Monday, July 31, 2006

Scoop

Read it here first:
South Africa's next satellite, to be launched in December 2006, will be called SumbandilaSat. Meaning ‘Lead the way’ in Tshivenda, SUMBANDILA was among the more than 3 000 entries received in a national competition that was initiated by the Department of Science and Technology (DST) and implemented through the South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) earlier this year.

Guildford Castle

The only royal castle in Surrey.

Guildford Castle

Klink soos iets wat Simon & Garfunkel kon gesing het.

Friday, July 28, 2006

Heaven can't wait


Die Advertising Standards Authority (ASA) het glo 'n klompie klagtes ontvang oor Virgin Mobile se advertensie waarin 'n man genaamd Jack doodgaan en dan in die hemel aankom. Die hemel is dan vol vroulike engele met min klere (soos hierbo) en sportmotors. Die mense wat gekla het reken dis 'n klap in die gesig van Christene. Gelukkig het die ASA besluit dis sommer nonsens, en die klagtes van die hand gewys. Ek reken die advertensies sal juis 'n paar mense aanspoor om bietjie kerk toe te gaan as dit is hoe die beloning eendag gaan lyk. Om die waarheid te sê, ek sal waarskynlik teleurgesteld wees wanneer ek eendag daar kom en dit lyk NIE so nie. Gooi 'n gholfbaan of twee in die prentjie in en jy het die hemel van meeste mans se drome.

As jy nog nie die advertensie gesien het nie, gaan kyk hier.

Thursday, July 27, 2006

Stop die moorde

AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, versoek u vriendelik om die aangehegte petisie teen geweldsmisdaad en moorde te onderteken en te laat onderteken deur u vriende en familie. Die petisie gaan aan president Mbeki oorhandig word en vorm deel van Afriforum se "Stop die moorde"-veldtog. Hierdie veldtog is begin is na die wrede moord op die Solidariteit-lid, Frans Pieterse van Swartruggens, maar is gerig teen alle geweldsmisdaad en moorde in die land. Die petisie kan hier onderteken word.
As jy sterk voel oor die saak, teken die petisie.

Wednesday, July 26, 2006

Prinses Black Velvet Ore

Prinses Black Velvet Ore hou van sonskyn, en houtstompe vir kussings.

Die stuk laat my stik

Daar is iets wat my deesdae in my nagmaal broodjie laat stik, en dis die frase " 'n stuk " wat deur predikante gebruik word wanneer hulle van emosies praat. "Ek kom na julle toe met 'n stuk seer". Die doel daarvan is waarskynlik om die emosie wat beskryf word as iets fisies voor te stel, iets wat in 'n boks gesit kan word en vir mense gewys kan word, of vir God gegee kan word en vergeet word. Ek het dit nou al ongelukkig begin assosieer met "dominee taal", en soms sit "dominee taal" my bietjie af, want dit klink nie vir my so eg as wat dit moet nie.

As daar 'n dominee hierdie lees, kan hy my dalk inlig waar dit vandaan kom? Is daar een of ander dosent by die kweekskool wat dit gebruik en so aan die predikantekorps oordra, of kom dit uit een of ander teologiese boek wat net predikante lees? Ek twyfel of daar dominees hier lees, so kan iemand wat 'n dominee goed ken miskien vra en die antwoord weer hier kom gee?

NS Ek kom na julle toe met 'n stuk skuld, en dit is dat ek "hy" gebruik wanneer ek "sy" ook bedoel. So jy's welkom om sy te lees oral waar ek hy skryf, bloot omdat ek nie letterkundig vernuftig genoeg is om die hy te vermy nie.

Saturday, July 22, 2006

Murder most foul update

Lyk my ek was nie die enigste een wat die ironie in Dubya se veto gesien het nie.

Friday, July 21, 2006

Jambo Bwana


As jy ooit die kans het om in Kenia te gaan vakansie hou, gryp dit met beide hande aan. Dis pragtig, die mense is so vriendelik en gasvry as wat jy kan kry, en daar is vreeslik baie om te sien en doen.

Thursday, July 20, 2006

Nog 'n 3-0

Jacques , geluk en mag daar nog vele wees.

Wednesday, July 19, 2006

Om-en-om-en-om

My gunsteling pretparkrit:

Murder most foul

Die Amerikaanse senaat het ja gestem vir 'n wet wat meer staatsgeld gaan gee vir navorsing op embrionale stamselle. Bush gaan die wet egter glo veto. Sonder om 'n debat te begin oor aborsie of selfs oor die regte van embrios, wil ek net die volgende opmerk. Bush en sy trawante sê :
"The president believes strongly that for the purpose of research, it's inappropriate for the federal government to finance something that many people consider murder," White House spokesman Tony Snow said Tuesday. "He's one of them."
en republikeinse senator Jim Bunning, wat teen die wet is, :
"Just because the budding lives would not survive does not mean that we should ghoulishly conduct experiments on them," Bunning said. "Who knows how many human embryos we will have to destroy before any tangible progress is made?"
maar klaarblyklik is daar nie so 'n groot morele probleem om duisende onskuldige mense in Iraq te laat doodgaan nie.

Monday, July 17, 2006

Donder en blits

As die weerlig so slaan dan weet jy die Sakrivier gaan afkom.

Maar dis min dat hy so slaan in die Strand.

Friday, July 14, 2006

Waar in die wêreld #3

Twee pryse hierdie keer op die spel :
1. 'n Hele aand se verniet drink in Finlay's (Stellenbosch) vir die eerste een wat die plek kan identifiseer waar die foto's geneem is.
2. Jou naam en boodskap op S.A. se volgende satelliet (ZA-002) wat in Desember gelanseer word, vir die snaakste byskrif vir enige (of beide) van die volgende foto's.


Voorvaders van blogging

Die hewige debat rondom my vorige post (en renklem se post oor o.a. Hyde Park) het my laat voel soos iemand op 'n leer by Speaker's Corner. Reg deur die jaar word daar debat gevoer. Dit los miskien nie veel op nie, maar ten minste praat mense.

Winter:
of Somer:

Wednesday, July 12, 2006

Pessimisme

Hierdie artikel is geskryf deur 'n Engelsman (Theodore Dalrymple) wat Frankryk toe getrek het a.g.v. die misdaad in Engeland. Hy gaan vreeslik af oor hoe die Engelse samelewing oor die afgrond is en hoe swak alles nou daar gaan. Klink nogal bekend ne? Alles wat hy sê is natuurlik waar, meeste Suid-Afrikaners in die V.K. sal jou 'n paar stories kan vertel van dronk yobs wat hulle aangeval of ten minste gedreig het. Net soos die stories wat vertel word van S.A. ook waar is. Mense wat Nieu-Seeland of Kanada of Australië toe wil trek oor die misdaad hier (of dalk reeds het) moet die laaste paragraaf van Dalrymple se artikel egter mooi lees :
Therefore I have removed myself: not that I imagine things are much better, only slightly different, in France. But one does not feel the defects of a foreign country in quite the same lacerating way as the defects of one’s native land; they are more an object of amused, detached interest than of personal despair.
Dis maklik om negatief te wees oor jou eie land en die groen gras oorkant die draad te sien. Dis baie moeiliker om jou land se gras te probeer groener maak.

Op 'n ligter noot, hier is 'n quiz om uit te vind of jy 'n yob is.

Monday, July 10, 2006

Be Ready

http://www.ready.gov is die Amerikaanse Dept of Homeland Security se website om mense te help om reg te wees vir enige noodgeval. Die website het 'n klompie prentjies om mense te wys wat om te doen in 'n noodgeval, maar die prentjies is meestal nie baie duidelik nie. Ek het vandag 'n baie snaakse email gekry wat raaiskote vat oor wat die prentjies kan beteken. Hier is 'n paar van die snaakstes:


If you have set yourself on fire, do not run










Michael Jackson is a terrorist. If you spot this smooth criminal with dead, dead eyes, run away.










Do not drive a station wagon if a power pole is protruding from the hood.








Try to absorb as much of the radiation as possible with your groin region. After 5 minutes and 12 seconds, however, you may become sterile









If you've become a radiation mutant with a deformed hand, remember to close the window. No one wants to see that.









Don't trust the Swiss. They have developed floating tents
and will try to steal your lungs while you sleep.










If you spot terrorism, blow your anti-terrorism whistle.
If you are Vin Diesel, yell really loud.










Die res kan hier gesien word.

Friday, July 07, 2006

Nasionalisme vs Patriotisme

Vergeet van Nostradamus of Siener van Rensburg; George Orwell is die profeet van ons tyd. Newsweek het 'n uitstekende artikel oor die gevaar van nasionalisme, en hoe dit nie dieselfde is as patriotisme nie. Die artikel haal baie aan uit Orwell se "Notes on Nationalism", en dis skrikwekkend om te sien hoe die wêreldleiers nie leer uit die geskiedenis nie. Lees die artikel hier. 'n Paar uittreksels:
Nationalism is the habit of identifying oneself with a single nation or an idea, “placing it beyond good and evil and recognizing no other duty than that of advancing its interests.” Patriotism is essentially about ideas and pride. Nationalism is about emotion and blood. The nationalist’s thoughts “always turn on victories, defeats, triumphs and humiliations. … Nationalism is power-hunger tempered by self-deception.”
As jy 'n tydjie het, lees "Notes on Nationalism" ook. Jy kan alles wat hy geskryf het hier lees.

Wednesday, July 05, 2006

Mag die volgende 30 selfs nog meer salig wees

Geluk Prof met die groot 3-0.

Hierdie foto is geneem op 'n koelerige lentedag in 1995.

Tuesday, July 04, 2006

Proudly South African White Afrikaner Male Matie Wilgenhoffer WP Supporter

Prof en Dorothy skryf beide oor verskillende mense wie se (skynbaar) oordrewe lojaliteit aan een of ander groep hulle pla. Dit laat my wonder, wanneer is dit oraait om trots te wees op jou verlede of een of ander groep waarvan jy deel voel, en wanneer gaan dit te ver?

Die teenoorgestelde pla my ook: wanneer mag ek weier om deel te wees van 'n groep waar mense my probeer indeel? Die Hansa Pilsner advertensie ("I hate being white, I love being white") is min of meer hoe ek voel oor sommige van hierdie groepe waarin ek sonder my toestemming ingedeel word. Ek haat dit om 'n Afrikaner te wees as dit mense laat aanneem ek is 'n rassis, maar ek voel tog deel van die Afrikaner kultuur en die geskiedenis van die Afrikaner is deel van my geskiedenis (sleg en goed) en daarom is ek trots om een te wees.