Tuesday, September 19, 2006

Arrrr, ye be talkin to me ye scallywag? Arrrr!


Vandag is die internasionale "praat soos 'n seerower "-dag. Rerig! Daar is selfs 'n oulike S.A. weergawe ('n bemarkingspoging van Virgin Mobile, maar tog oulik). So gaan lees hoe en gebruik jou kans om te roof, plunder en drink. Of ten minste om te praat soos iemand wat bogenoemde doen.

Dit het my ook laat dink; dalk moet daar meer sulke dae wees. Wat van 'n nasionale "praaaat sooooos 'n manakwalanner"-dag? Hulle kan dit laat saamval met die Calvinia Vleisfees.

4 comments:

Do Kwang said...

hei pienk! sukkel jy ook met blogger vandeesweek? ek kan omtrent niks post of enigiets nie

Pienk Zuit said...

Nie wat ek agter gekom het nie. Ek oorweeg dit egter om maar op te hou vir eers, dis nou baie stil in die deel van die blogosfeer wat ek gereeld lees. Dit voel bietjie alleen, en nie baie mense lees meer hier nie.

Waar is almal, het hulle aanbeweeg of was dit 'n fad soos pedalpushers? Ek voel bietjie soos daardie mense wat 8 jaar in 'n koshuis bly, almal wat hulle geken het, het al aanbeweeg. En dis te veel moeite om die nuwe mense te leer ken.

So dalk moet ek maar 'n laaste post maak en klaar kry.

maeree said...

neeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Pienk Zuit said...

Ag ok maeree. Al is dit dan net sodat ons hierdie virtuele vriendskap kan voortsit.