Wednesday, June 28, 2006

As jy 'n diep genoeg gat grawe.

Rondloper vra op sy blog waar die verste punt op die aarde van Suid-Afrika is. Die punt die verste van 'n sekerre plek op aarde word daardie plek se antipode genoem. Volgends die onderstaande kaart is dit 'n net noord van Hawaii in die Stille Oseaan vir Suid-Afrika. Die kaart is eintlik 2 kaarte, een in swart, nog een in rooi. Die rooie is 'n omgekeerde spieƫlbeeld van die swarte, so deur van swart na rooi, of andersom, te gaan kan jy die antipode van enige plek kry. Dis interessant om te sien dat meeste van die aarde se landmassa se antipode erens in die see is. Argenteine en Chillene sal egter in China uitkom as hulle lank genoeg grawe, en van Botswana kan jy tot in Hawaii grawe.



As jy nie mooi die kaart verstaan nie, ek het dit hier gesteel, gaan kyk daar vir 'n verduideliking.

2 comments:

rondloper said...

Thanks Richard, dis 'n baie interessante kaart. My raaiskoot dat die verste fisieke plek (nie see nie) van SA af Hawaii is, is dus seker reg?

Pienk Zuit said...

Lyk so ja. Dis vir my ook interessant om te sien hoe groot Antarktika is. St Petersburg is omtrent so ver noord van die ewenaar as wat Antarktika se kuslyn suid is. Mens besef nie hoeveel van die landmassa sit so ver noord nie.