Wednesday, June 14, 2006

Grootmeneer

Sir Richard Hadlee is een van New Zealand se beste bouwlers ooit. Sy vriende en spanmaats het hom "Paddles" genoem, klaarblyklik omdat hy groot voete gehad het. Daar is 'n staaltjie wat vertel dat 'n sportjoernalis eendag vir Sir Richard gevra het of dit hom nie pla dat mense hom Paddles noem oor sy groot voete nie. Sir Richard het glo geantwoord dat dit hom glad nie pla dat hy 'n bynaam gekry het omdat 'n ligaamsdeel so groot is nie, en dat nie almal hom Paddles noem nie, sy vrou noem hom Dick.

9 comments:

Do Kwang said...

Richard
Is jy 'n lid van Somerset-Wes se Virgin Active gimnasium? Indien wel, moet ons vir 'n spinklas gaan.

Pienk Zuit said...

Inderdaad Prof, ek poog wel om sekerre dele van my anatomie te vergroot, en ander te verklein by daardie gimnasium. Dalk moet ons net eers wegspring met 'n V-Core klas voor ons die berge met 'n spin klas aanpak.

Lyk my niemand lees meer my blog nie, of het nie my grappie gevang nie, of vind dit nie snaaks nie. My punt is, moenie skaam wees om my Dick te noem nie, my vrou noem my ook so. En ek en jy het immers al saam gestort.

Do Kwang said...

Ek likes van om jou Richard te noem. Ek dink wel dat minder mense jou blog lees as vroeger omdat jy vir 'n hele week lank nie een keer gepost het nie.

Pienk Zuit said...

Waarmee jy ook al gemaklik is.

Ek kan voorgee dat ek vir 'n week lank nie gepost het nie sodat die lesers genoeg tyd kry om die grappie te waardeer, maar dit was eintlik bloot omdat ek te besig was by die werk om die rocket scientists van die toekoms op te lei. Ek sal in die toekoms egter ten minste poog om 'n interessante foto of 2 te post as ek nie tyd het vir skyf nie.

psigioot said...

wel, ek het hardop gelag toe ek jou post gelees het, maar kon aan niks snaakser dink om te sĂȘ nie. bly jy's weer terug na die ongemaklike stilte.

Pienk Zuit said...

Haai Lolla, hier dag ek ons is al goed genoeg vriende dat daar nie meer ongemaklike stiltes tussen ons is nie.

Do Kwang said...

Richard, V Core is vir jou ouma! Ons gaat spin dat die sweet spat. Ek is megaspinner. As ek in Table View in die pad afstap, dan se^ mense vir mekaar: "Kyk, daar kom daai ou wat so spin!"

Do Kwang said...

Richard, onthou jy hoe ons altyd gaan draf het, dan lag ons vir die vroue wat stap en hulle verbeel dis oefening.
Deesdae bejeen ek en my medespinners die V-Core mense met dieselfde argwaan.

Pienk Zuit said...

Ai Prof, jy weet mos my rubber-arm draai maklik. Dan sal ek maar moet spin, ek sal net eers vir my 'n fietrybroek moet kry, want daardie spin-fietse se seats is darem net te ongemaklik op die tjommie.