Thursday, July 27, 2006

Stop die moorde

AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, versoek u vriendelik om die aangehegte petisie teen geweldsmisdaad en moorde te onderteken en te laat onderteken deur u vriende en familie. Die petisie gaan aan president Mbeki oorhandig word en vorm deel van Afriforum se "Stop die moorde"-veldtog. Hierdie veldtog is begin is na die wrede moord op die Solidariteit-lid, Frans Pieterse van Swartruggens, maar is gerig teen alle geweldsmisdaad en moorde in die land. Die petisie kan hier onderteken word.
As jy sterk voel oor die saak, teken die petisie.

3 comments:

Lammervanger said...

Ek voel verskriklik sterk oor die saak, maar ek teken nooit dié tipe omsendbriewe (mooi man) nie en ek stuur ook nooit die emails aan nie... Is dit verkeerd?

Dankie dat jy my blog uit die puine laat verrys het. Nes die nuwe Plek.

Pienk Zuit said...

Knap gedaan as jy nooit daardie "stuur aan of jou pere val af" eposse aanstuur nie. Daardie tipe vonkposse is gewoonlik net 'n liegspul wat die internet se bandwydte opvreet. Daar is nie 'n dogtertjie met kanker wat gaan geld kry as jy dit aanstuur nie, jou voet gaan nie afval as jy dit nie aanstuur nie, en Bill Gates gaan defnitief nie vir jou geld gee as jy dit aanstuur nie.

Deesdae is daar ook 'n magdom vonkposse wat een of ander petisie het waar jy jou naam onderaan moet sit en dan aanstuur. Dit maak nie sin nie, want op die ou end gaan daar soveel duplikate in die verskillende eposse wees dat dit vinnig nie meer sin maak nie. Die webwerf een maak egter meer sin, want daar kan duplikate vermy word. Ek is egter self nie oortuig van hoe goed petisies werk nie. Gee die persone aan wie dit gegee word rerig om vir 'n lys name? Dit is dalk eerder nuttig om mense te mobiliseer oor 'n saak waaroor hulle sterk voel.

Do Kwang said...

Dan is daar ook daai ketting-SMS'e wat vra dat mens teen Nando's Chicken Land moet bid omdat hul advertensies blasfemies (hah!) is.