Tuesday, August 29, 2006

Onwaarhede in die kombuis

Hier volg 'n paar mites uit die kombuis:
- Vleis wat op hoë hitte verbruin word smaak beter want dit seel die sappe in.
- Koeksoda in jou yskas absorbeer die slegte reuke.
- As jy vleis sout voor jy dit gaarmaak gaan dit taai wees want dit trek die vloeistof uit die vleis.

Almal onwaar. Vir wetenskaplike bewyse dat die bostaande en nog ander onwaar is kan jy op hierdie webblad gaan loer.

Nog 'n paar ouvroustories:
- Kougom neem 7 jaar om te verteer as jy dit insluk.
- Hare groei weliger of donkerder terug na dit geskeer is.
- As jy gaan swem binne 'n uur na jy ge-eet het sal jy krampe kry en verdrink.

Dis seker hoekom Mythbusters een van my gunsteling TV programme is.

8 comments:

maeree said...

sorry, ek is 'n groot snopes fan, maar ek weet vir 'n feit dat hare donkerder teruggroei as dit geskeer/gepluk word. don't ask.

Pienk Zuit said...

Jy kan nie sê so iets is 'n feit en dan sê mens mag nie bewyse vra nie! Bewys!

Dit kan miskien waar wees as die hare ligter geblyk is deur die son voor dit geskeer is.

rondloper said...

En hare groei soms weliger terug ook as dit geskeer is. Ek weet dit ook vir 'n feit.
Wat van die mite dat peper nooit verteer nie en net in jou maag le^ en vrot? Waar of nie?

Lammervanger said...

Dit is wel waar dat as mens 'n stukkie steenkool in jou yskas sit, reuke verdwyn. Feitlik alle molekules adsorbeer (nie te verwar met absorbeer nie) aan koolstof. 'n Goeie idee is dus om jou rivier-drinkwater eers deur 'n sokkie met braaivleiskole te laat loop en dan te kook - dis nou as jy wil oorleef in die bos.

Pienk Zuit said...

Ek sal dan in die vervolg my sak Charka in die yskas bêre. So daar is waarheid in die steenkoolpilletjies wat mens kan drink vir knoffelasem?

Voetstoots van Tonder said...

nog een: 'n teelepel bo-in die oop bottel sjampanje help NIE...

Marissa said...

Het jy al die Mythbusters episode gesien waar die span vir plante musiek speel en met hulle praat om te kyk of hulle dan beter groei?

Pienk Zuit said...

Nee nog nie daai een gesien nie. Ek het ongelukkig nie DSTV nie, so ek het maar nog min gesien. Hopelik kom dit een of ander tyd op DVD uit.