Friday, May 19, 2006

Afkop


Anne Boleyn was die tweede vrou van Henry VIII, en vandag 470 jaar terug (1536) is sy onthoof in die Tower of London. Ek wonder hoeveel keer die laksman moes kap om deur daardie ding om haar nek te kom.

Die Tower is een van my gunsteling toeriste attraksies in Londen. Die geskiedenis, stories en politiek wat daar afgespeel het is ongelooflik.

2 comments:

renklem said...

ek like die kraaie wat daar rondhang vir kwaadgeld

Pienk Zuit said...

Dis eintlik rawe, nie kraaie nie. As mens daaroor dink is dit glad nie so verassend nie, die rawe het altyd op die kraaieloop ook net rondgehang vir kwaadgeld.