Thursday, August 17, 2006

Party trick

As jy volgende keer by 'n partytjie is en die lus pak jou beet om iemand daar in die verleetheid te stel, hier is 'n baie paar vrae om vir hulle te vra. Dis vrae is op die oog af heel onskuldig, maar kan baie ontblotend kan wees.

1. Hoeveel keer per week het jy gemiddel seks (sonder om dit hardop te sê)? Tussen 1 en 9, wees realisties!
2. Maal dit met 2
3. Tel 5 by
4. Maal dit met 50
5. As jy al hierdie jaar verjaar het, tel 1756 by, anders tel 1755 by
6. Trek die 4-syfer jaar wat jy gebore is af (bv 1976)

Die persoon behoort nou 'n 3 syfer getal te hê, laat hom/haar dit hardop sê (bv 629). Die eerste syfer is die oorspronklike getal waaraan hulle gedink het (6), die volgende twee is die persoon se ouderdom (29).

Probeer maar self, as jy 'n calculator nodig het, click hier en een sal op pop.

Dit werk natuurlik met enige vraag by punt 1, solank jy net die persoon met die vraag dwing om 'n getal tussen 1 en 9 te kies.

8 comments:

Dai said...

dit was nou 'n baie depressing oefening.....

Voetstoots van Tonder said...

maar se nou maar net die antwoord op die eerste vraag is 0? (shame)

Willem said...

In Indie is alaml syfer mal. Ek gaan dit vanaand probeer toets!

dorothy said...

hey voetstoots - there's nothing to be ashamed about with the number 0.

ok.

nothing. nothing wrong with it all.

:)

what a great exercise...and to think, the formula that this based on is the brainchild of some super mathematicians that spent his life trying to change the world and instead gave us a cool party trick about sex

Krizz said...

Ummm... dit werk nie met 0 nie *hahaha*

Ek wonder weer waarom Pienkes in die voorbeeld die nommer 6 gebruik het... ek dink hy brag bietjie ;-)

arcadia said...

ek haat party tricks.

Do Kwang said...

Dit werk inderdaad nie met 0 nie.

maeree said...

hahaha. jy moet altyd jou leserspubliek in ag neem. dalk moes jy gevra het hoeveel keer per week wil jy seks hê. maar dan't jy weer die probleem van mense wat meer as nege wil sê.
(net vir die rekord, die oefening het gewerk vir my)