Tuesday, July 04, 2006

Proudly South African White Afrikaner Male Matie Wilgenhoffer WP Supporter

Prof en Dorothy skryf beide oor verskillende mense wie se (skynbaar) oordrewe lojaliteit aan een of ander groep hulle pla. Dit laat my wonder, wanneer is dit oraait om trots te wees op jou verlede of een of ander groep waarvan jy deel voel, en wanneer gaan dit te ver?

Die teenoorgestelde pla my ook: wanneer mag ek weier om deel te wees van 'n groep waar mense my probeer indeel? Die Hansa Pilsner advertensie ("I hate being white, I love being white") is min of meer hoe ek voel oor sommige van hierdie groepe waarin ek sonder my toestemming ingedeel word. Ek haat dit om 'n Afrikaner te wees as dit mense laat aanneem ek is 'n rassis, maar ek voel tog deel van die Afrikaner kultuur en die geskiedenis van die Afrikaner is deel van my geskiedenis (sleg en goed) en daarom is ek trots om een te wees.

12 comments:

maeree said...

Hello!
Ek het op jou gevoel oor wit wees gereageer op prof se blog. Ek wonder baie oor die afrikaner ding (dit was een van die eerste goed waaroor ek ooit geblog het - so 'n laaaange). Ek wonder nog wat dit beteken as ek 'n Afrikaner is. En of ek dit wil wees. En of ek dit nie kan wees nie.

Do Kwang said...

Ag hemel tog Richard. Trots om 'n Afrikaner te wees? Wat de hel? Mens is trots op 'n prestasie of op iets wat jy vermag het - wat meen trots om 'n Afrikaner te wees? Is jy trots op die feit dat jy ligbruin hare het? Is jy trots op die feit dat hy in 'n sekere saal in 'n sekere hospitaal gebore is? Dis als net flippen laf. Afrika is 'n stuk klip wat bokant die wateroppervlak uitsteek, dis al. Jy kon netsowel op 'n ander klip gebore gewees het. En as iemand 'n streep op 'n kaart elders getrek het, moes jy nou trots gewees het dat jy 'n Botswanier is. What gives? Trots? Jou lesers eis 'n verduideliking.

Pienk Zuit said...

Prof, een of ander Tannie in Admin kon my koshuis aansoekvorm op die Simonsberg hopie laat beland het en dan was ek nou vriende met Bobby Skinstad en nie met jou nie, en trots om 'n Simonsberger te wees. Dis daardie gevoel van "ek behoort aan hierdie groep" wat ek as trots beskryf. Miskien is "trots" nie heeltemal die regte woord nie, miskien meer "bly om te behoort". Maar ek is tog 'n vurige patriot, en soos jy tereg opmerk, ek kon net sowel in Namibië of Zim gebore gewees het. Dis juis my vraag, waarop mag mens trots wees en waarop nie?

Do Kwang said...

Richard, ek hoop nie ek los nou twee keer dieselfde boodskap nie, want my vorige een het nie gelyk of hy deurgaan nie.
Sou jy regtig met Bobby Skinstad vriende gewees het? En sou jy een van daai seksistiese T-hemde gedra het wat se^: "What is on Simon's mind?"
Ek dink ek het dalk hierbo te heftig gereageer, maar ek verstaan nasionalisme GLAD nie. Ek dink ook enige poging om nasionalisme weer aan te vuur, gaan misluk, want in 'n hoogs geindivualiseerde verbruikersamelewing wat besig is om deur 'n inligtingsrewolusie te gaan, is groepsdenke al meer irrelevant. Ons is nie papegaaie nie!

Pienk Zuit said...

Ek dink nie kammeraderie/ groepsgevoel/ patriotisme hoef teenoor individuele denke te staan nie. So jy kan trots wees sonder om 'n papegaai te wees volgens my.

Ek stem glad nie saam met jou dat ons verbruikersamelewing hoogs geindividualiseer is nie. Juis die teenoorgestelde. Almal wil soos Paris Hilton of Beckham of wie ook al wees. Enige regdenkende mens wat vir hulself kan dink sal tog onmoontlik nie soos Paris Hilton of Beckham wil wees nie! Maar omdat ander mense en die media sê dis cool dink die papegaaie ook naderhand so.

Dis dalk die antwoord op my vraag. Sodra jou groepsgevoel jou individuele denke oorheers is dit 'n probleem. Sodra jy nie meer vir jouself dink nie, maar net blindelings aanvaar wat die groep vir jou sê gebeur goed soos Apartheid, Hitler en Simonsberg.

Do Kwang said...

Hmn, ja dis baie interessant, daai idee van 'n groep wat individualiteit en nonkonformisme onder sy lede kan stimuleer . . . Maar dit is 'n hoogs uitsonderlike verskynsel. Hoogs uitsonderlik.
Jy is ook reg oor 'n verbruikersamelewing, maar ontmoet my halfpad op hierdie issue: Mense is deesdae papegaaie in 'n veel meer subtiele wyse - hulle kies om Beckham en Paris Hilton groupies te wees en doen dit nie meer omdat volksleiers dit vanaf 'n podium predik nie.

Pienk Zuit said...

Stem nog steeds nie saam nie. As hierdie papegaaie self gekies het sou Apple se iPod nie die mark so oorheers het vir MP3 spelers nie. Daar is baie beter mp3 spelers, maar almal wil 'n iPod hê. En geen mens wat kan dink kan tog soos Paris Hilton wil wees nie?! Dis nou wel nie meer politici wat vir jou sê wat om te dink nie, dis nou Saatchi&Saatchi en Ted Turner.

Do Kwang said...

Nee, jy praat nonsens, want baie mense wil soos Paris Hilton wees en dis great dat hulle kan. Baie mense sal weier om te glo dat daar mense is wat soos Richard Barry wil wees of mense wat soos Johannes de Villiers wil wees, maar hier is ons. En dit sou nie oral en altyd moontlik gewees het nie. Ek is reg en jy is verkeerd, face it.

Maksideem said...

"Ek is reg en jy is verkeerd, face it."

Dis nie hoe 'n waarde-en-beleidstudent 'n argument wen nie.

Pienk Zuit said...

O, maar hoekom het jy nie al lankal so gesê nie, dan het ek al lankal ophou stry :)

Do Kwang said...

Ah, I love the smell of victory!!

langkous said...

Shame. Julle studeer seker by Stellenbosch...