Thursday, August 03, 2006

Twee Oseane

Die mense by Kaap Agulhas die twee oseane kom daar bymekaar.

Ek het egter van kleins af gehoor dat dit by Kaappunt bymekaarkom.Daar moet tog immers 'n rede wees dat die Twee Oseane marathon se naam is wat dit is. En dat daar 'n Trivial Pursuit vraag is "What is the only city in the world where you can swim in two different oceans at the city's beaches?", met Kaapstad as die antwoord.

Tog moet daar 'n rede wees dat die mense van L'agulhas dit by hulle wil laat gebeur. Dalk is die geld wat hulle maak uit die uiterstepunt-van-die-kontinent-besoekers nie genoeg nie, en dalk is daar nog vreeslik baie geld te maak uit mense wat obsessief daaroor is om al die punte te besoek waar oseane bymekaar kom.

As jy eendag, egter om watter rede ook al, jouself bevind in L'agulhas op soek na 'n eetplek, gaan eet hier:

En as dit daardie dag op die spyskaart is, eet die mossels.

20 comments:

Marissa said...

Ek is ook onder die indruk dat die oseane bymekaarkom by Kaap Agulhas. En is dit nie snaaks hoe ALMAL wat daarheen gaan, 'n foto het waar hulle poseer by die "Indian Ocean" / "Atlantic Ocean" tekens nie?

bloute said...

Ek dink Agulhas is die amptelike ontmoetingspunt, maar sienende dat jy kan lekker swem in Strand en Gordonsbaai, maar doodvries in Blouberg, maak Kaappunt 'n bietjie meer sin. Ek dink ook Kaappunt is die meer algemeen aanvaarde punt, so ons kan dit maar so bemark ;)

rondloper said...

Ek dink ook Agulhas is die regte ontmoetingsplek, ek dink die Kaap gebruik dit bloot as bemarkingstruuk. Nie dat hy dit nodig het nie!

Lammervanger said...

Ek dink Kaappunt het vir Agulhas beroof. Soos daai jaar wat die Stormers besluit het om swart te dra en sodoende die Sharks se Men-in-Black ding te steel. Of soos die een Goodyear broer wat die rubber-resep by die ander een gesteel het. Die een het Goodyear begin en die ander een het in armoede geleef. As ek by Sydney swem, swem ek in die Stille Oseaan.

Rendier said...

Alhoewel die oseane tegnies by Kaap Aghulas behoort te ontmoet, is die warm Mosambiek seestroom heelwat sterker as die koue Benguela seestroom. Wanneer mens na die see oppervlak temperatuur kyk in Suid-Afrika, kan mens duidelik sien dat Aghulas se claim to fame meerendeels by die Suidste punt van Afrika stop. Ek het 'n fototjie op my blog geplaas. http://rendierm/blogspot.com

maeree said...

ek ken 'n agulhas grappie:
jannie moet 'n gediggie voordra in die klas:
jannie: "agulhas agulhas die water kom tot by my knieë."
juffrou: "maar jannie, dit rym dan nie."
jannie: "maar juffrou, dis laagwater."
sedert ek hierdie grappie gehoor het, kan ek nooit weer die naam agulhas met 'n straight gesig sê nie.
btw, voel vry om hierdie comment te delete.

Pienk Zuit said...

Bwahahaha! Delete?! Dis die beste grappie wat ek hierdie maand gehoor het, ek sal dit vir seker nie delete nie.

Anonymous said...

moet saam stem ek het n tydjie gevat om in my naiwiteit die agulhas grappie uit te werk, maar nou het ek hom.

Beste grappie van die maand, ek stem Pienk Zuit!

Groete
KLAGAT

dorothy said...

i don't get it??

rondloper said...

Ek moes ook eers dink daaroor, maar nou lag ek saam!

Anonymous said...

DANKIE rondloper, dit is darem nie net ek wat so bietjie stadig is nie!!

groete
Klagat

Pienk Zuit said...

Dorothy - Wat van Jannie is hoër as sy knieë en rym met Agulhas?

bloute said...

Hierdie is 'n boodskap aan die eienaar van die blog - delete hom gerus as jy klaar gelees het.

'n Webring vir Afrikaanse blogs is dalk aan die kom - gaan asseblief na http://afrikaansewebring.blogspot.com/ vir meer inligting.

Marissa said...

Ek verstaan steeds nie die grappie nie.

Anonymous said...

PIENK ZUIT

SAL jy asseblief op jou eie blog vir die mense se wat rym met Agulhas. Ek kan my nie kry om so kras op jou blog te wees nie.

groete
KLAGAT

dorothy said...

oh ok - i still don't know the appropriate afrikaans word but i get the idea and ja :D that's VERY funny :):)

Pienk Zuit said...

Ag ok. Ek is nie gewoonlik 'n kru mens nie, maar hierdie grappie is snaaks en werk net as jy weet Agulhas rym met ballas.

Ai tog, en net nou die dag het ek agtergekom daar is 'n dominee wat nou en dan hier lees.

Ûž Zorgus Prime Ûž said...

I think you need a taller tripod

Freddy said...

Sjoe, nes ek my rug vir n rukkie draai, kom julle na vore met oulike rympies.

Dis nou 'n mooi gebalaseerde blog.

maeree said...

"gebalaseerd" pwhahahaha. tehehehehe.