Thursday, June 08, 2006

Kampvegter, help my!

Ek is huidiglik besig met 'n klein alterkasietjie met my versekeringsmaatskappy Santam. Die kort daarvan is dat hulle besig is om my te skroef, en dat ek nou besluit het om die saak verder te neem. Die lang storie is:
In April van 2005 was ek betrokke in 'n klein ongelukkie met my motor. Iemand anders het in my stilstaande motor vasgery van die kant af. Ek het die saak gaan aanmeld by die polisie en vir Santam gebel. Daar is vir my gesê dat ek die motor kan laat regmaak op hulle koste, en dat die koste verhaal sal word van die ander party en dat my premies nie sal verander nie. So gemaak en die motor is herstel en ek het nie betaal nie, wonderlik! Skip 'n jaar: Verlede maand maak ek toe 'n paar veranderinge aan my polis, en toe kom ek agter dat my premies die laaste jaar hoër is. Dadelik doen ek navraag en word ingelig dat my geen-eis bonus met 2 jaar verminder is tot die geld van die ander persoon verhaal is. Ek kan glo die afdeling wat die eise hanteer kontak om oor hoe die saak vorder. So gemaak word ek toe ingelig dat die vent wat in my vasgery het nie die geld wil opdok nie, en dat hulle nie die moeite gaan doen om die geld van hom af te kry nie, want dit gaan meer kos as wat hulle betaal het. Nou moet ek betaal daarvoor deur premies wat verhoog is. "Jammer meneer, maar dit maak nie besigheidsin om hom te vervolg nie". Nou is my vraag, maak dit besigheidsin om my as kliënt te verloor, en die slegte naam wat hulle kry omdat ek hierdie storie vertel? My volgende stap is om die Kampvegter by Die Burger se hulp te probeer inroep, hopelik kan hulle iets vir my doen. Ek sal julle op hoogte hou.

12 comments:

Maksideem said...

Dick, moet net nooit moed opgee nie. Vat hulle na die hoogste hof toe. Ek's seker Kasparov en Libibo sal jou kan help.

Oorwin vir Sanlam.

Pienk Zuit said...

Santam, nie Sanlam nie. Sanlam is ek nog happy mee op die oomblik.

Heksie said...

Jy kan op jou eie jou bybetaling verhaal deur die Kleineisehof te nader, maar kry hulle skriftelike toestemming voordat hulle besluit om jou heeltemaal op te skroef vir die hele bedrag. Die dinge loop snaakse draaie partymaal...

Coffee Break said...

Heksie WEET - sy is in Legal by een van die beter versekeringshuise!
Gee Santam GAS!
Probeer HalloPeter.com - eintlik 'unfair' teenoor big business maar ten minste neem hulle kennis en reageer!
Heksie, het die Ombudsman enige s^e hier? Ek weet dit is nie 'n eis nie maar dit volg 'n eis...? Verbruikers se regte moet tog beskerm word!

Coffee Break said...

Natuurlik is dit goed om, uit beginsel, dit verder te neem maar aan die einde van die dag is die sterkste boodskap om jou besigheid elders te neem... na iemand wat jou goeie premies en goeie diens gee!
En dan in elke geval die koste direk by die 3de party OOK te verhaal!

Coffee Break said...

Sanlam se kliente kla natuurlik nooit oor hulle eise nie!
Want...

Coffee Break said...

My GROOTSTE gripe sal wees dat hulle veranderings aanbring sonder om jou daarvan in te lig... op 'n goeie dag is dit SNEAKY!
Maar om dit te doen nadat daar aan jou gestel is dat daar geen verandering in premie sal wees nie... dis bloot oneerlik!

Heksie said...

Die feit dat hy nie skriftelik van die verhoging in premie verneem het nie, mag die Ombudsman interesseer wantr dit word reguleer, sien hulle moet 30 dae skriftelike kennis gee van 'n verandering in premievordering, klaar. Die Ombudsman raak toenemend betrokke by enige klagtes om die publiek se belange te bevorder, en partymaal is dit baie nodig.

Do Kwang said...

Richard, het jy toe reggekom met Kampvegter? Wat se^ Florence, gaan sy jou help?

Maksideem said...

Bring 'n klasaksie Richard. Sodoend kan jy 'n stem in die woestyn vir die ander polishouers wees wat te bang is om op hulle regte te staan.

Heksie said...

Ek stem, klasaksie is 'n goeie idee en dalk nodig maar dit kos geld en die versekeraar het baie daarvan, die ewewig is so bietjie oneweredig. Die Ombudsman is juis daar om te help waar hy kan en jou vesekeraar is gebonde aan sy besluite, en die beste gedeelte is dat hulle die koste daarvan moet betaal. As jy aan die ander kant nie saamstem met die beslissing nie keer niks jou om dit verder te neem nie, aan die ander kant het hulle nie daardie voorreg nie!

Pienk Zuit said...

Heksie, dis baie interessante info wat jy gegee het oor die feit dat hulle my nie skriftelik laat weet het nie, dit kan baie handig wees.

Prof, ek het vrydag met die hoof van die regsafdeling by Santam gepraat, en hy is besig om te kyk na my saak. As hy terugkom met dieselfde attitude en antwoord sal ek my na Kampvegter wend. Vir eers gee ek hulle 'n kans om hulle fout reg te maak.