Tuesday, May 30, 2006

Studentepret

Hierdie storie oor hoe 14 Caltech studente die rasieleierspan van Washington Universiteit een van die beste poetse nog gebak het (maggies maar Afrikaans is lekker), het my laat dink aan die stories van studentepret op Maties wat ek oor die jare gehoor of aan deelgeneem het. Baie daarvan het die oortreding van een of ander wet behels: meestal diefstal, soms vandalisme, en selfs nudisme. Meeste daarvan was egter glad nie meer so snaaks na almal eers weer nugter was nie. Tog is daar nou en dan 'n storie wat mens laat lag en in verwondering laat oor die breinkrag wat daarin gegaan het. Was jy al deel van so 'n storie? Of ten minste al gehoor van een wat die moeite werd is om te vertel? Deel dit bietjie met die res, sulke staaltjies verdien om oorvertel te word.

10 comments:

psigioot said...

Ek dink menige van ons het 'n draai in Coetzenburg se middernagtelike waters gegooi. Geen breinkrag was hierby betrokke nie, net dryfkrag. Ek weet ook van 'n paar mense wat hulle persoonlike toiletpapiervoorraad(lang woord!) uit die JSG se badkamers aangevul het. Wie onthou vir Tempo? Hy't bottels Tas vir R6 uit sy kas in sy hool verkoop. Een aand,na 'n baie slegte dag, kry ek hom voor Monica, want die kraaie het gesêr. Om my op te beur gaan gooi ons toe 'n paar doughnuts op die parkering agter Wilgenhof in sy suster se gekrokte volla. Die uwe het die handrem getrek. Ons het daai bome net-net gemis, maar my gemoedstoestand het 100 persent verbeter.

Pienk Zuit said...

Tempo : what a legend. Daardie man kon MOZIE! Wat het van hom geword?

maeree said...

Nie so vreeslik exciting nie, maar ons het Helshoogte se haan pienk geverf. En die moeder van alle raids op Helshoogte uitgevoer - het mense op elke vloer gehad en teen die tyd wat hulle geclick het daar's 'n raid, het ons van die ouens gekry om ons te vergesel uit die koshuis uit, want netnou dink iemand ons is deel van die raid. Daar's 'n tugsaak teen een van my vriendinne gemaak as gevolg van die betrokke raid. It was a good one.
En ek het saam met van my staandemag vriende (hulle was mal) in 'n kar om die sirkel in die Strand gejaag - ons het die een ou aan sy voete vasgehou terwyl hy by die venster uithang en blomme plik, so in die gejaag.
(Ek was in Minerva.)
O ja, en ons het een van die ander huise se braaidrom gesteel omdat die universiteit nie ook vir ons (Grote Griet) een wou gee nie.

Maksideem said...

Richard, vertel van die keer toe jy internasionale oproepe verniet gemaak het op "die telefoon lui".

Pienk Zuit said...

Roelie, ek sal eerder nie daardie storie vertel nie, netnou inkrimineer ek myself.

Do Kwang said...

Hei
Hoekom het jy nie die storie gepost wat ek gister hier as comment gelos het nie? Dit was nie eens ongeskik of enigiets nie!

Pienk Zuit said...

Huh? Watter storie? Erens langs die pad het iets fout gegaan Prof, want dit het nie by my uitgekom nie. Miskien 'n probleem met blogger? Probeer maar weer asb, ek is seker dit was baie entertaining.

Pienk Zuit said...

Ek het moderation nou afgesit. So as jou comment in die toekoms nie verskyn nie, is dit nie my fout nie.

Marissa said...

Seker nie so aardskuddend nie, maar nou ja. Ek was in Harmonie. Ons het een aand Monica se hekkie geverf, is waargeneem en weggeneem deur die USBD in hulle "vangwa". Die prim en onder-prim het agterna gejaag in 'n Beetle. Hulle was te laat. Ons het klaar ons regte name vir die USBD gegee. En die volgende aand moes een van ons na die huisdans met die USBD-swerfwag wat ons "gerapporteer" het.

Pienk Zuit said...

Op 'n stadium (erens in 1996/97 dink ek) het Wilgenhof se geysers sporadies die gees gegee, en dan moes 'n groep van ons in Harmonie gaan stort wanneer die warmwater op is. Een aand terwyl ons stort hoor ons toe 'n gevluister/gegiggel uit een van die vents / luggate. Toe eers wat ons agterkom van die dames het 'n plek gekry om in die vents in te klim en daar deur te loer. Die hele stort storie het ook vinnig tot 'n einde gekom toe die laaste ou wat daardie aand gestort het gevang is, aan 'n paal in hulle kwod vasgemaak het en vol tamatiesous en mostert gespuit het. Arme Space Muis het dit ontgeld omdat die dames glo geglo het ons lieg oor ons geysers wat gebreek het.