Wednesday, April 12, 2006

That's me in the corner

Ek het onlangs 'n paar blog posts en comments raak gelees (hier en hier) wat gaan oor mimiek en hoe dit gebruik word om evangelisasie te doen. Uit die comments lyk dit vir my asof daar heelwat mense is wat aan mimici of soortgelyke christelike aktiwiteite deelgeneem het, maar nou vervreemd is van die kerk of nie meer glo nie. Dit laat my terugdink aan my tyd op Stellenbosch. Ek onthou hoe mense, wat CVS kringleiers was op skool of goed soos mimiek in die kerk gedoen het, skielik verander het op universiteit en klaarblyklik ophou glo het. Ek wonder nou net (as jy so iemand is, lewer asb kommentaar) : Het jy werklik geglo voor jy ophou glo het in God? Wat was die werkilike rede hoekom jy mimiek gedoen het of op CSV kampe gegaan het of belydenis van geloof afgelĂȘ het? Dis vrae waaroor ek eerlik wonder, want ek kon nog nie op die punt kom om anders te glo nie. So nou wonder ek of 'n gelowige tot op daardie punt gedryf kan word, en of dit eintlik 'n ongelowige is wat eerlik raak oor sy ongeloof? As 'n christen 'n nie-christen word, was hy ooit 'n christen?

NS Die term ongelowige hier verwys net na iemand wat self erken hulle glo nie. Ek veroordeel niemand nie, en probeer glad nie iemand label as christen of heiden nie. Net jy weet of (en wat) jy glo of nie.

UPDATE: Nou hierdie is interessant.

5 comments:

Do Kwang said...

Dis seker om die vraag so bietjie te dodge, maar ek dink nie die onderskeid tussen gelowiges en ongelowiges is so duidelik nie. Daar is 'n hele spektrum en mens beweeg jou hele lewe op en af en heen en weer. Dalk glo jy op skool op 'n sekere manier, jy doen mimiek, jy is CSV-kringleier, en dan vra jy eendag 'n vraag en dan begin jy bietjie anders te glo, en dan pas jy later jou geloof nog bietjie aan. En eendag kom jy agter jy het lanklaas enigiets gedoen wat as 'n simptoom van "glo" beskryf kan word, maar jy voel nader aan God as wat jy gevoel het toe jy 'n mimikus was. En dalk val jy dan weg en jy is bitter en jy haat die kerk juis omdat jy dit eens so lief gehad het, en dan word jy weer bietjie ouer en jy mellow en jy kom agter jy het tog eendag tuis gevoel en jy keer met babatreetjies terug totdat jy eendag weer is waar jy was, net ouer en dalk wyser. Of dalk glad nie waar jy was nie. Ek weet van baie mense wat mimiek doen wat absoluut niks van Jesus in hulle het nie, al glo hulle. En ek weet van mense wat nie glo nie, maar presies lyk soos wat Jesus sekerlik wou gehad het ons moet lyk. Dis als baie complicated en tydens die tik hiervan het ek net weereens besef ek verstaan dit nie. Dit pla my ook nie juis dat ek dit nie verstaan nie.

Pienk Zuit said...

ok, ek sien my post was nie duidleik gonoeg oor 'n baie belangrike punt nie: Ek praat van ongelowiges as mense wat defnitief nie meer glo nie, en dit openlik erken. Nie gelowiges wat twyfel of deur 'n moeilike tyd gaan of soortgelyks nie. Ek praat van atheiste as jy 'n naam daarvoor wil gee, maar nie alle atheiste noem hulself atheiste nie, so daarom noem ek hulle ongelowiges. En dis ook nie rerig dat dit my pla nie, ek probeer juis hoor wat ander mense dink sodat ek miskien bietjie beter kan verstaan.

Willem said...

Vir my persoonlik is daar in my geloof die verhouding tot my Skepper en dan weer tot kerk. Ek glo nie die twee moet noodwendig saam gesien word. Ek bly glo, al glo ek nie die kerk is tot my heil nie.

Lammervanger said...

In Suid-Afrika word ons baie konserwatief groot in die sin dat kerk deel is van grootword, maw Sondagskool, doop, ens. Lank voordat mense vir hulle self kan dink oor die saak is hulle al halfpad deur Sondagskool of al klaar aangeneem in die kerk saam met al hulle maatjies. Somtyds is dit niks meer as maar net nog 'n weeklikse plig wat afgehandel moet word nie. Die werklike toets/waterskeiding is wanneer mense klaar is met skool/universiteit en hulle self besluit of hulle betrokke is by kerklike dinge omdat hulle glo en of dit maar net 'n gewoonte was.

'n Mens is 'n ding wat daarvan hou om te gaan dink oor 'n ding en as iemand besluit dat hy nie in die Vader glo nie, maar eerder in die noodlot, dan het hy sy keuse uigeoefen. In Suid-Afrika vind jy jouself in bitter min situasies waar daar vir geloof gelag word, maar oorsee (lees land waar kerk ens deel is van jou lewe omdat jou ouers glo en nie omdat is dit die norm is nie)... Dit is in vandag se tyd (ongelukkig) baie makliker om nie te glo nie...

Maksideem said...

of jy mimiek of nie maak nie van jou ´n christen nie.