Tuesday, May 23, 2006

Bragging rights

Siende dat meeste mense wie se blogs ek lees, en dan hopelik nou en dan my blog lees, gesoute reisigers is, hier's die lande waar ek al was (Dankie aan leospice, ek het dit op sy blog gesien). Daar is duidelike gapings, iets waaraan ons sal moet werk in die toekoms. Ek's seker dis nie 'n match vir meeste van julle nie, so wys my joune, ek het myne nou gewys. Ek sal wel nogal beindruk wees as iemand my VSA state kan klop.


35 lande
Maak jou eie wêreldkaart hier


36 state
en jou VSA kaart hier

8 comments:

psigioot said...

Daar is Amerikaners wat nie eers jou state kan klop nie. Wat het jy in elkgeval daar gemaak?

Pienk Zuit said...

Daar gebly vir 'n jaar (Louisiana), wat 'n somer roadtrip van 6 weke ingesluit het (27 van die state was op die roadtrip), en 'n paar ander besoeke vir vakansie.

Do Kwang said...

Jou vuilgoed, waneer was jy in Kanada? En wanneer drink ons wyn dat jy my daarvan kan vertel?

Pienk Zuit said...

Kanada was deel van bogenoemde roadtrip, maar net 'n stukkie in die weste (BC en Alberta).

dorothy said...

you have full bragging rights and i'm not going to challenge you

rondloper said...

Jy spring my voor, ek het gedog ek gaan aan die einde van my huidige reis so 'n kaart maak wat amper elke vasteland insluit en vreeslik spog: 39 lande (tot dusver). My kaart kom later. Die een reuse-gaping is Noord-Amerika, daar is my kaart heeltemal leeg en joune vreeslik indrukwekkend!

Pienk Zuit said...

Ek dink my ingeboude reisgogga wil my dwing om die hoeveelheid lande altyd bo my ouderdom te hou.

dorothy said...

the urge to constantly travel and be at any 'there' instead of at any 'here' is well considered in alain de botton's 'art of travel'. it's essential reading for anyone that's been out of their house.