Friday, July 28, 2006

Heaven can't wait


Die Advertising Standards Authority (ASA) het glo 'n klompie klagtes ontvang oor Virgin Mobile se advertensie waarin 'n man genaamd Jack doodgaan en dan in die hemel aankom. Die hemel is dan vol vroulike engele met min klere (soos hierbo) en sportmotors. Die mense wat gekla het reken dis 'n klap in die gesig van Christene. Gelukkig het die ASA besluit dis sommer nonsens, en die klagtes van die hand gewys. Ek reken die advertensies sal juis 'n paar mense aanspoor om bietjie kerk toe te gaan as dit is hoe die beloning eendag gaan lyk. Om die waarheid te sê, ek sal waarskynlik teleurgesteld wees wanneer ek eendag daar kom en dit lyk NIE so nie. Gooi 'n gholfbaan of twee in die prentjie in en jy het die hemel van meeste mans se drome.

As jy nog nie die advertensie gesien het nie, gaan kyk hier.

3 comments:

maeree said...

I'm not having a good day.
Wat my ontstel, is dat die ontstelde Christene nie ontsteld is oor die uitbeelding van die hemel nie. 'n Plek waar ek vir 'n ewigheid moet kar was in 'n bikini? Nee hel, dit lyk nie vir my na die hemel nie. Amper soos die Mormone s'n, waar vroue die demi-gode (mans) se planete gaan bevolk - 'n ewigheid in kraam.
Ten minste is daai Petrus-figuur in die advertensie aantreklik.

Pienk Zuit said...

Nee, hulle is juis ontsteld daaroor.

Moenie worry nie, jy sal darem nie net hoef kar te was nie, jy kan so nou en dan vir die mans biere aangee of hulle gholfstokke ook dra. *koes*

Freddy said...

EK dink nogal weer sy lyk oulik in die pienk suit..?

Miskien moes Arnie die hoofkarakter in die ad gewees het. Voordat hy teruggaan aarde toe, kan hy dan s^e: "I'll be back!"