Thursday, May 25, 2006

Pirahã kan nie tel nie

Ek lees vanoggend van die Pirahã, 'n stam in die Amazone wat 'n baie interessante taal het. Hulle het nie woorde vir syfers nie, en daarom klaarblyklik geen konsep van wiskunde nie, nie eens basiese goed wat ek en jy nie eens as wiskunde sal sien nie. Dis vir my so 'n vreemde konsep dat ek amper nie kan glo dit is waar nie. Dit voel vir my asof syfers so 'n natuurlike deel van my bestaan is, dat dit amper ingebou is, iets waarmee mens gebore word. En dan leer mens verder hoe om dit te gebruik deur meer komplekse wiskunde aan te leer. Maar hierdie stam bewys die teenoorgestelde. Hulle het nie 'n konsep van hoeveelheid nie. Ek wonder of dit hulle meer mededeelsaam en minder selfsugtig maak?

4 comments:

BolandBayern said...

Baie dankie vir jou vriendelike kommentaar op my blog! Daar was onlangs in "Der Spiegel" 'n artikel oor die stam. Daarin word beweer dat hulle taal miskien die Chomsky-toerie in taalkunde kan weerspreek.

Do Kwang said...

Ek verstaan nie. Weet hulle nie hoeveel arms en bene hulle het nie of wat?

Pienk Zuit said...

Dit het my ook gegooi. Hulle taal het nie woorde daarvoor nie, so hulle ken nie die konsep van tel nie. Mense wat hulle probeer leer het om te tel kon dit nie regkry nie, want dis nie net woorde wat hulle kort nie.

Do Kwang said...

As ek dit reg het, het die Australiese aboriginies dieselfde ding gehad met tyd. Geen toekomstige of verlede tyd nie, maar ek kan dalk verkeerd wees.
Ons het in sosiologie geleer van 'n stam in Papua Nieu Guinee - jy wys vir hulle 'n foto van 'n televisie wat in 'n oerwoud staan, en dan vra jy wat is op die foto. Dan se^ hulle, bome, gras, lug, klippe, modder. Maar hulle kan nie die TV raaksien nie, omdat hulle geen konsep vir so iets het nie.