Friday, June 30, 2006

Slurpie Video

Ek het hierdie video nou die dag op Die Burger se webwerf raakgeloop. Ek kry dit nie meer op hulle werf nie (die nuwe webwerf is nie baie gebruikersvriendelik nie, hulle beter dit vinnig regmaak of hulle gaan lesers verloor). So dis is 'n kopie. Dis jammer die kwaliteit is so swak, maar mens kan darem sien en hoor dat daar eintlik niks gebeur het vir so 'n groot bohaai nie.

4 comments:

gm said...

Ek het ook die video al gesien, en wonder nog wat die geraas oor gaan? Die beskrywings van die insident het VEEL erger geklink (albei kante toe).

Maar as 'n student op Stellenbosch, dink ek dat daar vanjaar erg 'n skroef los is iewers. Asof te veel taaldebat almal irrasioneel, histeries en oorsensitief gemaak het.

(En ek stem saam oor Die Burger se nuwe ruimte.)

Do Kwang said...

Richie, se^ asseblief vir my wat pla jou alles oor Die Burger se website, dan sal ek dit aan hulle oordra sodat dit reggestel kan word.

Pienk Zuit said...

Prof, ek begin besef dat dit miskien 'n geval is van verandering wat negatief ervaar word. Die paar goed wat my pla/gepla het is opgelos (die soek-funksie wat nie gewerk het nie) of pla my nie rerig meer nie. Dit lyk drasties anders, maar hoe meer ek daaraan gewoond raak hoe meer hou ek eintlik daarvan. Ek sal bietjie hoor by ander mense wat ook gekla het of daar iets meer spesifieks is wat hulle pla, my klagtes het opgedroog.

Raiel said...

Dit vat nogals tyd om gewoond te raak aan die nuwe website, maar ek dink dit is vir die beter; veral die gedeelte met die video's en die blogs. Al wat my so bietjie pla is die feit dat 'n mens van links-na-regs moet 'scroll' om alles te kan lees en te kan sien. Maar verder dink ek dit is GREAT!