Tuesday, May 30, 2006

Waar in die wêreld #2


Aangesien ons vorige wenner so 'n groot rugby fan is, begin ons die week met 'n maklike een om mee op te warm. Die ware toets kom later in die week, met groot pryse. Eerste een met die naam van die stadion wen 'n seisoenkaartjie vir al die Southern Spears se 2007 Super 14 tuiswedstryde. Om dit meer regverdig te maak mag jy soveel vrae (met 'n ja/nee antwoord) vra as wat jy wil, maar net een finale antwoord per dag gee. Moenie probeer slim wees en jou antwoord as 'n vraag stel nie. Natuurlik tel "Is dit die De Aar Gedenkstadion?" as 'n antwoord, nie 'n vraag nie.

12 comments:

Maksideem said...

Orania se rugbystadion?

Pienk Zuit said...

Nee Rebound. En tot ek 'n foto van die Orania koeksuster standbeeld (moenie lag nie, dit bestaan rerig) opsit sal die antwoord nie Orania wees nie. Watse fiksasie is dit wat jy het met Orania en die voortrekkers deesdae?

Pienk Zuit said...

Ag nee mense, dis darem nou rerig nie so moeilik nie. Clues:
Die span wat opwarm in die agtergrond is die Bokke.

Pienk Zuit said...

Nog 'n clue : Die sponsor op die pale is al wat jy nodig het.

Maksideem said...

Praat hulle Gallies waar die stadion is?

Pienk Zuit said...

Is Gallies Gaelic in Engels? Indien wel, Gaelic kan gebruik word om na verskeie tale te verwys, maar een van hulle kan moontlik in die area van die stadion gepraat word.

psigioot said...

Een of ander veld in Ierland.

Pienk Zuit said...

Witwarm, nou soek ek net 'n naam.

Voetstoots van Tonder said...

As dit nie die De Aar Gedenkstadion is nie, vermoed ek dis Lansdowne Rd (voorlat hulle natuurlik die plek afgebreek het?) - maar ek soek net nie die prys nie, asb...

Pienk Zuit said...

Korrek Mnr van Tonder, ons sal dan eerder jou prys aan 'n behoeftige organisasie skenk. Ek wil net weer herhaal : die ref (Paul Honnnis) het ons gekroek, ek het dit met my eie oge gesien!

Anonymous said...

As my blikbrein maar net vinniger was daau dag...sou ek jou sommer uit die vuis uit kon se dis Lansdowne Road...daai...net die Iere kan so 'n kak ekwiwalent van die Danie Carven Pawiljoen (aka The Newlands South Stand) bou...

Anuder pint of de Black stuff Guv'na...en ek soek my Spear tickets...

Rooi Neger

Pienk Zuit said...

Rooi Neger,
Jou kaartjies is in veilige bewaring in my kluis. Jy's welkom om dit te kom afhaal by my huis. Ek sal reel dat daar sommer 'n barrel of the Black Stuff is.