Wednesday, August 30, 2006

Plagiaat of kleinhandel?

Vir my 100ste post, 'n vraag oor moderne joernalisme. Wat is deesdae plagiaat? Is dit aanvaarbaar om 'n artikel woordeliks van 'n ander bron af te plaas, sonder om die ander bron krediet te gee? Werk dit anders as die bron een van die nuusagentskappe (nuus groothandelaars) soos AFP of Reuters is? Is dit dan maar net kleinhandel in iemand anders se nuus wat aangekoop is? Hier is 'n voorbeeld.: Dieselfde artikel verskyn op News24, IOL en Mail and Guardian Online. Net M&G wys dat die artikel van AFP af kom.

Kleinhandel of plagiaat?

8 comments:

Do Kwang said...

Al die koerante wat ek ken, het die beleid om aan te dui by watter nuusdiens hulle die storie gekry het. Dit is ook Media24 se beleid, en News24 behoort dit aan te gedui het.

rondloper said...

Dit is ongetwyfeld plagiaat. As jy nie die berig erken nie, aanvaar die leser jyself (die spesifieke koerant) het die artikel self geskryf. In die ou dae, toe ek nog 'n jong joernalis was, het ons baie min bylines gekry, slegs as jou artikel baie goed was. Die res is naamloos gepubliseer, want die bron was tog 'Beeld' (in my geval). Dis wel erger as jy 'n artikel woordeliks vertaal en dan jou eie naam daarbysit, dis moontlik dat hierdie artikel waarna jy verwys dalk net 'n 'glips' was (in verskeie publikasies).

Lammervanger said...

Wat is 'n byline?

Pienk Zuit said...

Dan gebeur daar darem vreeslik baie glipse in die SA media deesdae. Ek lees nogal baie nuus op die internet, en dan gebeur dit gereeld dat ek daardie selfde berig woordeliks op die radio nuus hoor, of op 'n ander website lees, sonder dat daar genoem word waar dit vandaan kom. Kan mens dit erens aangee as jy sou wou? Of selfs beter, geld maak daaruit :)?

Lambo, ek dink 'n byline is as hulle jou naam by die berig sit (aan die begin of einde).

Willem said...

Loer eers bietjie mooi. AFP is onder aan die News24 berig. Die verskil is dat News24 onderneem het om die logos te gebruik. Net onder die berig is die blou blokkie met AFP.

Pienk Zuit said...

Aaaah, dis wat gebeur as ek my browser sĂȘ om nie prentjies af te laai nie (dis vinniger). Met prentjies aan sien ek IOL en News24 wys die logo. Groot verskoning dan aan beide vir die beskuldiging.

rondloper said...

Die radionuus is egter interessant. Hulle erken byna nooit hul bronne nie. Ja, 'n byline is jou naam by die storie.

redsaid said...

Ek weet ek is laat hierop (soos gewoonlik!). Snaaks genoeg, ek het so pas begin om vir die eerste Suid-Afrikaanse 'gossip site' te skryf. (Gaan kyk asseblief en los vir ons 'n boodskap om te se wat julle daarvan dink: www.jetstreaker.com) Ons 'source' natuurlik ons stories uit ander oorde, maar nooit verbatim, en gee in elk geval altyd krediet. Baie mense reken die web is 'n 'grey area' wat sulke dinge aanbetref, maar die reels aangaande wat plagiaat is, geld nogsteeds! En buitendien, dit bly maar net goeie etiket om krediet te gee.