Wednesday, August 30, 2006

Plagiaat of kleinhandel?

Vir my 100ste post, 'n vraag oor moderne joernalisme. Wat is deesdae plagiaat? Is dit aanvaarbaar om 'n artikel woordeliks van 'n ander bron af te plaas, sonder om die ander bron krediet te gee? Werk dit anders as die bron een van die nuusagentskappe (nuus groothandelaars) soos AFP of Reuters is? Is dit dan maar net kleinhandel in iemand anders se nuus wat aangekoop is? Hier is 'n voorbeeld.: Dieselfde artikel verskyn op News24, IOL en Mail and Guardian Online. Net M&G wys dat die artikel van AFP af kom.

Kleinhandel of plagiaat?

Tuesday, August 29, 2006

Slim nerds kan cool wees

John staan op $500 000 in Who Wants To Be A Millionaire. Die aanbieder verduidelik vir hom hoeveel hy nou gaan verloor as hy verkeerd antwoord en hoe ernstig die situasie nou is. Dan kom die vraag:
Which of these US presidents appeared on the TV show "Laugh-in"?
A. Lyndon Johnson
B. Richard Nixon
C. Jimmy Carter
D. Gerald Ford
John vra om sy "phone a friend" lifeline te gebruik (hy het nog al 3 oor op daardie stadium), en bel sy pa. Die aanbieder verduidelik aan sy pa dat sy seun sy hulp nodig het om $1 miljoen te wen en dat die volgende stem wat hy gaan hoor sy seun gaan wees. Dan sê John vir sy pa dat hy nie sy hulp nodig het nie, hy bel net om te sê hy gaan die miljoen wen, want die antwoord is B. Koel soos 'n komkommer.

Kyk maar self:

Onwaarhede in die kombuis

Hier volg 'n paar mites uit die kombuis:
- Vleis wat op hoë hitte verbruin word smaak beter want dit seel die sappe in.
- Koeksoda in jou yskas absorbeer die slegte reuke.
- As jy vleis sout voor jy dit gaarmaak gaan dit taai wees want dit trek die vloeistof uit die vleis.

Almal onwaar. Vir wetenskaplike bewyse dat die bostaande en nog ander onwaar is kan jy op hierdie webblad gaan loer.

Nog 'n paar ouvroustories:
- Kougom neem 7 jaar om te verteer as jy dit insluk.
- Hare groei weliger of donkerder terug na dit geskeer is.
- As jy gaan swem binne 'n uur na jy ge-eet het sal jy krampe kry en verdrink.

Dis seker hoekom Mythbusters een van my gunsteling TV programme is.

Te veel tyd

Daar is mense met te veel tyd:
Star Wars in ASCII

Monday, August 28, 2006

Slowmo inkopies

Die agente van Improv Everywhere het onlangs weer 'n nuwe missie uitgevoer: Stadige aksie inkopies in 'n groot DIY winkel. Ek het al voorheen oor Improv Everywhere geblog.

Funny-ass webcomic

http://xkcd.com/ is 'n webcomic oor "romance, sarcasm, math, and language."

Thursday, August 24, 2006

MM Botha

Hierdie selfportret is een van my gunsteling MM Botha kunswerke. Van sy ander kunswerke kan op sy virtuele gallery gesien word.

Love Jones Ruk-en-Rol!

Kicks van Love Jones kry nogal heelwat lugtyd op radio op die oomblik. Ek hou nogal van die liedjie, en toe ek bietjie op google gaan soek vir Love Jones, kom ek agter hulle is Suid-Afrikaans. Ek raak so opgewonde as ek goeie S.A. musiek wat ek van hou ontdek, dat ek dit met almal wil deel. Love Jones kom van Durban af, en hulle musiek is regtig goed. Ek weet nie hoekom ek nog verbaas is as ek sulke goeie S.A. musiek hoor nie, miskien omdat daar nie eintlik so iets was toe ek op skool was nie. Gaan luister na Love Jones (Kicks hier onder), en as jy daarvan hou, koop die CD. So kan ons hopelik sorg dat meer kwaliteit S.A. musiek gespeel word, en minder Amerikaanse gemors in ons ore af geforseer word.

Upload, print, deliver

Een van die besigheidsidees wat ek nou al die afgelope jaar of twee mee speel, is om 'n webwerf te hê waar mense hulle fotos kan oplaai om te laat druk. 'n Paar dae later kom die fotos dan in die pos. Foto.com is 'n goeie voorbeeld, maar ek soek iets local. Die sleutel sal wees om dit goedkoper te doen as wat jou fotowinkel in die dorp dit kan doen (wat nie moeilik behoort te wees nie), en om jou die moeite te spaar van ingaan dorp toe en parkeerplek soek net om 'n paar foto's te laat druk. Ek ontdek toe onlangs daar is reeds so 'n website in SA : eprints. Hulle pryse is baie billik (R1,40 vir 'n 6"x4" jumbo), en aflewering kos net R9.50 (weeg dit op teen die moeite om in te gaan dorp toe en die hassle van die parking guard). Daar is natuurlik die kwessie van die upload wat jou internet bandwydte vreet, en dus geld kos hier in S.A. danksy Telkom, maar dit sal hopelik nie meer lank so wees nie. (Terloops, ek glo daar is 'n hel, en dis spesiaal vir mense en maatskappye soos Telkom)

Die meeste van my besigheidsidees sentreer rondom 'n diens wat ek van gebruik wil maak, maar nie bestaan nie. Of as die diens wel bestaan maar so swak is dat ek dink ek kan dit beter doen. So ek gee glad nie om om websites soos eprints te ontdek nie, al maak dit my idees een minder. Nou kan ek ten minste goedkoop fotos laat druk.

Gelukig het ek nog baie idees. Weet iemand of daar al 'n webwerf is wat boeke verkoop?

Monday, August 21, 2006

Oordeel

Lammervanger maak op maree se blog die opmerking dat sommige christene ander mense veroordeel en sê hulle gaan nie hemel toe nie, maar in dieselfde asem sê hulle "ons mag nie oordeel nie". Ek wonder al lank waar lê die lyn tussen oordeel en teregwysing? As christen verstaan dit min of meer so:

As ek vir iemand wat ek nie lief het nie sê hulle gaan hel toe omdat hulle iets doen of dink, dan is dit oordeel. As ek vir my vriend wat ek liefhet waarsku dat waarmee hy of sy besig is nie reg is in God se oë nie, omdat dit homself of ander mense rondom hom of God seermaak, dan is ek besig om daardie persoon te probeer help uit liefde. Die verskil tussen die 2 lê waarskynlik in hoe die betrokke persone dit ervaar (met of sonder liefde). Die persoon wat tereggewys word kan natuurlik maklik die "jy mag nie oordeel" lyn gooi en dit 'n argument maak, wat op die ou end dan net die vriendskap versuur.

Ek wonder baie hieroor die laaste ruk, en het onlangs tot die volgende gevolgtrekking gekom: Ek is nie hier op aarde om ander mense van hulle sonde te oortuig nie. Ek is hier om ander mense by God uit te bring, die Heilige Gees sal hulle dan van hulle sonde oortuig.

Menings?

Thursday, August 17, 2006

Party trick

As jy volgende keer by 'n partytjie is en die lus pak jou beet om iemand daar in die verleetheid te stel, hier is 'n baie paar vrae om vir hulle te vra. Dis vrae is op die oog af heel onskuldig, maar kan baie ontblotend kan wees.

1. Hoeveel keer per week het jy gemiddel seks (sonder om dit hardop te sê)? Tussen 1 en 9, wees realisties!
2. Maal dit met 2
3. Tel 5 by
4. Maal dit met 50
5. As jy al hierdie jaar verjaar het, tel 1756 by, anders tel 1755 by
6. Trek die 4-syfer jaar wat jy gebore is af (bv 1976)

Die persoon behoort nou 'n 3 syfer getal te hê, laat hom/haar dit hardop sê (bv 629). Die eerste syfer is die oorspronklike getal waaraan hulle gedink het (6), die volgende twee is die persoon se ouderdom (29).

Probeer maar self, as jy 'n calculator nodig het, click hier en een sal op pop.

Dit werk natuurlik met enige vraag by punt 1, solank jy net die persoon met die vraag dwing om 'n getal tussen 1 en 9 te kies.

Tel die F-woorde

Count every "F" in the following text:
FINISHED FILES ARE THE RE

SULT OF YEARS OF SCIENTI

FIC STUDY COMBINED WITH

THE EXPERIENCE OF YEARS...

As jy 3 gekry het, VERKEERD! Daar is 6. Tel maar weer dommes.

Wednesday, August 16, 2006

Rol die wiele

gm merk op dat die Bolshoi-teater orkes per trein moes terugreis Rusland toe van Londen af, omdat hulle instrumente nie as handbagasie op die vliegtuig mag gaan nie. Dit beteken waarskynlik dat hulle 'n stukkie treinspoor gery het wat ek ook al gery het : van Warskou tot in Moskou. Daar is twee interessante goed van daardie rit wat ek graag deel.

Die eerste is dat die rit jou deur Belarus neem, en dat Belarus klaarblyklik nog in die Soviet Unie van die 1960's vassit. Van polisiemanne en soldate met belaglike hoede, tot die hamer-en-sekel wat nog oral trots pryk.



Die tweede is iets wat gebeur sodra mens op die grens tussen Belarus en Pole kom. Die trein se wiele word omgeruil. Dit moet gebeur omdat die treinspore in die ou USSR weier is as in die res van Europa. Die trein ry in 'n groot gebou in, die hele onderstel word losgeskroef en dan word die hele trein, met almal nog in die trein, opgehys. Die hele onderstel ry weg en 'n nuwe een word onder die trein ingery. Alles word laat sak, en omtrent 2 uur later kan jy Belarus binnery.

Trein in die groot gebou, met die rooi hysers langs die kant.










Onderstel word onder die trein uit getrek.











Die hele trein in die lug, sonder wiele.











Ek wonder of dit nie maar veiliger sou gewees het vir die musikante om hulle instrumente eerder in die vliegtuig se ruim te sit, eerder as om hulle deur die wiel-omruil ervaring te neem nie.

(Die foto's is nie my eie nie, ek het dit hier en hier gekry. Ek het ongelukkig nie digitale foto's van my ondervinding nie.)

Monday, August 14, 2006

Skattejag in die bos.

"10 seconds!". "5,4,3,2,1,GO". En daar hardloop ek en Wim die bosse in Jonkershoek in. Skielik besef ek dat ek seker op my kaart moet kyk waarheen om te hardloop, aangesien ek en Wim nie dieselfde roete doen nie, en ek hom in elk geval nie kan vertrou nie. Na al die jare kom die vaardighede wat ek as Presidentsverkenner geleer het uit eindelik handig te pas, en ek reken ek is darem min of meer op die regte pad. Tot ek aankom waar die eerste kontrolepunt moet wees, en niks kry nie. Daar vind ek ook vir Wim, wat rondhardloop soos 'n dassie wat 'n witkruisarend se skaduwee gesien het, op soek na dieselfde kontrolepunt. Ons besluit toe maar dat daardie punt gegaps is en hardloop die berg op na ons verskillende volgende punte. 'n Uur, en 4,5 km later kom ek redelik moeg, en effe nat, by die finale kontrolepunt aan.

As jy nou wonder wat de ongeluk ek nou net beskryf het, dit was 'n oriënteringsresies. Oriëntering is soos landloop en skattejag gemeng. Dis soos rally ry, maar net te voet. Jy kry 'n kaart (soortgelyk aan die een onder) met 'n roete wat jou die berge en bosse in vat, en dan probeer jy die roete so gou as moontlik aflê.

Die roetes wissel van kort (omtrent 2 km) tot lank (amper 5 km), en van maklik tot moeilik. Om seker te maak jy gaan sit nie net agter die naaste bos, en verskyn dan weer later by die eindpunt in 'n rekord tyd nie (a la ), moet jy by kontrolepunte aandoen en jou kontrolekaart pons met die pons wat by daardie punt hang.
Die punte is meestal effens weggesteek (hoe ver weggesteek hang af van die moeilikheidsgraad van jou roete), en dis waar die skattejag ellement inkom. Die persoon wat al die punte in die vinnigste tyd kon besoek is die wenner; eenvoudig en groot pret. Die volgende wedren is in Grabouw op die 10de September. Wie gaan saam?

(Ek het ongelukkig nie my kamera saamgeneem nie, so die foto's is m.b.v. google image search gekry)

Wednesday, August 09, 2006

Getem

Zef is getem. Trou in Oktober.

Wie bly hier?

Statcounter wys dat daar mense wat op baie interessant plekke bly, nou en dan hier aandoen. Ek is nuuskierig om te weet of Statcounter reg is, so as jy bly waar hierdie foto's geneem is, of daar naby, los asb 'n boodskappie hier onder.




(Die volgende foto's het ek nie self geneem nie, google images het gehelp)

Hier was ek al, maar ongelukkig voor die dae van digitale kameras.
Hier was ek nog nie

Tuesday, August 08, 2006

Onder die dekmantel rassisme

Dean Jones















Hashim Amla














Dean Jones, 'n voormalige Aussie toetskrieketspeler en tot gister 'n kommentator vir die krieket in Sri Lanka, is gister op die eerste vlug terug Australië toe gesit nadat hy na Hashim Amla (SA se enigste moslem toetsspeler, vir die wat nie weet nie) as 'n terroris verwys het. Hy het vreeslik erg om verskoning gevra, en vat sy pak soos 'n (Aussie) man :
"It was never meant to be heard on-air. I am extremely sorry if I offended anyone. It was the last thing I wanted to do"
Hoewel dit lyk of Mnr Jones baie jammer is, pla die bewoording van daardie sin my bietjie. Dit laat my dink aan mense wat dink hulle is nie rasiste as hulle net nie VOOR swartmense rassistiese grappies maak nie. Of soos sommige mans wat dink 'n gentleman vloek darem nie voor 'n vrou nie, maar as daar nie 'n vrou in die geselskap is nie kan hulle laat waai met die walglikste sêgoed. Of soos Mel wat teen Jode uitgevaar het. Wat hulle nie besef nie is dat hulle diep binne hulle maar tog die saadjie, of wortel, van vooroordeel het. En dis daar diep binne waar dit uitgeroei moet word, dit help nie om dit net onder die oppervlak weg te steek en nou en dan vir mense wat jy vetrou te wys nie. Want eendag gaan jy dit wys op 'n plek of tyd waar jy nie moes nie, en dan mag jou verskoning nie wees dat hulle dit nie moes gehoor of gesien het nie.

Ek het amper meer respek (hoe min dit ook al mag wees) vir mense wat dan maar eerder die moed het om in alle situasies hulle ware kleure te wys, eerder as om 'n tweegesig te wees.

Monday, August 07, 2006

Brand julle swerkaters, brand!

Billy Joel fans soos ek en dorothy was verheug om te hoor Billy Joel kom SA toe. Die eerste berig wat ek daaroor gelees het, het genoem dat die kaartjies begin by R250. Nogal steep het ek gedink, maar ek sal R250 uithaal om die Bokke te sien speel, so Billy se eerste (en dalk enigste) keer in SA is dit seker ook werd. Vanoggend toe ek egter op Computicket gaan kyk wat beskikbaar is, sien ek die goedkoopste kaartjies is in werklikheid R268, en dis vir 2 klein blokkies HEEL agter. M.a.w. jy kan daardie kaartjies maar ignoreer. Die volgende prysklas is R422. Realisties gaan dit my en die vroutjie dus R844 kos om te gaan luister hoe Billy ontken dat hy die vuur aangesteek het. Vir die Royal Albert sou ek oorweeg het om 40 pond te betaal (en met 'n salaris in pond waarskynlik nog steeds daarteen besluit het), maar vir die Velodrome?! Aan wie ook al so gulsig is om dit so duur te maak: die vuur wat julle aangesteek het brand brûe, en ek hoop julle brand ook daarin. Jammer dorothy, ek's sal maar die bandwagon moet misloop.

Thursday, August 03, 2006

Twee Oseane

Die mense by Kaap Agulhas die twee oseane kom daar bymekaar.

Ek het egter van kleins af gehoor dat dit by Kaappunt bymekaarkom.Daar moet tog immers 'n rede wees dat die Twee Oseane marathon se naam is wat dit is. En dat daar 'n Trivial Pursuit vraag is "What is the only city in the world where you can swim in two different oceans at the city's beaches?", met Kaapstad as die antwoord.

Tog moet daar 'n rede wees dat die mense van L'agulhas dit by hulle wil laat gebeur. Dalk is die geld wat hulle maak uit die uiterstepunt-van-die-kontinent-besoekers nie genoeg nie, en dalk is daar nog vreeslik baie geld te maak uit mense wat obsessief daaroor is om al die punte te besoek waar oseane bymekaar kom.

As jy eendag, egter om watter rede ook al, jouself bevind in L'agulhas op soek na 'n eetplek, gaan eet hier:

En as dit daardie dag op die spyskaart is, eet die mossels.