Friday, March 24, 2006

Bid hiervoor

Abdul Rahman is 'n Christen in Afghanistan wat nou verhoor word omdat hy bekeer het tot Christenskap. As hy skuldig bevind word kan hy tot die dood veroordeel word. Lees meer oor wat die BBC daaroor vertel. Hierdie ou het gebede nodig, so as jy bid, dink aan hom ook.

2 comments:

Do Kwang said...

Ek gaan vir daai ou bid.
Dis alles baie weird, want ek het gemeen George Bush het dan die Taliban-tipes uitgeskop en 'n demokrasie van stapel gestuur, nou klink dit vir my na more of the same. Daar was voor die Amerikaanse inval ook so 'n span Christen sendelinge wat tot dood veroordeel is, en toe hulle na die Yanks se inval vrygelaat is, het almal gemeen dit gaan beter gaan.
Ek raak vreeslik hartseer oor wat in die we^reld gebeur. Mense moet meer keel dikmaak teen hierdie wrede fundamentaliste.

Do Kwang said...

Hei, dit het gewerk. Daai ou is vrygelaat - lees op http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/south-asia/4850080.stm