Wednesday, June 28, 2006

Tydreisiger

Rondloperhy het vir Stepehen Hawking hoor sê hy dink niemand gaan ooit terug in tyd kan reis nie, anders sou ons al tydreisigers van die toekoms af gesien het. Wat sal jy dink as iemand jou meedeel hy kom eintlik uit die jaar 2036? Jy sal dink: "Ja broer, jy moet maar saam met Jacob Zuma 'n sielkundige gaan sien." So wat as ons al tydreisigers gesien het, maar niemand wou hulle glo nie? John Titor het in 2000 op die internet begin vertel dat hy uit 2036 kom en terug gestuur is om 'n oplossing te probeer kry vir die ekwivalent van hulle tyd se Y2K probleem. Daar is heelwat mense wat glo dat hy die waarheid gepraat het, so dalk is tydreise wel moontlik, al is dit eers in 2036.

2 comments:

dorothy said...

what fun!! i'm inclined to believe this really. i think just about anything is possible. regardless of whether this titor guy is for real, who's to say bending time is impossible? because hawking said so? as for me, i'll be filing this in my 'memory for verification later' box (along with eighties pics i have of an artists impression of life on mars). pity that there's ALWAYS some awful WWIII in these stories. but hey.

Dai said...

Toe ek in graad 1 was het my juffrou belowe dat ons almal maan toe sal gaan wanneer ons groot is. Dat daar groot kolonies gaan wees en Space Shuttles soos vliegtuie gaan wees.

Ek wag nog. Ek is reg.