Thursday, February 08, 2007
Skuif na http://pienkzuit.wordpress.com
168 is ook die nommer van die laaste post op hierdie blog. Van nou af sal die wedervaringe van die Man met die Pienk Zuit vertel word op 'n Wordpress blog (http://pienkzuit.wordpress.com). Dalk skryf ek daar 'n post oor 168 redes waarom Wordpress beter is as blogger.
Wednesday, February 07, 2007
Grotman
Monday, January 29, 2007
Slag die kalf
Wednesday, January 24, 2007
Finlay's name
Vir die wat nie Die Fin geken het nie is 'n kort beskrywing dalk in orde. Verbeel jou iemand bou 'n lang kroegtoonbank in die lengte van jou ouma se plaashuis se gang af, plaas drank aan die een kant en stoeltjies aan die ander kant. Aan die (baie nou) kant met die stoeltjies staan die die who's who van Stellenbosch rugblyklub, saam met almal wat saam met hulle gesien wil word, en wuif (semi-onsuksesvol) om een van die 3 kroegmanne se aandag te kry bo die klipharde treffers wat pomp oor die luidsprekers. Sommige klante word egter wel flink gehelp, waarskynlik omdat hulle mede koshuisinwoners van die kroegmanne is.
Gestel nou jy en 'n paar vriende geniet 'n aandjie uit in hierdie gang met harde musiek, wanneer 'n groep aantreklike dames langs julle kom stelling inneem. Jy knoop 'n geselsie aan met een van hulle, wat min of meer so iets gaan:
Jy : "Hi, jy's mos **** se kamermaat. Wat is jou naam nou weer?"
Sy : "Chrizelle"
Jy : "Estelle?"
Sy : "Nee, CHRIzelle"
Jy : "Sonel?"
Sy : "CHRIZELLE"
Jy : "O, ok."
Jou vriend wat langs jou staan : "Wat's haar naam nou weer?"
Jy : "Nee hel, ek weet nie. Maar ek dink sy wil iets bestel."
Chrizelle is 'n tipiese voorbeeld van 'n Finlay's naam. Een van daardie name wat 'n meisie maar so hard as wat sy kan vir jou kan skree in Finlay's, jy sal dit nooit reg gehoor kry nie. Dit gebeur omdat jou brein slegs sporadies klanke bo die pompende treffers as toevoer ontvang, en die res van die woorde moet raai. Vir die grootste dele van gesprekke is dit nie te moeilik nie (in elk geval nie die tipe gesprekke wat in Finlay's gevoer is nie), maar wanneer 'n meisie tevergeefs haar volksvreemde naam in jou oor probeer bulder werk daardie proses van herkenning net nie meer nie.
Finlay's bestaan nie meer nie. Maar ek sien in my geestesoog hoe 'n jong man oor 18 jaar 'n geselsie aanknoop met Chrizette Cloete-Els in 'n watergat in Tshwane, en die gesprek op die ou end eindig met:
"Wat is haar naam?"
"Nee hel, ek weet nie, maar sy's glo 'n sl
Tuesday, January 23, 2007
Tshepo Legodi maak uit

Tshepo Legodi is duidelik iemand wat uitmaak ("he gets it"). Met die groot geraas en verontwaardigheid wat gevolg het na die ou S.A. vlae wat gewaai het by die Bokke se toetse op Twickenham, kom dit toe uit dat daar 'n swart man was wat die vlag geswaai het. Wat dit natuurlik bitter ongemaklik gemaak het vir die mense wat summier die ou-vlag-swaaiers afgemaak het as rassiste. Hopelik het daardie mense toe bietjie verder gedink : dalk was daar 'n ander rede hoekom party mense die vlag swaai as rassisme. Dalk is dit hoekom vryheid van spraak so belangrik is.
Nou kom dit uit dat die swart man met die vlag se naam Tshepo Legodi is, en dat hy die ou vlag gewaai het vir eenheid onder S.A.-ners (dankie news24.com). Waarskynlik was van mense met die ou vlag rassiste, en het hulle dit gewaai om uitdagend en uittartend te wees, maar dit maak Tshepo se ou vlag net soveel meer simbolies van eenheid, en ontlont hulle uitdagende houding op die beste moontlike manier.
Volgens hom:
"You could say that I did it for unity.
"I don't carry a chip (on his shoulder) and I don't dwell on the past.
"I think that if people reach a point where they can accept the past, it will no longer be able to cause hurt.
"The apartheid years were bad, but I'm not going to pretend it never happened.
"The old flag is part of my history, too. What are we going to tell our grandchildren one day?
"I'd like to be able to show them that I've moved on."
en ook:"I think most of them saw the humour in it. And, why not? I think South Africans should take care not to be overly sensitive.
"The old flag, in its day, represented the entire South Africa and not everyone was racist, by any means.
"They were proud South Africans, who are now just as proud of their new flag."
"I actually had both flags there. A black man with the old flag and the new flag - what better symbol of unity can there be?"
Is dit al te laat om hierdie ou die volgende president te maak?Update:
Legodi in sy eie woorde (danksy www.rugby365.com).
Monday, January 22, 2007
Super Hero en Super Villain
Flash a-ah
Savior of the Universe
Flash
He save everyone of us
Flash
He's a miracle
Flash
King of the impossible
Your results:
You are The Flash
| Fast, athletic and flirtatious.![]() |
Click here to take the Superhero Personality Test
Your results:
You are Dr. Doom
| Blessed with smarts and power but burdened by vanity.![]() |
Click here to take the Supervillain Personality Quiz
Friday, January 19, 2007
Nephilim
1. Hulle is die nageslag van engele en menslike vrouens.
2. Hulle is die nageslag van Set (Adam en Eva se 3rde seun).
3. Hulle is die nageslag van Konings (prominente manne) van die tyd.
Klaarblyklik het o.a. die Mormone besluit punt 2 is die waarheid, terwyl sommige ortodokse Jode punt 3 aanhang. Nou wonder ek oor 2 goed:
1. Wat word ons N.G. dominees in die Kweek geleer?
2. Het iemand al ooit in die geskiedenis van die N.G. Kerk oor hierdie reuse gepreek?
Freddy, mareee?
Thursday, January 18, 2007
8 Januarie 2000
(foto by cricinfo.com gekry)Vandag, 7 jaar gelede het Engeland die laaste toets in die reeks gewen nadat Hansie Cronje en Nasser Hussain elk 'n kolfbeurt opgegee het om 'n uitslag in die toets te probeer verseker.
Ek lees nou die boek '...And Nothing But The Truth'? deur Deon Gouws. Nogal interessant om na 'n paar jaar weer te dink oor daardie tyd, hoe mens gevoel het oor al die stories en aan wie se kant jy was.
NS - Ek het onlangs verneem daardie allemansvriend Prof het kontak met einste Deon Gouws. Dalk kan Prof hom oorreed om 'n virtuele "book signing" te doen, waar ons vrae oor krieket, finansies en die weer in Londen aan hom kan stel.
Tuesday, January 16, 2007
Genesis 1-11
Neem Noag as voorbeeld. Dis tog sekerlik nie waar dat die HELE Aarde oorstroom het nie, so was dit net 'n lokale vloed, of is dit 'n verhaal soos Adam en Eva wat nie noodwendig eens gebeur het nie, maar 'n boodskap wil bring (ek weet daar is baie mense wat sommer al op die Adam en Eva punt met my sal stry)?
En wat van dele soos Genesis 6 (hierdie kom uit die ou vertaling):
| 1 | TOE die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, |
| 2 | sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. |
| 3 | Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar. |
| 4 | In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. |
Reuse wat kinders is van hemelwesens (seuns van God in die ou vertaling)!? Wie's hierdie hemelwesens? Dit klink soos een of ander Griekse verhaal uit die mitologie.
Genesis 10: 20-27 (Noga en sy wingerd) lyk ook bietjie soos 'n storie wat jare later opgemaak is om haat te stook teen die mense van Kanaän.
Dis asof die verhale van Genesis 1-11 lees soos daardie kinderverhale wat eindig met iets soos "en dis hoe dit gekom het dat hasie se stert so kort is". Die boodskap daar agter is duidelik, maar is die stories nie dalk aangedik en aangepas soos hulle oor die eeue vertel is, juis om die boodskap duideliker te maak nie?
Of is ek heeltemal buite orde en dink ek te veel hieroor?
Monday, January 15, 2007
Lekkerrrrrrr
Die 2 snaakste goed wat ek daar rondom gehoor het is Kevin Pietersen se bynaam : Figjam (Fuck, I'm Good, Just Ask Me), en Geoff Boycott (wat bietjie meer as net een reeks om die As gewen het om sy MBE te verdien) wat af gegaan het oor hoe belaglik dit is dat die hele Englese span MBEs gekry het na hulle oorwinning in 2005: "I feel so bad about mine I'm going to tie it round my cat. It doesn't mean anything anymore. It's a joke."
Wednesday, January 10, 2007
Mag mens boeke van korrupte skrywers lees?
Ek is nog nie heeltemal terug nie, maar as ek nog lesers oor het, volgende week sal Pienk Zuit weer in volle swang wees.
Thursday, December 07, 2006
Kersgeskenke
Aan Minter, 'n lisensie wat in SA geldig is, 'n nuwe ID boekie en 'n kursus in SA street smarts sodat sy CDs nie weer gesteel word nie.
Aan Lammervanger, 'n nuwe ware Ozzie liefde.
Aan Do Kwang, Kaaspastytjie en Kwam Oem, 'n uil afweerder en 'n waterbottel vir wanneer ons weer 'n slag saam spin.
Aan Maeree en HVDH, 'n swaai vir hulle tuin / stoep.
Aan Maksideem, 'n hoed wat sê "I live in Manly" om te dra as hy uitgaan en chicks wil impress.
Aan Dorothy, 'n fitness instructor wat soos Billy Joel sing en Arnold lyk.
Aan Arcadia, Lost Girls, Mafikeng biblioteekkaartjie en haar eie Lily.
Aan Carien, 'n mediese fonds, 'n rusbank vir haar leë woonstel en Wild Riders sodat die dominee haar nie uitvang as sy dit self koop nie.
Aan Rondloper, 'n gasteboek vir sy nuwe gastehuis, en 'n proudly south African t-shirt om op sy reise te dra.
Aan Voetstoots, 'n bottel boontjies om te tel, en 'n 2 fotos van Graeme Smith en John Smit wat elk 'n wêreldbeker vashou (sal moet wag tot volgende jaar om dit te kry egter).
Aan Margie, the Book of Lists.
Aan Adam, 'n pak rainbow coloured jockeys (te veel wit is nie goed vir mens nie).
Aan Henno, The Perfect Storm op DVD, aangesien hy teleurgesteld was in Typhoon Durian .
Aan Rooi Neger, 'n limo vir wanneer hy Bermuda se president word. Ek twyfel nie vir een oomblik dat hy dit sal afpull nie. Om die waarheid te sê, hy sal nie eens staan in die verkiesing nie, hy sal sommer net die huidige prez se job bum.
Aan Emmy, gm, jobs by hulle gunsteling publikasies.
Aan Marissa, boeke; baie boeke. En 'n boek om 'n lys te maak van die ander boeke.
Aan Klagat, 'n eenrigting kaartjie terug SA toe en 'n subskripsie vir die SA Good News.
Aan Rendier, een aand se deurslaap per week.
Aan Johan, 'n Jurie Els CD.
As jou geskenk nie voor Kersfees in die pos opdaag nie, onthou dis die gedagte wat tel. Ek is eers na more eers weer in Januarie op my pos, so hierdie is waarskynlik die laaste post van 2006.



