Wednesday, May 31, 2006

Did you hear the one about

Did you hear about the agnostic insomniac dyslexic? He lay awake at night wondering if there's a Dog.

Tuesday, May 30, 2006

Waar in die wêreld #2


Aangesien ons vorige wenner so 'n groot rugby fan is, begin ons die week met 'n maklike een om mee op te warm. Die ware toets kom later in die week, met groot pryse. Eerste een met die naam van die stadion wen 'n seisoenkaartjie vir al die Southern Spears se 2007 Super 14 tuiswedstryde. Om dit meer regverdig te maak mag jy soveel vrae (met 'n ja/nee antwoord) vra as wat jy wil, maar net een finale antwoord per dag gee. Moenie probeer slim wees en jou antwoord as 'n vraag stel nie. Natuurlik tel "Is dit die De Aar Gedenkstadion?" as 'n antwoord, nie 'n vraag nie.

Studentepret

Hierdie storie oor hoe 14 Caltech studente die rasieleierspan van Washington Universiteit een van die beste poetse nog gebak het (maggies maar Afrikaans is lekker), het my laat dink aan die stories van studentepret op Maties wat ek oor die jare gehoor of aan deelgeneem het. Baie daarvan het die oortreding van een of ander wet behels: meestal diefstal, soms vandalisme, en selfs nudisme. Meeste daarvan was egter glad nie meer so snaaks na almal eers weer nugter was nie. Tog is daar nou en dan 'n storie wat mens laat lag en in verwondering laat oor die breinkrag wat daarin gegaan het. Was jy al deel van so 'n storie? Of ten minste al gehoor van een wat die moeite werd is om te vertel? Deel dit bietjie met die res, sulke staaltjies verdien om oorvertel te word.

Monday, May 29, 2006

Rawe, up to no good

N.a.v. comments oor kraaie en rawe by 'n vorige post.

Friday, May 26, 2006

Waar in die wêreld?


Om die tyd op 'n Vrydagmiddag bietjie vinniger verby te kry: 'n uitdaging. Waar in die wêreld (dorp/stad) is hierdie foto geneem? Die eerste korrekte antwoord wen 'n all-inclusive trip na enige destiniasie in Suid-Amerika waarheen kulula.com vlieg. Leidrade sal verskaf word as julle sukkel. Ek sal ja of nee antwoord op enige vrae.

Thursday, May 25, 2006

Go Mac!

Cameron McIntosh is een van die merkwaardigste mense wat ek die eer het om 'n vriend te noem. Onthou daardie naam, jy gaan dit nog in die toekoms hoor (op 'n goeie manier, nie die Police File manier nie).

Pirahã kan nie tel nie

Ek lees vanoggend van die Pirahã, 'n stam in die Amazone wat 'n baie interessante taal het. Hulle het nie woorde vir syfers nie, en daarom klaarblyklik geen konsep van wiskunde nie, nie eens basiese goed wat ek en jy nie eens as wiskunde sal sien nie. Dis vir my so 'n vreemde konsep dat ek amper nie kan glo dit is waar nie. Dit voel vir my asof syfers so 'n natuurlike deel van my bestaan is, dat dit amper ingebou is, iets waarmee mens gebore word. En dan leer mens verder hoe om dit te gebruik deur meer komplekse wiskunde aan te leer. Maar hierdie stam bewys die teenoorgestelde. Hulle het nie 'n konsep van hoeveelheid nie. Ek wonder of dit hulle meer mededeelsaam en minder selfsugtig maak?

Tuesday, May 23, 2006

Bragging rights

Siende dat meeste mense wie se blogs ek lees, en dan hopelik nou en dan my blog lees, gesoute reisigers is, hier's die lande waar ek al was (Dankie aan leospice, ek het dit op sy blog gesien). Daar is duidelike gapings, iets waaraan ons sal moet werk in die toekoms. Ek's seker dis nie 'n match vir meeste van julle nie, so wys my joune, ek het myne nou gewys. Ek sal wel nogal beindruk wees as iemand my VSA state kan klop.


35 lande
Maak jou eie wêreldkaart hier


36 state
en jou VSA kaart hier

Monday, May 22, 2006

Donker nag?

As jy in die Kaap bly kan jy hier gaan kyk wanneer daar moontlik kragonderbrekings kan wees waar jy bly. Ek moet sê dat sedert die laaste krisis, toe ons vir 'n week lank donker was, gaan dinge heel goed. Die 2 moontlike onderbrekings wat vir laas week voorspel was by my adres het nooit gebeur nie. Eskom het seker die regte mense op die job gesit. Vraag is net: hoekom was hulle nie van die begin af op die job nie? Dan kon die hele onaangenaamheid verhoed gewees het.

Tom Hanks - Boring as Indiana Jones

Ek en die vroutjie het toe die naweek gaan Da Vinci Code kyk. Ons het beide die boek gelees (lank terug, voor die godsdiens oorlog daar rondom uitgebars het), en gedink die boek is oraait, maar niks wonderlik nie; 'n lekker skattejag storie. Ek het op daardie stadium gedink dit sal seker kontroversieel wees, maar was nie rerig self as Christen offended oor die inhoud nie, dis tog net 'n boek. 'n Kollega van my het vanoggend die fliek as "'n boring Indiana Jones" beskryf, wat omtrent die beste beskrywing is wat ek ook aan kan dink. Gelukkig kom Indiana Jones 4 volgende jaar uit; kan nie wag daarvoor nie.

Friday, May 19, 2006

Forget Taiwan, try America

The US Senate yesterday voted to make English the "national language" of the USA. Someone should probably start teaching them to speak English then.

Lees more VAK

Betroubare bronne het my ingelig more se Van Alle Kante gaan 'n goeie een wees. So doen die moeite en lees dit more in Die Burger.

Update: Lees dit hier aanlyn.

Afkop


Anne Boleyn was die tweede vrou van Henry VIII, en vandag 470 jaar terug (1536) is sy onthoof in die Tower of London. Ek wonder hoeveel keer die laksman moes kap om deur daardie ding om haar nek te kom.

Die Tower is een van my gunsteling toeriste attraksies in Londen. Die geskiedenis, stories en politiek wat daar afgespeel het is ongelooflik.

Thursday, May 18, 2006

Hoot if you know this man

Ken jy die man? Altyd lekker om vriende te humiliate op die web.

Post die blogosfeer vol honde


Gina en Nika (alias Princess Black Velvet Ears) kuier saam.

Wednesday, May 17, 2006

Hulle help jou om ander te help

Sibusisiwe is 'n organisasie wat welsynprojekte run. Hulle is soos 'n welsyn-dorpsplein: hulle bring mense wat hulp nodig het uit by mense wat kan help. So as jy kan help (of hulp nodig het), gaan registreer op die webblad, maak nie saak waarmee jy kan help of hoe gereeld nie, enige hulp is welkom.

The Psychology of Judgment and Decision Making

Gisteraand kyk ek toevallig Special Assignment op SABC3, en dit gaan toe oor hoe selfoontorings kamtig mense wat naby aan hulle bly se gesondheid aantas. Om aan te haal van die webblad af : "Special Assignment speaks to the myriad of people who suffer ill effects living close to cellular phone masts and base stations and finds out why health authorities won’t take them seriously."

Wat in der waarheid gebeur het is dat hulle die arme verteenwoordiger van die Dept van Gesondheid aangeval het met aantuigings (wat glad nie deur feite bewys word nie) om hom te laat lyk soos 'n idioot wat niks daaraan doen nie. Die arme man het herhaaldelik vir hulle probeer sê dat die World Health Organization se riglyne streng gevolg word in SA, en dat daar GEEN bewyse is dat die torings enige gesondheidsgevolge het nie. Special Assignment se retort was om met idiote, wat naby selfoontorings bly, te praat en hulle mening te kry; een van die idiote was 'n vrou wat 'n klein hangertjie dra wat glo die radiasie neutraliseer! Dit was op daardie stadium wat ek hardop begin lag het, en toe begin dink het aan 'n uitstekende boek wat ek besig is om te lees:

The Psychology of Judgment and Decision Making deur Scott Plous



Hoofstuk 15 gaan oor hoe swak ons as mense is met korrelasies maak, en hoe ons maklik 'n korrelasie sal sien wat nie bestaan nie. Special Assignment het 'n korrelasie gemaak tussen selfoontorings en 'n paar mense wat daar naby bly met swak gesondheid. Mens moet egter gaan kyk na hoeveel mense naby selfoontorings bly met goeie gesondheid, en jy moet gaan kyk na hoeveel mense ver van selfoontorings bly maar tog dieselfde gesondheidsprobleme het as die mense naby aan die torings, voor jy 'n korrelasie kan maak. Dis juis wanneer jy dit doen (soos gedoen is in vele wetenskaplike studies) dat jy gaan agterkom dat daar nie 'n korrelasie is nie, en dat gister se Special Assignment sommer net swak joernalistiek was. Volgende gaan hulle seker praat met 'n klomp rednecks wat UFOs gesien het en die korrelasie maak dat die UFOs vir al hulle probleme te blameer is.

Doen jouself 'n guns en lees hierdie boek, dit sal jou oë oopmaak en jou laat skrik oor hoe ons almal dieselfde denkfoute maak as ons besluite neem. Gelukkig kan mens daaruit leer en hopelik minder sulke denkfoute maak.

Friday, May 12, 2006

Stellenbosch soek Afrikaans

Google het 'n baie oulike nuwe trend tool, waarmee mens kan kyk waarna ander mense soek op Google, en waar daardie mense vandaan kom. So kan mens byvoorbeeld agterkom dat Stellenbosch die plek in die wêreld is waar die meeste vir Afrikaans gesoek word, na Randburg, Bloemfontein en Pretoria. Nog interessanthede is dat die mense in Dublin die graagste wil Kaap toe kom van oorsee af, dat meeste mense dit maar nog as Pretoria ken (nie Tshwane nie), dat meer mense girlfriends soek as boyfriends (en dat die Aussies klaarblyklik maar alleen is) en dat Paris Hilton vir 2 kort tydperke in 2005 gewilder was as George Bush in Amerika.

Thursday, May 11, 2006

Instanbul (not Constantinople)


Toe ek veel jonger was, en nog KTV op MNet gekyk het, was daar 'n cartoon met die naam "Tiny Toon Adventures". Hulle het elke nou en dan 'n liedjie gesing, en een daarvan, wat ek onthou, was "Istanbul (not Constantinople)". Daai bleddie liedjie sit nou nog in my kop vas, 20 jaar later (dit was 'n baie catchy tune ok!) . Om terug te kom by die nuttelose punt : vandag, 1676 jaar terug het Keiser Konstantein I (aka Gaius Flavius Valerius Aurelius Constantinus) die hoofstad van die Romynse ryk van Rome na Konstantinople geskuif. Bo is 'n foto wat ek geneem het van die Arch of Constantine in Rome, bo van die kolluseum af. Dis gebou voor ou Gaius besluit het om die hoofstad te skuif. Die plek waarheen dit geskuif het se naam was eers Bezantium, wat toe Constantinople geword het (330), en baie later (1930) Istanbul. Dit was seker daai tyd se Tswane vs Pretoria debat.

Cars in the next lane really do go faster

Nou ja, hierdie bevestig net wat mens altyd dink as jy in die verkeer sit: die karre in die laan langs jou ry vinniger, en jy moes eerder in daardie laan gewees het:
Cars in the next lane really do go faster

Monday, May 08, 2006

First with the scoop

Soos ek hierdie tik is regter Willem van der Merwe in die Jacob Zuma verkragtingsaak besig om sy bevinding te lewer. Hy gaan binne minute aankondig dat JZ onskuldig bevind word van verkragting, maar skuldig van dom wees (ok, hy gaan hom waarskynlik nie skuldig bevind van dom wees nie, maar dis tog obvious).

"Ek erken dat ek 'n fout gemaak het"

Die engelse frase "my bad", wat deesdae so gewild is in die (urban-hiphop-wannabe) amerikaanse volksmond, het sy oorsprong amper 20 jaar terug. Dit het begin by 'n basketbalspeler uit Sudan, Manute Bol, wat in die jare 80 in Los Angeles gaan basketbal speel het. Wanneer hy 'n fout gemaak het, soos om 'n bal sleg aan te gee, het hy gesê "my bad", i.p.v. "my fault". Die ander spelers in sy span het dit toe ook begin gebruik, en so het dit in die basketbal subkultuur versprei. Dit is egter eers algemeen deur die massas in gebruik geneem na die frase in die fliek "Clueless" gebruik is. Lees meer hier.

Thursday, May 04, 2006

Feit vir die dag

Mount Scenery (888m) is die hoogste punt in die Nederlandse koningkryk. Mount Scenery kan gevind word op Saba, 'n klein eiland in die Karibiese eilande. Hier's 'n kaart as jy wonder waar dit is, hier is 'n foto. Saba word gereken as een van die beste plekke in die wêreld om te duik. Ek wonder nou nog of ek moet spyt wees dat ek my eerste scuba duik daar gedoen het, want die res van my lewe gaan ek duike vergelyk daarmee. As jy nie verstaan nie, dink so daaraan : Sal jy wil hê jou heel eerste soen moet die beste van jou lewe wees?

No Pants Day 2k6



Hier is 'n storie wat my nogal laat dink het aan die hele Prof Van Niekerk vs Slurpie episode. Dit vertel van 'n groep mense wat in New York besluit het om sonder broeke, net met onderbroeke, op die trein te ry. 'n Polisieman wat dit sien oorreageer toe ook heeltemal en die hele ding ontaard toe in 'n media frenzy. En dit alles sonder rede, niemand het enige wet oortree nie. Die hele episode is gereël deur 'n website genaamd Improv Everywhere, wat gereeld sulke bizarre situasies in die publiek orkestreer. Nog 'n gunsteling is waar hulle almal soos die werknemers van 'n groot elektroniese winkel aantrek in die winkel gaan rondstaan.

Wednesday, May 03, 2006

Die Burger in Venisië

Die Burger kos omtrent R30 ($4.99) in Venesië:


By hierdie terminaal kan mens jou keuse van omtrent enige koerant in die wêreld druk, sommer net daar in die boekwinkel. Jy sien net die helfte van die voorblad, so ek kon nie eens lees van die Stormers se sege (oor die Blues in Auckland, 2004 as ek reg onthou) sonder om te betaal nie.

Son, see, krieket en rum punch

Kaartjies vir die krieket wêreldbeker toernooi in die Wes-Indies in 2007 is van vandag af te koop op die amptelike webwerf. Wat my nogal verbaas het is hoe bekostigbaar die kaartjies is. Indien SA deurgaan tot in die finaal sal dit $355 kos om AL die SA games te kyk, van die eerste tot die finaal, 11 wedstryde in totaal.

Feit vir die dag

Severomorsk is die administratiewe hoofkwartier van die Russiese Noordelike Vloot. Severomorsk is 25 km noord van Murmansk, wat die grootste stad in die Arktiese sirkel is met meer as 330 000 mense. Dit hawe is ys-vry reg deur die jaar, selfs al is dit so ver noord, as gevolg van die Noord-Atlantiese dryfseestroom wat die water warm genoeg hou (ek is seker "warm" is 'n baie relatiewe woord hier).

Tuesday, May 02, 2006

Lukrake feit van die dag

Die hele Chuck Norris obsessie wat almal deesdae het, het ontstaan toe Conan O'Brien humoristiese clips van Walker, Texas Ranger op Late Night with Conan O'Brien gewys het. Dit het 'n baie populêre segment van die show geword, en het glo so gelei tot Chuck se huidige populariteit. Chuck het 'n cult icon geword.