ek het nou die dag die Ware Jakob "Kit" hier in my hometown gesien cruise - nes hy op TV gelyk het met die rooi lig en als.
Lyk nie nou meer so cool soos hy destyds gelyk het nie, maar gelukkig kans mens ook dieselfde se van leg-warmers, stonewashed jeans en Bros.
Ek is egter nog steeds innig dankbaar vir een van my vriende se ma's wat ons die dag Tyger Vallei toe geneem het om Kit in lewende lywe te sien. Dit was toe 'n twice in a lifetime gellentheid.)