Friday, February 24, 2006

Meer lig asb

Gaan asb nou dadelik na kulula.com se website en teken die petisie om daylight savings time in SA te kry. Soos hierdie berig mooi verduidelik: dis nie net 'n foefie om almal deurmekaar te maak met hoe laat dit nou eintlik is nie. Daar is baie voordele, en ons gaan meer lig hĂȘ in die aand om goed te doen. My ondersteuning kom eintlik vanuit die besef dat indien ons DLT kry sal die son eers na 9 ondergaan in die middel van somer. Dit beteken ek sal na werk 'n hele rondte gholf kan gaan speel as ek so 17:30 afslaan. Sweet! So gaan nou en sit jou naam by.

Thursday, February 23, 2006

Bewyse teen Marius Nolte


Na aanleiding van 'n gesprek op saligerus, hier is 'n foto uit my koshuis dae. Vir byna 2 jaar het ons probeer identifiseer wie skuldige is wat hierdie anatomiese onmoontlikheid pleeg. Speurwerk en eliminasie het op die ou end die skuldige vasgetrek : Marius Overtaker Nolte.