Friday, May 26, 2006

Waar in die wêreld?


Om die tyd op 'n Vrydagmiddag bietjie vinniger verby te kry: 'n uitdaging. Waar in die wêreld (dorp/stad) is hierdie foto geneem? Die eerste korrekte antwoord wen 'n all-inclusive trip na enige destiniasie in Suid-Amerika waarheen kulula.com vlieg. Leidrade sal verskaf word as julle sukkel. Ek sal ja of nee antwoord op enige vrae.

8 comments:

maeree said...

wag wag wag. ek kan kleinskrif lees. jou prys klink na 'n rip off.

renklem said...

Pergamum in Turkye miskien? Nee, dit is die stylste amfiteater in Asie en ek kan ook nie die gras onthou nie. Die groot teater in Pompeii miskien? Maar die gras lyk ook nie reg nie, die bome in die agtergrond wel, so ook die houtreelings. Dalk die odeion (Herodus atticus) op die Acropolis in Athene? Miskien 'n leidraad oor die kontinent?

Maksideem said...

Die voortrekkers se amfiteater in Orania.

Do Kwang said...

Hool 88. Of die Akropolis.

Pienk Zuit said...

Ons het 'n wenner! Well done Rennie. Die gras lyk toe wel so in Pompeii. Jou prys sal deur die borge afgelewer word, die beoordelaars se beslissing is finaal en so voorts.

Ai, as ek meer lesers gehad het kon ek miskien 'n regte borg oortuig het om 'n prys te gee.

renklem said...

Nee, Dick, die gras lyk nie altyd so in Pompeii nie, want ek het 'n foto van daardie einste teater sans die gras. Dis jammer Johan de Kock het nie vandag jou blog gelees nie, want dan het ek miskien kompetisie gehad.

Lammervanger said...

As dit nie vir die tydsverskil was nie sou ek hom ingekrul het. Ek het self al daarso gestaan op 'n bloedige warm Italiaanse somersdag.

Pienk Zuit said...

Dit was duidelik heetemal te maklik. Die volgende een sal moeiliker wees, met selfs beter pryse.