Saturday, September 30, 2006

Soundtrack for a satellite

Ons het voorstelle nodig vir musiek om te speel terwyl ons aan die satelliet werk. Vandag is ons playlist:

Moby - Play
Depeche Mode - Ultra
Coldplay - X&Y, A Rush of Blood to the Head
Alanis Morissette - Socalled Chaos

Dit gaan baie vinnig nie meer goed genoeg wees nie, so wat anders kan jy voorstel? Ons soek upbeat tipe musiek (om die mood te lig na lang ure en min slaap), en bonuspunte sal gegee word as dit inpas by die tema.

Friday, September 29, 2006

Wednesday, September 27, 2006

Waar ek hierdie maand werk.

Tekens waar ek hierdie maand werk:

Redelik duidelik wat hier binne gebeur. Hierdie week is 2de van bo aan die beurt.

Die alarm het gelukkig nog nie gelui nie.

Moet ek rerig weet wat AL hierdie tekentjies beteken?

Hierdie week se werkplek.

C.C. van Dyk het op 'n tyd hier parkeer, voor die son sy naam van wit na blou verander het.

Monday, September 25, 2006

Werksbreek


Hierdie is hoe ek (soms) gaan aantrek vir die volgende 4-5 weke, terwyl ons SumbandilaSat se finale toetse by Houwteq doen. Dit beteken egter dat ek nie vreeslik baie hier gaan kan uitkom nie, so dit mag dalk bietjie stil wees. Moet egter nie dinkdat jy jou nou mag wangedra nie, want die Pienk Zuit is orals, en hy hou rekening van alles wat jy doen. So gedra jou soos 'n gentleman ten alle tye, en pasop vir die Oertel.

Thursday, September 21, 2006

Wat nou gemaak?

Ek bel vandag om blyplek te bespreek in Addo vir ons Oos-Kaap ekskursie, net om te hoor dis vol! Dis nog 6 weke voor die tyd, dis nie in die skoolvakansie nie, en reeds is dit vol! Op 'n sekerre vlak is dit nogal goeie nuus, want dit beteken seker dat toerisme goed doen, en dus werk skep. Maar waar moet ek en die vroutjie nou bly as ons wil gaan grootvoete kyk? Enige voorstelle vir oulike blyplekke daar naby, asook ander oulike plekke om te besoek in die area sal waardeer word. Maeree het al 'n paar goeie voorstelle gemaak, maar spesifieke blyplekke se name sal waardeer word. Die plan is vir so 2 nagte in Addo, en dan 2 nagte elders. Die res van die tyd word in P.E. spandeer.

Tuesday, September 19, 2006

Arrrr, ye be talkin to me ye scallywag? Arrrr!


Vandag is die internasionale "praat soos 'n seerower "-dag. Rerig! Daar is selfs 'n oulike S.A. weergawe ('n bemarkingspoging van Virgin Mobile, maar tog oulik). So gaan lees hoe en gebruik jou kans om te roof, plunder en drink. Of ten minste om te praat soos iemand wat bogenoemde doen.

Dit het my ook laat dink; dalk moet daar meer sulke dae wees. Wat van 'n nasionale "praaaat sooooos 'n manakwalanner"-dag? Hulle kan dit laat saamval met die Calvinia Vleisfees.

Wednesday, September 13, 2006

Eerlike vliegtuig afkondiging

Daardie afkondiging wat die hooflugkelner (is die die regte woord?) maak voor jou vliegtuig opstyg, raak vinnig vervelig as mens baie vlieg. Baie daarvan is ook nie heeltemal waar nie. Hierdie artikel het 'n voorbeeld van hoe so 'n afkondiging sal klink as hulle 100% eerlik was. Hoogtepunte:
Please switch off all mobile phones, since they can interfere with the aircraft's navigation systems. At least, that's what you've always been told. The real reason to switch them off is because they interfere with mobile networks on the ground, but somehow that doesn't sound quite so good.
en
In fact, do not bother to look for it [life-jacket] at all. In the event of a landing on water, an unprecedented miracle will have occurred, because in the history of aviation the number of wide-bodied aircraft that have made successful landings on water is zero.

Farnborough Air Show

Anders as Voetstoots se teleurstelling met die Notting Hill Carnival, sal die Farnborough Air Show jou nie teleurstel nie. Dis die grootste lugskou ter wêreld, en selfs al weet jy niks van vliegtuie af nie sal jy dit geniet.

Red Arrows

Supermarine Spitfire - Hierdie klein vliegtuigie was grootliks verantwoordelik vir die feit dat ons nie nou Duits praat nie.
SAL se vertoning
Harrier hang doodtil op een plek.

Al hierdie fotos is geneem tydens die 2004 Farnborough Airshow.

Saturday, September 09, 2006

Voorbeeld van joernalistieke etiek

As antwoord op Maeree se vraag, hier is 'n goeie voorbeeld van 'n artikel wat met die nodige joernalistieke etiek geskryf is.

Friday, September 08, 2006

I wish I was a punk rocker

1 September was loslitdag, en aangesien ons maar redelik loslit aantrek elke dag van die jaar hier waar ek werk, het ons besluit om vir funky hare te gaan. My skepping vir die dag:

Photobucket - Video and Image Hosting

Photobucket - Video and Image Hosting

Tuesday, September 05, 2006

Gratis Afrikaanse proefleser / Free Afrikaans Spellchecker

As jy moeg is daarvoor dat Microsoft Word nie jou Afrikaanse dokumente kan proeflees vir spelfoute nie, in elk geval nie sonder om 'n belaglike bedrag geld te betaal vir 'n Afrikaanse proefleser (spellchecker) nie, gebruik eerder Open Office. Open Office is 'n gratis teenvoeter vir Mirosoft Office, en werk net so goed, indien nie beter as MS Office nie (het ek genoem dat dit verniet is?). Dit kan MS Office lêers oopmaak en stoor, en daar is selfs 'n gratis Afrikaanse speltoetser beskikbaar. Jy kan OpenOffice hier aflaai, en die Afrikaanse proefleser hier. Installeer eers OpenOffice, en dan kan jy die proefleser as volg installeer:

Kort weergawe:
1. Maak OpenOffice Writer oop.
2. File -> Wizards -> Install new dictionaries.
3. English.
4. "Start DicOOo"
(5+6). Click op "Off-line language pack installation". Click op browse en kies die Afrikaanse proefleser leêr (myspell-pack-af-ZA-20060117.zip) wat jy afgelaai het. Click op Open.
7.Next
8.Next
9.Next
10.Next
11.Next
12.Finished.

Lang weergawe:
1. Maak OpenOffice Writer oop.
2. Click op File -> Wizards -> Install new dictionaries

3. Die bladsy wat oopmaak het 'n lys tale om uit te kies. Afrikaans is nie daar nie, maar moenie worry nie, dis net die taal waarin die installasie program jou vrae gaan vra, so jy kan Engels kies.
4. Dit sal jou laat spring na 'n bladsy met 'n groot knoppie waarop "Start DicOOo" staan. Click daardie knoppie.
5. Op die venster wat dan verskyn, click in die "Off-line language pack installation" blokkie (aangesien jy reeds die Afrikaanse language pack afgelaai het).
6. Click op Browse langs die "Select a languiage pack" blokkie en gaan na waar jy die Afrikaanse language pack afgelaai het (myspell-pack-af-ZA-20060117.zip) . Kies dit en click op "Open".
7. Click dan op Next op die Wizard se venster.

8. Nou kan jy die taal kies van die proefleser wat jy wil installeer, en Afrikaans behoort die enigste een op die lys te wees. Kies dit en click op Next.

9. Die volgende skerm is leeg, want dit is 'n spesiale "hyphenation" woordelys, iets wat die Afrikaanse lys huidiglik nie het nie. Click net weer op Next.
10. Volgende kies mens die thesaurus se taal, weereens leeg vir die Afrikaasne lys. Click op Next.
11. Die laaste skerm lig jou net in wat nou gaan gebeur, naamlik dat die woordelyste nou geinstalleer gaan word. Click op Next.
12. Sodra dit claar is, click op Finish.
Nou kan jy jou Afrikaanse dokumente proeflees:

1. Maak seker die woordeboek is geinstalleer:

Tools -> Options -> Language Settings -> Writing Aids

In die afdeling 'Available language modules' kies 'Edit...'. Kies Afrikaans en maak seker dat 'OpenOffice.org MySpell SpellChecker' gekies is.

2. As jy meestal in Afrikaans skryf kan jy die verstek (default) taal Afrikaans maak:

Tools -> Options -> Language Settings -> Languages

Kies Afrikaans.

3. Om vir die proefleser te sê dat 'n sekere stuk teks in Afrikaans geskryf is, selekteer die teks (Ctrl-A selekteer die hele dokument) en dan:
Format -> Character...
Verander die taal na Afrikaans.
Jy sal dit moet doen met vorige dokumente wat jy geskryf het en gestoor het, aangesien hulle toe waarskynlik met die taal as Engels gestoor is.

Nou kan jy die proefleser gebruik soos gewoonlik.

Travelstart

Travelstart is waarskynlik een van die nuttigste webwerwe in Suid-Afrika. Jy tik in tussen waar en waar jy wil vlieg, en dit spoeg dan vir jou 'n lys van die goedkoopste opsies uit. Hulle soek selfs op Kulula en 1Time se websites, so jy weet jy gaan die goedkoopste tarief kry. As jy eers jou kaartjie het kan jy daar soek vir goedkoop verbly ook.

Die webwerf is vinnig, maklik om te gebruik en eenvoudig. Nou is daar gelukkig geen rede meer vir my om van onbehulpsame reisagente gebruik te maak nie!

Monday, September 04, 2006

Jaarringe


Lammervanger se 30ste jaarringviering het saamgeval met die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in die Royal Bafokeng stadion. Geluk ou maat.

Friday, September 01, 2006

ESP

As jy verstom wil word, gaan na hierdie bladsy en doen die toets. Ek kan amper waarborg dat hy sal reg raai. Na jy dit gedoen het, probeer bietjie vir my verduidelik hoe hy dit regkry. Prys is 'n ete vir 2 by Mamma Roma's in Somerset-Wes. Inskrywings sluit Maandag 4 September om 17:00, S.A.-tyd.