Wednesday, September 13, 2006

Eerlike vliegtuig afkondiging

Daardie afkondiging wat die hooflugkelner (is die die regte woord?) maak voor jou vliegtuig opstyg, raak vinnig vervelig as mens baie vlieg. Baie daarvan is ook nie heeltemal waar nie. Hierdie artikel het 'n voorbeeld van hoe so 'n afkondiging sal klink as hulle 100% eerlik was. Hoogtepunte:
Please switch off all mobile phones, since they can interfere with the aircraft's navigation systems. At least, that's what you've always been told. The real reason to switch them off is because they interfere with mobile networks on the ground, but somehow that doesn't sound quite so good.
en
In fact, do not bother to look for it [life-jacket] at all. In the event of a landing on water, an unprecedented miracle will have occurred, because in the history of aviation the number of wide-bodied aircraft that have made successful landings on water is zero.

6 comments:

Do Kwang said...

My gunsteling is "In the event of an emergency, assume the brace position", waar hulle jou wys hoe jy ingeval van 'n crash oor jou eie skoot dubbel moet vou met jou arms oor jou kop gevou. Dit doen niks om jou dood meer onwaarskynlik te maak nie, maar dit sorg wel dat jou kakebeen nie so erg gecrush word as jy vergruis word nie - en dan kan hulle jou makliker aan hul dental records uitken, spaar vir die lugdiens bietjie moeite.

maeree said...

laat my dink aan een van die beste flieks ooit, fight club, waar hulle daardie pamflette met die uitdrukkinglose mense verander met gillende figure.

Marissa said...

Jy kan in die beskrywing van jou blog iets bysit soos "Hy draai nie doekies om nie".
En die woord is "hoofvlugkelner".

Lammervanger said...

Of hoe 'n mens, net nadat die vliegtuig 'n berg in digte mis getref het teen 900km/h, asseblief kalm moet bly en nie op die bewegende dele van die vlerk moet trap as jy by die nooduitgang uitrol nie.

Willem said...

ek vlieg deesdae so twee keer 'n week .... ek wil nie bang wees nie!

Voetstoots van Tonder said...

ja, daar's baie leuens op die vliegtuie - en ekself het al heelparty kere my foon aanvergeet... my gunsteling was net mooi hierdie week: 'n kennisgewing bokant die toilet op American Airways wat se: "Discarding other than toilet tissue in the toilet can cause external leaks and create a safety hazard" - wat my toe mos laat dink het: as dit dan waar is, kan dit tog seker lei tot 'n nuwe plan vir terroriste, naamlik as hulle bv. net 'n kopie van die vliegtuig se tydskrif of 'n ou t-hemp afspoel?