Tuesday, November 29, 2005

Occam se skeermes

Die konsep van Occam's Razor is iets waaraan ek sterk glo. Vir die wat nog nie daarvan gehoor het nie, dit sê dat gegee verskillende teorië om 'n gegewe situasie te verduidelik, is die eenvoudigste een die mees waarskynlike een. Wikipedia verduidelik dit selfs nog beter.

As voorbeeld: Gegee man met baie politieke mag word aangekla van korrupsie en kort daarna van die verkragting van 'n HIV positiewe vriendin van sy gesin, en word skuldig bevind van beide (let wel, die skuldigbevinding deur 'n onafhanklike hof is belangrik hier). Daar is twee teorië hieroor: 1. Hy is die onskuldige slagoffer van 'n komplekse politieke sameswering om sy politieke loopbaan te kelder; 2. Hy is dom-astrant, astrant of sommer net plain dom. Pas Occum's Razor toe, en met my logika moet teorie 2 waar wees.

Tuesday, November 22, 2005

T-Been en ander opsies

Maggies maar ons hou van moan. Let nou maar op volgende keer wat jy in 'n gespreksituasie is en 'n ongemaklike stilte ontstaan. Dit sal 90% van die kere onderbreuk word deur iemand wat begin kla oor die weer of die Springbokke of oor Jacob Zuma. Nou het ek ook al agtergekom dat kla nie naastenby soveel uitgerig kry as om 'n oplossing voor te stel nie. Al is die oplossing onuitvoerbaar en belaglik kry dit mense ten minste aan die dink aan hoe om voorentoe te beweeg en 'n werkbare oplossing te vind. So hier is dan my voorstel vir die taalkwessie by die Universiteit van Stellenbosch:

Dit is met opset dat ek nie voor my oplossing 'n stelling of 2 maak om te wys aan watter kant van die debat ek staan nie. (iets soos "Ek is lief vir afrikaans en sal sterf daarvoor" of "Afrikaans is en sal altyd die taal van die onderdrukker bly" of wat ook al nie). Die rede is dat mense aan beide kante van die debat so sterk voel oor hulle standpunt dat hulle eenvoudig nie meer sal luister as iemand nie met hulle fundamentele punt saamstem nie. Niks wat daardie persoon kan sê kan tog verder werkbaar wees nie, en is tog defnitief 'n rassistiese voorstel, of 'n anti-Afrikaanse voorstel.

My voorstel is dat die onderrig struktuur van die universiteit in so verander word dat taal nie meer 'n kwessie is nie. Neem die las van toetse merk, tutoriale aanbied en selfs lesings weg van dosente en stel assistente aan om hierdie werk te doen. Die konsep word al lank in goeie universiteite soos M.I.T. toegepas. Nagraadse studente word aangestel om al hierdie werk te doen (dink Demis op steroids). Die dosent stel nog steeds die inhoud van die kursus op, maar die aanbied van die lesings word deur die assistent gedoen. As die kursus in Afrikaans sowel as Engels aangebied moet word, word twee assistente aangestel (onthou, hulle is nagraadse studente wat baie minder as dosente hoef betaal te word, moontlik selfs deur 'n beurs wat hulle vrystel van klasgeld) wie se verantwoordelikheid dit is om die kursus materiaal in watter taal ook al te vertaal en aan te bied. Die werklading op die dosente neem dus nie toe nie, en dalk het hulle dan selfs tyd om aan navorsing te spandeer, en die moontlikheid bestaan om kursusse in selfs ander tale ook aan te bied.

Dosente is nie veronderstel om naskoolse onderwysers te wees nie, eerder om akademici te wees wat kennis in hulle veld verbreed. Studente sal nog steeds kontak met die dosente hê in 'n een-tot-een situasie in tutoriale, praktika of individuele afsprake. My mening is dat dit baie meer waardevol is vir 'n student om 'n kursus te volg wat deur 'n goeie akademikus opgestel is en deur iemand anders aangebied word, as wat dit is om 'n kursus te volg by iemand wat 'n goeie onderwyser is maar 'n swak akademikus.

Lees bietjie hier oor wat M.I.T. se teaching assistants, en research assistants alles moet doen.

As jy van my verskil of sommer net jou sê wil sê, los asseblief 'n comment onderaan hierdie relaas.

Monday, November 21, 2005

Perlemoen pienk

Terug op die job na 'n lekker naweek op Pearly Beach. Dit was duidelik dat perlemoen poachers is besig om die see daar leeg te stroop. Klein perlemoen skulpe lê oral uitgespoel, en ons het 'n paar hope onder die water ook gesien terwyl ons tussen die bamboes gesnorkel het. Ek dink die weermag moet 'n peleton/bateljon/wat-die-army-woord-ookal-is-vir-'n-groep-van-ongeveer-20-troepe by die kusdorpies wat sukkel met poachers stasioneer. Hulle moet dan oorlog voer teen die poachers, want hulle is besig met ekologiese terrorisme.

'n Terugblik op my voorspellings vir die naweek se sport was toe nie baie akkuraat nie. Die krieket het ons verloor, die Pommies het die All Blacks laat swaar kry, en die Ozze het uit eindelik weer gewen. Oor die Bokke was ek die naaste, 'n 17 punt oorwinning is darem naby aan my voorspelling van ten minste 20 punte. Ons sou verder gewen het as dit nie was vir die skokkende beslissings deur die New Zeelandse lynregter Bryce Lawrence was nie. Laat mens weer terug dink aan die gerugte wat 'n paar jaar terug die rondte gedoen eht van 'n epos wat gestuur is tussen Australië en New Zeeland se skeidsregters waarin gesê word dat hulle die Japies (SAners) moet regsien.

Friday, November 18, 2005

First Post. 133t haxors rulz

Reg so, my eerste post. Net 'n halfuur oor om te werk op 'n Vrydagmiddag. Vooruitsigte van son, see, braaivleis, rugby en krieket hierdie naweek. More poog die Proteas om Steve Waugh se span na te maak en 21 wedstryde in 'n ry onoorwonne te bly deur vir Indië te klop, die Bokke speel teen Wallis, die All Blacks teen Engeland, en Ozland en die Iere kyk wie 'n krummeltjie selfrespek kan red van hulle onderskeidelike rugby seisoene. My voorspellings:

Proteas wen groot as hulle die loot wen, as Dravid die loot wen wen ons in die laaste boulbeurt.
Bokke wen met ten minste 20 punte.
NZ wen met ten minste 30 punte.
Ierland wen 'n vreeslike boring game met 3 punte, 9-6 of iets soortgelyk.

Die eerste 2 voorspellings is patrioties, die 3rde omdat ek nie die Pommies like nie, en die 4de omdat ek Oz nog minder like.